Slaan oor na hoofinhoud

Twee Grade van Moord - Die Resensie








Twee Grade van Moord - Die Resensie
Die lokprent skakel/video hier:
https://www.youtube.com/watch?v=r9tnjgZWjbI


'n Aangrypende film wat hedendaagse kontroversies aanspreek. Dit is 'n storie wat met die kyker se hart en motiverings praat.

Die groot vraag in die film;

"Wat Sou Die Liefde Nou Doen?"

is beslis 'n universele vraag waarmee enige een kan identifiseer...'n Vraag wat elkeen al, op sy manier, in hierdie lewe, moes beantwoord en steeds antwoord.

Twee Grade van Moord is 'n storie van 'n gesin wie se lewe in 'n oogwink verander nadat Marius Weyers se karakter, Ben, met 'n seldsame siekte gediagnoseer word en hoe elkeen dit verwerk op sy unieke wyse. Ben se groot lewens versoek, verder in die film, ontlont die groot vraag wat die "backdrop" van die film skep.

Daar is ook ander uitlopende stories en karakters; van 'n singende hond, gay seun, joernalis, rooikop pasiënt en haar musikant kêrel, wat die film staaf, inkleur en variase van perspektief gee.

Ben (Marius Weyers) se vrou, Aleksa (gespeel deur Sandra Prinsloo), se ervaringe skep die platform van die groot vraag (wat sou die liefde nou doen?) en algemene boodskap van die film.

Wat sou die liefde nou doen?

Myn insiens is dat hierdie vraag en die antwoord gesetel lê in elkeen se PERSEPSIE oor wat, of wie Liefde is en hoe Liefde lyk.
Ook om met integriteit te leef en dit wat jy sê, werklik te leef.

Dis 'n goeie herinnering aan my om nie iemand op die oog-af oor sy besluite te oordeel nie. Die lewe is nie net wit en swart nie. Liefde en Genade ontmoet ons NET daar waar ons is of iets nou "reg of verkeerd" is.
Ek het regtig baie van die beeldspraak gehou in die film met die duiwe en die kraaie. Dit het 'n snaar in my hart getrek.

Hierdie film, soos enige goeie kunswerk, lok en stimuleer debat, vrae en die uitdaging om persepsies te verander.
Die vrae wat in my rondmaal na-die-tyd is:

"...As Ben werklik lief was vir sy vrou, sou hy haar die opoffering nie wou spaar nie? Dis tog sy wat met die verlies en trauma moet saamleef na-die-tyd? Dit was die duur prys van haar opoffering..."

"Waarom het die storie van Moses, met sy hande ge-ondersteun in die lug, Ben so geinspireer, maar hy nie self wou arms lig toe dinge skeefloop nie? Het hy werklike of dieper ondersteuning gekort? Was die toets vir hom te groot, sy geloof sy hart verlaat...?

Ek dink mens kan maklik die film kyk en rustig saam alles stem wat gebeur. Dit voel amper asof jy daarnatoe gelei word deur die storie, maar dink dit is eerder 'n uitstekende geleentheid en wegspringplek vir gesels, debat en algemene bespreking van liefde, genade, mense se andersheid en verskillende persepsies.

Dit was 'n goeie en aangrypende film wat beslis ook 'n traan hier en daar laat val het.

As jy lus is vir 'n fliek wat bietjie die mens-gemaakte grense van afrikaanse stories/films oorskry en jou denkend laat na die tyd is Twee Grade van Moord 'n goeie keuse. Die akteurs was ook 'n groot bederf en het hul uitstekend van hul taak gekwyt!
(Film nie vir kinders gepas).



Onthou dat NasieInspirasie tans 'n kompetisie aan die gang het. Jy kan twee kaartjies na die rooitapyt Premiére van hierdie film wen asook 'n NasieInspirasie-sak.

Hoe skryf mens in??!

Comment op hierdie "post" en vertel ons waaroor jy passievol is. Jy kan ook 'n foto plaas van dit waaroor jy passievol is. Of stuur 'n epos na nasieinspirasie@gmail.com.
Kompetisie sluit 30 Junie. Die Wenner sal teen die 1ste Julie in kennis gestel word.


Volg die skakel vir meer info:
http://nasieinspirasie.blogspot.co.za/2016/06/kompetisie-tyd-op-nasieinspirasie.html?m=1



Nasie-groete,
iskra


X




















Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde