Slaan oor na hoofinhoud

Oor Regte en Pynappels

Photo by Pineapple Supply Co. on Unsplash

Otto Koning en sy vrou Carol is baie jare gelede na Papua New Guinea gestuur om as sendelinge onder die inboorlinge (kannibale) te gaan werk. Hy vertel dat die mense daar onsettend skelm en onbetroubaar was, of soos hy hulle genoem het "chroniese diewe." 

Hy onthou eenkeer wat 'n dame van die dorpie waar hulle gewoon het, daar gestaan het met haar selfgemaakte hangertjie aan en aan die onderkant van hierdie hangertjie het hy hulle enigste blikoopmaker gesien hang wat sy uit hulle kombuis gesteel het... Hy vertel hoe bly hulle was om dit uiteindelik terug te kon kry. Sy vrou was 'n verpleegster en het dit natuurlik goed gesteriliseer toe hulle dit wel terugkry. Die destydse doekspelde wat sy vrou vir die gemeenskap se babatjies saamgebring het, was ook gesteel en deur die stamvroue as oorbelle gedra.

Hy glo dat God hom daarheen gestuur het, om tussen hierdie skelm mense te gaan woon en vertel ook dat hy 'n baie spesiale les in hierdie tyd geleer het, 
een gebasseer op hierdie vers: Lukas 14:33 
“So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”

Otto, 'n gebore Hollander, vertel dat Hollanders maar baie besitlik kan wees. Dit is hoe hy groot geword het en dit is deel van sy kultuur. Mens noem dit suinig. Die mense van 
Papua New Guinea het hom die "suinige, wit man met die lang neus" genoem oftewel die "Suinige Sendeling." Hy het baklei vir wat hy gehad het en vir dit wat syne was. Hy vertel hoe een van sy hemde weggeraak het.... tot hy eendag op 'n knaap afkom wat vis aan hom probeer verkoop, sien hy dat die ou sy hemp aanhet...(die manne daar het nie hemde gedra nie, so hy het geweet dit is sy eiendom). Hy sê toe, "Hey man, gee eers my hemp terug dan sal ek vis by jou koop." 'n Ander keer het 'n man aangestrompel aangeloop gekom, toe Otto agterkom dat die man sy vrou, Carol, se voorgeskrewe bril aanhet en nie lekker kon sien nie (sy het nog nie eens agtergekom dat dit weg was nie). Hy het die bril teruggeneem by die vent wat toe weer normaalweg kon loop. 

Wanneer hy huisbesoeke gedoen het om taal klasse aan te bied, het hy met 'n kartonboks gegaan en elke keer sy besittings terug geneem soos hy dit in hulle huise gesien het. Hulle het hom ook die "Missionary with a box" genoem. Hy het nie daarvan gehou nie, maar sê hy het goed in hulle huise ontdek wat hy nie eens geweet het weg was nie. Soms het hulle met sy vrou gesels en haar besig gehou aan die voorkant van hulle huis en dan is al hulle wasgoed van die lyn af gesteel aan die agterkant van die huis...

Eendag sê hulle vir hom, "Otto, jy is alewig kwaad!" Hy kap toe terug en sê dat hy nooit kwaai was tot hy hulle ontmoet het nie. "Ek sou 'n baie beter sendeling gewees het as dit nie vir julle mense was nie!"... 

Hy het allerhande dinge daar in die moeras omgewing probeer plant waar hulle tuiste geskep het, maar niks wou groei nie, alles behalwe pynappels. 
Otto plant toe pynappels. Hy het 'n stukkie grond by die "Chief" van die inboorlinge gekoop en die vlieënier wat nou en dan vir hulle rys gebring het, het vir hom pynappel saadjies/plantjies saamgebring. 

fotos: legacyoffaithseries.com

Die inboorlinge het natuurlik begin om ook die pynappels te steel! 

Op 'n stadium het hy besluit om die kliniek, waar sy vrou gehelp en verpleeg het, toe te maak en vir hulle 'n keuse gegee. Jy kry of pynappels of pille, maar dit kan nie so aangaan nie. Hulle kon hulself nie help nie... hulle was chronies en kon net nie ophou steel nie! Hulle het ewe met kopsere op sy stoep kom sit en kla en gesmeek vir pynpille en dan jaag hy hulle weg om op hul eie stoepe te gaan sit. "Dis waar jy die pynappels sit en eet, so dis waar jy jou kopseer kan hê..." 

Hy en sy vrou se hart was baie seer toe hulle uitvind dat daar van die kinders gesterf het en dat die mense hulle blameer daarvoor.  Hulle het toe eerder besluit om die kliniek weer oop te maak en vir eers vergeet van die pynappels. 

Die pynappels het drie jaar geneem voor hulle vrug begin dra het. Otto vertel dat hy gewonder het hoe pynappels proe omdat hy nooit kans gekry het om dit te smaak nie. Die pynappels was nog nie eens gereed nie (nog groen), dan steel hulle dit af. Hulle kultuur en omgewing het hulle so verkeerd geleer. In plaas daarvan dat hul kind gedissiplineer word omdat hy of sy steel het hulle, hulle kinders eerder pak gegee as hulle uitgevang word, want om 'n chroniese dief te wees was aan die orde van die dag en hoe hulle in hulle kultuur oorleef het.

Hy dink toe aan 'n ander plan, hy en sy vrou kan mos nie toelaat dat hierdie mense so oor hulle loop nie..? Hy besluit om die handelswinkel waar hulle sout, vuurhoutjies en vishoeke kon kry, ('n winkel wat Otto daar oopgemaak het vir hulle), toe te maak. Hulle was natuurlike baie kwaad vir hom. "Suinige wit man", het hulle vir hom gesê, '"as jy nie deel nie is daar nie rede vir ons om naby jou te woon nie", en toe trek hulle verder weg van Otto en sy vrou af, nader aan die see. 

Sjoe, dit was baie lekker vir Otto en sy vrou. Maar die mense was tog so nuuskierig en het hulle heeltyd beloer, deur elke venster en oral waar hulle beweeg. Selfs as Otto en Carol net vir 'n piekniek buitentoe gegaan het, was hulle agtervolg. Die rus en vrede was net te lekker. Otto kon met al sy admin en kommunikasie opvang en 'n baie "goeie" sendeling wees...na so 6 weke het hy en sy vrou baie verveeld begin raak. Daar was nie 'n radio, tv of boeke wat hulle kon besig hou nie, maar hulle kon pynappels eet...

"Mens raak moeg vir pynappels", sê Otto, en hy het baie sleg begin voel. Die kerk ondersteun hulle om daar te wees en hulle sit en pynappels eet. Hulle kan dit by die huis (in Amerika) ook doen. Sy gewete het hom begin pla soos die kerk elke maand geld gestuur het. Die vlieënier, wat gereeld ook rys en ander goedere kom aflaai het, het gesien daar is niemand wat die plek in stand hou nie of die gras sny sodat hy kan land nie.  Hy het vir Otto gesê om die mense terug te nooi anders gaan hy nie kan terugkom (daar kan land) nie (Otto het hulle destyds betaal om die gras in stand te hou).

Otto bid en vra toe vir God om vir hom 'n boodskapper te stuur. Iemand wat die mense terug kan nooi. Binnekort was daar een van die inboorlinge daar voor hom, staande met 'n groot glimlag. "Kry daardie glimlag van jou gesig af en gaan haal al jou mense, vra Otto, gaan roep hulle terug en ek sal jou goed betaal." Die man het weer breed geglimlag en weggegaan. Otto was dankbaar teenoor God vir hierdie boodskapper en so het hulle vir so 3-4 dae gewag.  Hulle kom toe terug... skreeuend, "Hier is ons! Hier is ons!." Otto vertel dat hulle nie eintlik nodig gehad het om dit aan te kondig nie, omdat hy hulle kon ruik! (Hulle het nooit gewas of gebad nie). 

Kort voor lank het die pynappels weer begin verdwyn en dit het Otto woedend kwaad gemaak. Die inboorlinge het ook gereeld vir hom gesê dat hy 'n kwaai wit man is. Dit het hom baie begin pla... "Jy is suinig", het hulle vir hom gesê... "nee, ek is nie, los die pynappels uit en ek sal julle wys ek is nie..." Uiteindelik het hy 'n herdershond gekry wat deur 'n ander sendeling grootgemaak was. Die hond het saam die vlieënier geland en het die inboorlinge van skrik laat weghardloop toe die hond met 'n geblaf uitkom. Otto was baie beïndruk. Hy het gelag en gesê dat dit die beste dag van sy sendingsloopbaan was! 

fotos: legacyoffaithseries.com

Wonderlik! Die pynappels was vir 'n ruk daarna nie meer gesteel nie... tot dinge net erger begin raak het, want niemand kon naby hulle kom nie. Dit het hulle bediening erg begin affekteer. Die mense was verskrik by die kliniek en het op sy vrou gebondel uit vrees uit, naby 100 mense, soveel so dat sy gesukkel het om te werk en moes hulle toe van die herdershond ontslae raak. 

Eendag druk Otto 'n paal in die grond, tussen die pynappels en verduidelik vir die inboorlinge dat die een helfte hulle kant was en die ander helfte syne was. Hulle was toe baie nuuskierig... "Gee jy nou die helfte van jou tuin weg?", "Ja, antwoord hy, 'n rekord vir 'n Hollander."

Hulle het natuurlik steeds albei kante geplunder... Otto het so kwaad geword en dan gebid en gewonder hoe hy hulle gaan bereik as hy die heeltyd kwaad is vir hulle...? So het dit aangehou en aangehou. Hy het baie bely oor sy woede en God het hom aanhou vergewe. Otto was moedeloos...

Hulle kultuur het so gewerk dat as jy die saad geplant het, glo hulle dat die vrug joune is, al behoort die grond nie aan jou nie. Omdat hulle hom gehelp plant het, was al die vrugte mos nou hulle s'n. "Hoekom is jy kwaad oor iets wat jy nie besit nie?", het hulle gewonder. 

Later het Otto gesê, "maar vat nou dan die pynappels en gaan plant dit in julle tuin. Ek gaan oor begin... ", Otto vertel dat hy baie slaappelose nagte oor hierdie tuintjie gehad het. 

Otto en sy vrou het so 2-3 keer per jaar teruggekeer na hulle tuiste in Amerika om vir hulle kinders en familie te kuier. Toe hulle hierna teruggaan het hulle vir God gesê dat hulle enige plek sal gaan sending doen, maar nie tussen hierdie skelms nie. "Anywhere but there.... " maar God wil graag die besluite in ons lewens maak. Otto het 'n praaitjie bygewoon tydens hulle terugkeer en die spreker se tema was oor 'regte' en wat ons 'regte' werklik is... Otto kon nie ophou om aan sy pynappels op die eiland te dink nie...

Die spreker verduidelik toe dat alles reeds aan God behoort en dat ons, ons reg en ons besittings aan Hom moet toevertrou. Dit het Otto baie geraak. Hy het geweet dat hierdie boodskap vir hom bedoel was. 

"Watookal jy vir God gee, met die regte motiewe, sal jy nooit 'n tekort van hê nie." ("Whatever you give to God you will never lack, the people you fight with, you will never be able to win for Christ"). 

Hierdie woorde het Otto baie geraak en baie hartseer gemaak...hy het begin huil.

"If you keep fighting for your rights, you will destroy your health", sê die spreker. Spanning en slapeloosheid het Otto se gesondheid reeds baie begin affekteer. Daar was toe 'n uitnodiging om hulle regte voor God te kom neerlê en Otto het albei sy arms in die lug gesteek. Toe hy uitstap, vertel hy, dit het gevoel asof daar 'n baie groot las van sy skouers afgelig is! 

Toe hulle terug is na hulle wegbreek het Otto tussen die pynappels gaan staan en gebid en vir God gesê: Hierdie is U pynappels en U kan daarmee maak soos U wil... as U dit vir die kannibale wil gee, is dit U keuse... as U dit vir my wil gee, sal ek dit waardeer... hy bieg dat hy later nog 'n paar keer vir God wou help, vir Hom verduidelik en met advies voorgeskryf tussendeur die gestelery en dat dit 'n proses was om nie met die pynappels en die pynappeltuin gepla te wees nie. Hy het dit steeds natgelei en onderhou (bestuur). Sy liggaam en sy gesondheid kon dit nie meer verdra nie. Uiteindelik het hy een oggend op sy knieë voor God geval en vir God gesê dat Hy hom nie meer met die pynappels kan help nie. Ek het net nie meer die "fight" in my nie. God het vir hom Romeine 6 gegee, wat verduidelik hoe die ou mens (regte) saam met Christus gekruisig en gesterf het. Otto het toe finaal oorgegee en besluit dat sy reg tot die pynappels afgesterf en gekruisig is, alhoewel dit nog 'n proses was, getuig hy hoe God se bonatuurlike vrede hom ontmoet het toe hy daardie oggend uitstap op die sendingsveld. 

Die inboorlinge het agtergekom dat hy verander het en eendag vra een van hulle, Hymoh, vir hom. "Koning, het jy nou 'n Christen geword?" Hy was baie in die gesig gevat en vra toe hoekom hy nou so vra? hy antwoord, "Jy raak nie meer kwaad as mense jou pynappels steel nie..." Otto sê, maar ek het al hoeveel vir julle gedoen... ek verstaan nie... Hymoh antwoord, "Wel die mense sien net jy word kwaad..."

Dit is sekerlik die verskil tussen ons praat en ons doen? Otto het vir hulle gepreek en vertel van Christus en van Sy liefde, maar hulle kon Hom nie in Otto sien as hy so kwaad vir hulle geword het oor die pynappels nie.

Hulle vra hom toe, "Hoekom word jy nie meer kwaad nie?"
"Ek hoef nie meer kwaad te word nie, antwoord hy, 
ek het die pynappeltuin weggegee..." 
"Aaah, antwoord Hymoh, jy moes dit vir my gegee het, aan wie behoort dit nou?" Otto was half onsteld omdat hy sy Christenskap so aangespreek het en het toe vir hulle gesê hy sal later met hulle gesels en die volgende dag vir hulle vertel. Hy het soos 'n mislukking gevoel. 

Die man wou hom nie uitlos nie en het hom tot voor sy huis gevolg en gevra. Hy het ook na sy mense gedraai en gevra aan wie Otto dit gegee het. "Was dit jy, was dit jy, jy?...... en almal het hom met 'n nee geantwoord. Hy vra toe weer, "Vir wie het jy dit gegee? Otto antwoord, "ek sal jou more sê, gaan huistoe."
Toe hulle weggstap hoor Otto hoe hulle vir mekaar sê: "Hoe kan ons dit steel as ons nie weet aan wie dit behoort nie?..." 

Otto kon nie slaap daardie aand nie. Hy het soos 'n groot mislukking gevoel en wou oor begin op 'n ander plek! Glo kon niemand slaap daardie nag nie! Die inboorlinge het al hulle mense wakker gemaak om te probeer uitvind wie se pynappels dit nou eintlik is? Otto was baie bly dat hulle ook nou bietjie slaap verloor oor hierdie tuin! Hulle het selfs met hulle flitse in die nag na ander inboorlinge in 'n dorpie naby hulle besoek om die nuwe eienaar te probeer opspoor. Hulle kon hom nie kry nie...

Toe Otto en sy vrou wakker word, is hulle huis omring met die mense. Otto se vrou was paniekbevange, maar hy het haar gerusgestel, want hy het presies geweet hoekom hulle daar was. Toe hy en sy vrou uitstap is almal daar. Die mans staan met hulle arms gevou en almal vra hom met een stem, 
"Wie se pynappels is dit, vir wie het jy dit gegee?"...

Hy antwoord hulle en sê, "ek het dit vir my God in die hemele gegee." 
Hulle het hulle neuse denkend gevryf... "Het jou God nie pynappels daar in die hemel nie?" vra hulle. "Ek weet nie", antwoord hy, maar ek het dit steeds gegee."
'n Ander een vra, "Hoe lank terug het jy die tuin weggegee?" 
"Miskien so 5-6 maande terug...", hulle het toe onder mekaar gesels en baie kwaad geraak en vir Otto gesê hy moet in sy huis ingaan en op sy knieë gaan en vir sy God sê dat hy sy tuin terug wil hê..."

"Maar ek wil nie dit terug hê nie, ek is so gelukkig en verlig om dit nie meer te besit nie!" antwoord hy hulle. Hy kon weer slaap.... Sy gesondheid was beter.

"Ons wil hê jy moet die tuin besit!" skree hulle vir hom
"Hoekom?", vra Otto
"Want jy is die rede vir al die moeilikheid by ons, gaan sê vir jou God jy het 'n fout gemaak en jy soek dit terug."
"Dit was nie 'n fout nie, sê Otto, ek voel dis die beste ding wat ek nog gedoen het."

Nee, sê hulle.  Daar was bakleiery en probleme onder hulle eie mense en hulle het al die toordokters en verskillende dinge probeer en betrek met die hoop om dit op te klaar, maar niks het gewerk nie. Hulle het geglo dat Otto se weggee van die pynappels die oorsaak van al hulle moeilikheid was!

Nadat Otto die pynappels vir God gegee het, het dinge begin skeefloop by die inboorlinge. Dit was nou God se pynappels en Hy kan mos na Sy belange omsien. Dit het nie gereën by hulle nie, hulle tuine het nie gegroei nie, hulle het nie vis gekry nie, hulle het gaan jag en met niks teruggekom vir maande nie, hulle vrouens het nie swanger geword nie... hulle het offers aan hulle gode gemaak, praaitjies en ontmoetings met ander om dit te probeer herstel, maar niks het gewerk nie. Hulle verduidelik vir Otto dat sy God nie toestemming gekry het om eiendom te mag besit in hierdie omgewing nie en dat hy in sy huis moet ingaan en dit terug moet gaan vra. 

Otto het nie geweet wat om te doen nie. 'n Groep kannibale wat met hulle spiese daar staan... God het vir Otto 'n naam gegee en hy roep dit toe tussen nie mense in, "Hymoh, waar is jy?" Hymoh kom laggend vorentoe en sê vir Otto. "Jy kan nie 'n Christen wees en die tuin besit terselfde tyd nie, jy sal net 'n kwaai wit man wees.", Otto antwoord, "dis reg ja, verduidelik dit vir hulle."
Hulle het baie kwaad begin raak. 

Hymoh het na hulle toe gedraai en sy arms in die lug gesteek om die mense se aandag te trek. Hy het na Otto gewys en vir die mense gevra, was hy nie al goed vir julle vandat hy 'n Christen is nie? As hy die tuin terugkry, gaan hy net weer 'n kwaai wit man wees. Die mense antwoord, Hymoh is jy mal?... as sy God die tuin besit dan gaan ons nie iets hê om te eet nie. Hymoh gaan voort, "hy wil graag 'n Christen wees, kom ons laat hom toe om een te wees." Na 'n oor en weer vra een van hulle uiteindelik...

"Kan jou God in die donker sien?" Otto antwoord dat Hy kan. (Hulle het natuurlik gedink om in die nag die pynappels te kom steel).

Dit was die eerste besef wat hulle gehad het dat God alles kan sien en orals is.
Hulle het stadig God beter begin verstaan. "Is jou God groot?" vra 'n ander...
"O ja, Hy beheer ook baie dinge... die reën, of jou vrou swanger kan word of nie..,of jy kan visvang.... jag...as jou kind siek word, as jy asemhaal... jy sal doodgaan as dit nie vir Hom is nie", vertel Otto hulle.

Daarna het baie van hulle nie meer pynappels gesteel nie en baie van hulle het ook hierna tot bekering gekom. 

"He is no fool who gives what he cannot keep 
to gain what he cannot lose."
- Jim Elliot

Oorspronklike Storie, soos vertel deur Otto Koning:
Episodes vervaardig en gebasseer op Otto se lewe:
Vertaal, @geskryfdeuriskra #sleepvoetdromer #vatvlam

'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie





Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde