Slaan oor na hoofinhoud

YOMA

#Nasieinspirasie het met YOMA, 'n rymkletser, kennis gemaak. Rymklets of "rap" is nie iets nuut nie, maar vir Afrikaans is dit 'n gewone meisie met 'n nuwe jas,
gereed vir die Arikaanse massas.

1. Baie Welkom! Vertel ons so bietjie van jouself?
YOMA is die naam, en ja dit moet met hoofletters geskryf word. As jy dit in kleinletters tik en "search" gaan jy net op klomp Japanese mense afkom.
Ek is afkomstig van George en woon tans in Gauteng.


2.Wat of wie inspireer jou om jouself in die kuns van rymklets uit te leef?

Ek moet sê Lauren Hill is steeds 'n dame wat my grotendeels inspireer. Alhoewel sy lanklaas iets nuut uitgebring het, behou haar musiek soveel diepte, waarheid en soul. Dit raak nie oud vir my nie.
In essensie is dit waarna ek strewe: om gehalte musiek te maak met 'n boodskap.


Ek is passievol oor mense, veral die jeug, en wil 'n merk maak om ander opkomende rymkletsers te wys dat, as vrou, hoef jy nie half-naak oor te kom of oor oppervlakkige goed te rym soos weelde, etc nie. Ons mense word te vinnig beïnvloed deur die Amerikaanse standaard van dinge doen, ons vergeet van die goud wat binne ons is.




3. As jy jouself as kunstenaar moes beskryf aan iemand wat jou nog nooit beleef het nie, wat sou jy sê?
YOMA is 'n rymkletser van George wat nie terugstaan vir 
'n uitdaging nie. Als is moontlik in haar oë met genoegsame voorbereiding en fokus. Jy sal altyd 'n boodskap in my musiek kry. YOMA is waaghalsig. Ek hou van nuwe goed probeer. Ek glo aan veelsydigheid. Ek pas dit toe met my voorkoms asook musiek. Jy sal vanaf boom-bap, dans musiek, dubstep tot soul by my kry. Ek doen dit nou al vir 5jaar, professioneel, en hou dit "conscious".
En buiten dit bring ek 
'n nuwe definisie aan "JOU MA", wat nie noodwendig in n goeie konteks gebruik word nie. Mense verwys selfs na my as die "First Lady van Afrikaanse hip-hop".


4. Mense en musiek is kragtig. Watter positiewe wending (verandering) sou jy graag tot Suid Afrikaners spesifiek wil bydrae?
Goeie vraag. My fokus is "edutainment". Om te help met die bewuswording van mense, en op hierdie wyse bydrae te lewer wat genesing aanbetref. Ons is so kragtig en het soveel diepte en waarde, maar te gereeld kyk ons verby dit. Dit ontstel my. Ek wil mense "uplift" met my musiek, maar ek wil hulle ook laat dink. Veral oor "purpose" en hoe belangrik dit is om dit te identifiseer. Te veel tyd word gemors.

5. Op #nasie "celebrate" ons talente. Gebruik wat jy gegee is, waar jy is. Ons wil graag sleepvoet-dromers inspireer! Watse wysheid sou jy gee aan mense daarbuite wat hoop verloor het, veral oor hul toekoms en hul drome?
Maak tyd om te dink oor wat jou pla en hoekom dit jou pla. Jy kan alleenlik iets omtrent 
'n probleem doen wanneer jy die kern daarvan verstaan.
Bly gefokus en omring jouself deur mense wat jou ondersteun, maar ook 
'n eerlike opinie het oor waarheen jy oppad is. Probeer jou eie inspirasie wees, somtyds stel mense mens teleur en dit kan maak dat jy wil opgee. Maar nes alle goeie goed sal slegte goed ook kom en gaan. Moenie opgee nie, als is moontlik.

6. Wat geniet jy die meeste in jou lyn van werk?
Ek geniet mense!
Katalis wat my "manage" en die kunstenare wat deel is daarvan.
Om deel van die ATKV Crescendo projek te wees as mentor en ander mense te inspireer om hul eie musiek te skryf in verskillende style.
En laastens, om 'n verskil te kan maak.

7. Behalwe Rymklets en musiek, waaroor is jy nog passievol?
Teater produksies, ek is besig om aan my eie een te werk, hopelik kan dit hierdie jaar of volgende jaar uitgerol word. T.V werk, ek het selfs al begin "audition" vir 
'n paar goed en dan ook skoonheid. Ek het Somatologie vir twee jaar studeer en is internasionaal gekwalifiseerd.

8. Het jy 'n "quote" wat jou tans baie inspireer?
Wees 
'n spons, wat wysheid en vreugde absorbeer en daai water dan uitstort oor ander...

Volg YOMA op haar sosiale media skakels.
Facebook: https://www.facebook.com/YOMA.Katalis/
Youtube Videos: 
Rina Hugo en YOMA:
https://www.youtube.com/watch?v=IhmVsy_5S6I
YOMA SIN:
https://www.youtube.com/watch?v=U-q7kUDtVJ4


Beleef hierdie awesome skets gedoen deur Tania van 
Drawn Pencil Sketches
#nasieinspirasie

Opmerkings

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde