Slaan oor na hoofinhoud

Tania van der Walt

Drawn Pencil Sketches
#nasieinspirasie

Tania is 'n potloodskets-kunstenaar van Pretoria en het ook #Nasieinspirasie se koerant voorblad, van die ou oom in Mosselbaai, geskets. Sy teken met haar hele hart en leef haarself absoluut in haar sketse uit. Wanneer jy met haar gesels kom jy gou-gou agter dat sy iemand is wat werklik omgee vir ander. #Nasieinspirasie het dieper gaan delf om die persoon wie die potlood vashou beter te leer ken.

1. Vertel ons lesers asb bietjie meer van jouself?
My naam is Tania van der Walt, ek is 25 jaar jonk en van Pretoria. Ek het vir 8 jaar in Potchefstroom gewoon en geleer. Ek is in Potch getroud en het my kuns loopbaan daar begin. Ons het onlangs weer terug verhuis na Pretoria.

2. Wanneer het jy jou skets-passie ontdek en begin uitleef?
Ek het van kleins af graag geteken. My skool maats het my altyd gevra om vir hulle sketse te doen van gewilde kartoon karakters.

Dit was eers in Hoërskool dat ek besef het ek teken beter as meeste van die ander leerlinge en het toe kuns meer ernstig begin opvat. Toe ek later by 'n veearts praktyk werk het ek een dag gesit en die dokter se hond geskets... toevallig sien die Dokter die tekening en dring toe aan om hom te koop! Sy vrou het toe die skets laat blok op canvass en toe opgehang in die praktyk se voorportaal. Kort daarna het ek begin aanvraag kry by klante en het toe begin bestellings neem. Ek het begin om advertensie plakate te maak en by omliggende kleuterskole en winkel sentrums opgesit.


3. Watter onvergeetlike, positiewe reaksie het jy al ontvang van mense wat jou werk gesien het? 
Ek het so rukkie gelede 'n klient ontvang wat 'n portret skets van sy aanstaande bestel het - toe hy die skets sien het hy trane in sy oë gekry en het nie woorde gehad nie. Dit wat die dag wat ek besluit het ek wil meer tyd en moeite spandeer aan my kuns benodighede en bemarking sodat ek my eie besigheid kan begin.

4. Wat of Wie inspireer jou?
Ek het vanaf my laaste swangerskap weer ernstig begin kliente werf en bestellings neem meestal om my gesin finansieël te ondersteun. Hoe meer bestellings ek gekry het en hoe meer my tegniek verbeter het, is ek al hoe meer geinspireer deur wat ek op die ou eind kan bereik deur wils-krag en uithouvermoë ten spyte van struikelblokke.

Daar is soveel talentvolle kunstenaars daarbuite en soms wanneer ek ander se kunswerke sien voel ek geintimideerd, maar dit gee ook vir my die motivering om te leer en inspirasie om te verbeter.

5. Hoe sou jy graag mense deur jou werk wou inspireer/laat voel as hulle daarna kyk?
My droom is om christelike kuns te maak. Ek wil graag tekeninge doen met die toepaslike bybel skrifte daarby en wil sodoende ongelowige en verlore mense se harte raak, om hulle te motiveer om na die Here toe te draai. Soms kan klein dingetjies 'n groot impak maak. Die Here kan op die regte tyd en plek deur my kuns 'n openbaring aan die regte persoon bekend maak.

6. Waaroor is jy passievol?
My passie is mense, musiek en kuns! Ek glo passie kom van ons God-gegewe talente en lei 'n mens na die doel waarvoor elkeen van ons geskep is.
Dit is deur ons talente waar God ons kan gebruik om 'n verskil te maak en Sy naam groot te maak.

7. Die voorblad skets wat jy vir #Nasie se koerant geteken het - vertel ons asb meer daarvan. (Let wel dat hierdie kunswerk te koop is. Kontak Tania sou jy belangstel.#Nasieinspirasie se koerant is beskikbaar in die Mosselbaai, Hartenbos en Pretoria omgewing)

Die skets is van n' ouerige oom wat mens kan sien al 'n harde pad gestap het. Hy het nie juis uitdrukking op sy gesig nie maar die emosie in sy oë en die plooie in sy gesig is vanselfsprekend! Die prent het baie gevoel, dit laat mens besef dat ons soveel het om voor dankbaar te wees. Ons lewe in 'n samelewing wat hoë standaarde stel en ons dikwels laat voel of ons nie kan opmeet na die wêreld se verwagtinge nie, hierdie prent is om te inspireer en te herinner dat daar altyd iemand daarbuite is wat dinge moeiliker as jy het. Lewe vir nou en wees atyd dankbaar!

Hierdie A3 potlood skets van die ou oom is te koop op veiling, opening prys begin op R1 450.00 (koerier koste uit gesluit)
Veiling open om 10:00 die oggend op 2 Februarie en sluit om 10:00 die oggend op 5 Februarie.Persone wat belang stel om aanbod te plaas kan hierdie "link" in tik en "search" op hul facebook skerm...

Indien daar iemand is wat nie facebook het nie of sukkel daarmee en graag 
'n aanbod wil plaas kan my gerus persoonlik kontak en ek sal dan namens die persoon 'n aanbod insit. Vir enige navrae of kwotasies vir sketse, stuur gerus vir my 'n  e-pos na drawn.pencilsketches@gmail.com, of stuur vir my n' "inbox" boodskap op my facebook blad- https://m.facebook.com/Drawnpencilsketches/
Ek hoor graag van jou!

8. Het jy 'n gunsteling quote/gesegde of vers wat tans baie vir jou beteken of jou inspireer? 
Daar is nogal 'n hele paar "quotes" en verse wat na aan my hart is maar ek het so ruk gelede 'n pastoor hoor sê; " We can't do everything, but we have got to do something!"

Die reëltjie kom gereeld by my op wanneer ek mense in nood sien. Baie keer is mense geneig om ander kant toe te kyk en ons gewete dan te probeer troos om te sê; " ons kan nie almal help nie!" Maar tog is ons in 'n posisie om iets te kan doen, al is dit net om bietjie tyd op te offer om vir iemand te bid en woorde van motivering te deel.
Ons moet ons mede mense lief hê soos Jesus ons lief het!





Geniet hier van Tania se werk asook bestellings, 
vir veral gesinne. Gaan kyk op haar facebook bladsy vir meer.






#nasieinspirasie



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde