Slaan oor na hoofinhoud

Liefde is Tuis

Ledigheid

Ek het ‘n ruk terug vir my oudste ‘n praatjie geskryf oor ledigheid. Voor ek my kon keer het ek ‘n blog ipv ‘n Graad 3 praatjie geskryf, uit gewoonte van ‘n ander gehoor. Ek het paar aanpassings gemaak en deel graag met julle hier:



Ledigheid is nie die duiwel se oorkussing nie, oorvol skedules maak ons oordrewe!

My ma hou baie daarvan om te sê: “ledigheid is die duiwel se oorkussing”. Sy maak my partykeer sommer al vroeg in die oggend moeg, want ons mag nie sit en niks doen nie.

Ek wil julle, en my ma, oortuig dat daardie gesegde deesdae, in my opinie, oor die muur is, want ons is almal so besig! Ek dink ons moet die gesegde her-oorweeg om by ons era te pas. Ek dink oorvol skedules is die duiwel se oorkussing en ek wil graag aan julle, en my ma, die volgende redes voorlê dat ons met oorleg alles kan oorweeg.

Eerste oorweging: Oorvol skedules

Dis waar dat ons nie moet lui wees nie. Spreuke 6:6 maan ons “Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!” Maar ons moet onsself ook nie besig hou met onbenullighede nie. Te veel Facebook ens is nie goeie tydbesteeding nie. FOMO is ‘n nuwe afkorting wat gereeld gebruik word. Dit staan vir Fear Of Missing Out. In Afrikaans vertaal, beteken dit ons vrees dat ons gaan uitmis op iets. FOMO maak dat ons aan alles wil deelneem en so veel as moontlik in ons dag wil inprop. Ons drink red bull en play en allerhande baroccas en energiedrankies sodat ons nog so bietjie energie uit ons moë lywe kan uitdruk, later lyk ons soos rosyntjies. Met ons oorverdowende televisies, tablets en fone en musiek, hoor ons nie meer vir God nie. Hy praat in ‘n stil stemmetjie (1 Konings 19:12 “Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.”). Ek dink sommiges van ons het die bybelversie oor die mier te letterlik opgevat en in plaas van om soos miere slim en vooruit te dink en hard te werk het ons ook soos hulle haastig begin rondskarrel! Dan raak ons lewens ‘n gejaag na wind soos die Prediker ons in prediker 1 en 2 teen waarsku. Ons skedules is oorvol en ons lewens soms oorbelas. Ons moet balans kry, mooi dink oor watter dinge in ons skedules hoort en wat is oortollig.

Tweede ding om te oorweeg: Te veel oordenking en oorhaastigheid

Ledigheid – of niks doen, lei tot kattekwaad. Dit lei soms tot te veel “dink”. Gedagtes is soos ‘n peuter, moenie vir te lank alleen gelaat word nie. Dan dink mens allerhande nonsies uit. Psigiaters is dit eens dat te veel oordink kan lei tot depressie, volgens Dr Rademeyer, ‘n bekende psigiater, skryf op sy blog, is dit ‘n groeiende epidemie van ons tyd.

Bekende aktrise Lindi Strydom skryf op haar “facebook fanpage” 10 Junie 2015 –“ Hulle sê “ledigheid is die duiwel se oorkussing” – niksdoen lei tot kwaad... Maar dan is oorhaastigheid en gejaagdheid minstens sy duvet! Sonde word selde in rustige oorweging gepleeg...”
Ek stem saam met Lindi – oorhaastige besluite en te veel oordenking (veral oor verkeerde dinge) maak dat ons onsself bekommer oor dinge wat ons nie oor beheer het nie.

Kan negatiewe gevolge he. Ons moet eerder aan die mooi dinge dink –

Fil 4:8


8

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

Sy sê ook dat ons ongeduldig is en nie meer wil wag op die Here nie. Ek haal aan

“Wag is die stukkie in die middel van ons verWAGting en afWAGting.”



Derde oorweging: Niks oor om te gee

Lysa Terkeurst – skrywer van boeke (“Unglued”, “Made to crave”, “The best yes”) en blogs en stigter van Proverbs 31 ministry, help haar lesers om weer “unrushed” te word. Ek haal aan, sy vertel van ‘n toer wat sy wou skuif maar nie ander tyd gehad het nie.

I’ve made my decisions and now my decisions have made me.
Eintlik oorvleuel my redes – oorvol skedules maak dat ons niks tyd oor het vir ander nie.

As die ritme van ons lewens altyd op ‘n drafstap is en ons altyd oppad is na die volgende ding op die agenda of in die dagboek kan ons min stilstaan en ‘n oor of skouer gee aan iemand wat dit nodig het.

Lysa het ‘n besoek afgelê in Jersusalem en geleer dat Jesus nooit gejaag het nie, alhoewel Hy die grootste oorkoepelende taak op aarde gehad het om te vervul.

Jesus never rushed. He set His life to the rhythm of connection and compassion. Dis hoe ek wil lewe. ‘n Lewe wat oorloop van liefde!

Om af te sluit. Ek dink die duiwel is net so bly wanneer ons niks doen as wanneer ons oneffektief besig is met onbelangrike dinge. Oorvol skedules maak ons oorhaastig en gebruik al ons energie op sodat ons niks meer oor het om te gee nie. Dit maak ons oordrewe en oorbelas. Baie min van ons het deesdae tyd vir ledig wees.

Ledigheid is nie die duiwel se oorkussing nie, oorvol skedules maak ons oordrewe Ons moet eerder waaksaam wees daarteen as ledigheid.




Bronne:
Lindi se fanpage
https://www.facebook.com/permalink.php?id=142951925771625&story_fbid=884086931658117

http://proverbs31.org/devotions/devo/lord-unrush-me/



Nog 'n quote van Lysa onder:









Melissa Viljoen



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde