Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2019

Geloof Soos 'n Kind

Van vanoggend vroeg af, maal my gedagtes rondom die onderwerp, geloof…. Wàt is geloof dan werklik? Hebreers 11:1 sê, ‘Wat is geloof dan? Dit is ‘n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak’… Dit laat my egter verder dink - oor my eie lewe, wanneer ek myself die vraag vra, ‘hòè is MY geloof?’ Ek sit en bestudeer my eie lewe in retrospek en besef onmiddelik dat my geloof eintlik maar baie soos diè van ‘n kind is… En dis dan wat ek myself afvra of dit nie maar eintlik is hoe dit veronderstel is om te wees nie? 'Just hear me out…' ‘n Kind glo so maklik dit wat jy vir hom of haar vertel as die waarheid. ‘n Kind glo aan kersvader, die tandmuis, feë verhale en en en. Maar dis alles die fiksionele sy van glo. Vat jy dit egter so bietjie verder, besef jy gou; ‘n kind GLO. Hy glò dat sy pa die sterkste is en dat sy ma enige eina en hartseer kan genees met ‘n soen. Hy

Ultimate Aim

Op die 16de Mei 2019 is NasieInspirasie, ander media en gaste genooi na die bekendstelling van Jo Black, Albie Morkel en hul vennote se nuutste avontuur: ' The Ultimate Aim Sports Pavillion' in Montana, Pretoria. Derek Alberts en Janina Oberholzer het die welkom-werk gedoen en gaste tuis laat voel by hierdie spesiale aand en byeenkoms.  Albie Morkel het kortliks vertel hoe hy destyds soms maande lank van die huis af weg moes werk en hoe uiters moeilik dit was vir hom en sy gesin. Ultimate Aim se hartklop-gedagte is dus 'n bymekaarkom plek vir gesinne en families. 'n Plek waar almal welkom is van klein tot oud! Ultimate Aim is nog nie klaar nie, daar is nog idees in wording en Albie het ook genoem dat die ontwikkeling van jong kinders hulle na aan die hart lê.  Dit is 'n baie groot ' venue ', daar is o.a karre, 'n gholfbaan (Simulation) ,  'n Gholf winkel, 'n visvang winkel en 'n 'archery' baan, 'n moontlike skietbaan word

Scott Erickson

SCOTT ERICKSON a.k.a curator of awesomeness is an inspiring Visual Artist, Author and Speaker all the way from Oregon in the U.S.A. He uniquely communicates simple yet thought provoking topics through his work.  Here is an interview we had with him recently during our 'LIKE A CHILD' theme: 1. Welcome to NationInspiration. Please tell us about yourself and how you discovered your passion for art/to create? I don't like this question... I don't like the 'your passion for art'... Look I don't make art because I have...I mean, I care about it, I'm a haunted person. It comes to me, you know? The images and these ideas, they come to me looking for a way into the world and so I am a person who is in a dance to say yes to inspiration... Art is simply just artifacts of people's lives. It is expression of what we are growing in, what we find ourselves in and if fabricating things that are beautiful and wonderful and inspiring or intriguing or tr

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe

John Wick 3

Swart pakke, gepolitoerde skoene, duur baadjies, donker brille, rooi lippe en kamera flitse. Dit tesame met 'n lus vir avontuur was die tema van 'n aand soos Woensdag aand die 15de Mei by Fourways in Johannesburg. Belangrike mense, gesigte en die’s wat jy hoor en nooit sien nie, was op die rooi tapyt met die media vrystelling van die Amerikaanse rolprent “John Wick 3”. Alhoewel Mnr Wick nou nie self daar kon wees nie, was die aand steeds 'n reuse sukses.  Terwyl die fotos een na die ander tot stilstand gekom het, waag ek en my vriend Jaco dit om vir die belangrike persone 'n paar belangrike vrae te vra. Met die eerste oogopslag betrap ek vir Germandt Geldenhuys (Louis in Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (as Naomi in Binnelanders). Hulle was gelukkig ontvanklik en heel gemaklik om 'n paar vrae te beantwoord. Ek vermoed hulle het verwag ek gaan meer uitvra oor die werk wat hulle doen of dalk hulle karakters, maar toe kom die vraag: “Wat inspireer jou in d

Joshua Na Die Reën & Liani Reynolds

    Liani Reynolds en Jacques van Joshua na die Reën Joshua Na Die Reën het al ‘n huishoudelike naam geword in Suid Afrika en almal wat sy musiek hoor is gaande daaroor. Vir die rede was Affies Seunsskool, in Pretoria, se saal vol gepak met afwagting op sy nuutste album. Almal het uitgesien na sy gevoelvolle stem wat gemaklik hoog en dan weer laag deur jou hart sny met sy sielvolle lirieke. Jy kan sy musiek voel en jou hart kan dit verstaan. Ek dink dis hoekom so baie mense sy musiek geniet. Ons, ek en Lenetjie, was ook baie opgewonde om Liani Reynolds se album te beleef, veral vir dié wat haar unieke diep stem gehoor het op die Lugballon enkelsnit van Musiek soos Grond. Laat ek vir jou ‘n prentjie skets van die heerlike aand sodat jy kan voel asof jy ook daar was. Ek deel graag met julle my belewenis. Voor die konsert het ons vinnig ‘n paar fotos geneem en geselsies aangeknoop met sangers, radio omroepers en Jacques se ma wat op kort kennis kaartjies verkoop het. Melissa (