Slaan oor na hoofinhoud

Klein Vonke vir 'n Sleepvoet Dromer

foto: Zara Walker /unsplash

Toe ek klein was het ek van my musiek 'tapes'; Kylie Minogue, George Michael, Queen...., gestop en ge'play' na elke sinnetjie sodat ek presies kon hoor wat die kunstenaar sê. Ek het dit dan ook neergeskryf... hoekom weet ek nie, want al die lirieke het gewoonlik saam die 'tape'-kassie se omslag gekom...maar nouja. Kylie Minogue en al daardie jare se musiek het later verander na Counting Crows, Cranberries, Nirvana, Foo Fighters, Pearl Jam, Skunk Anansi en hopeloos te veel Tori Amos soos ek groter geword het. 

Musiek en woorde het my veilige plek geword waar ek kon asem skep, hoor en voel hoe ander hulself uitleef en ook formuleer hoe ek voel en hoe ek myself wil uitleef. 

Skryf en sing het heelwat natuurlik gekom. My pa het gedig toe hy jonger was en my boetie (wie ek die Skim noem) het die skryfbol aan die rol gesit, hy het my geinspireer. As sy kleinste, nuuskierigste sussie het ek altyd 'n punt gemaak om sy kamer in ons huis op Hartbeespoort te besoek (as hy nie daar was nie) om liefdesbriewe tussen hom en sy nooi van destyds te lees. Ek was so 11 of 12 jaar oud gewees (...Sorry Skim. It happened). 

My broer en sy meisie het vir mekaar heen en weer geskryf en gedig in hulle soeke na hulself, mekaar, en betekenis... ek het daardeur geleer dat ek nog eintlik baie het om te leer en dat mens allerhande gedagtes op verskillende, kreatiewe maniere kan uitbeeld (...dat alles nie so swart en wit is nie). Maar na ek heelwat skuldig begin voel het, het ek maar die briewe lees gelos en net sy plate gesit en luister wat hy by die biblioteek uitgeneem het.

Ek het kinderstories en liedjies van daardie ouderdom af begin skryf en so nou en dan ook vir my boetie gegee om te lees en daarop terugvoer te gee. Hy was meeste van die tyd beïndruk en het dit vir my moed gegee. Op HS was my taalonderwysers baie goed vir my en het hulle op hulle manier my ondersteun en bemoedig. My Afrikaanse onderwyser, Mnr. Bosman, het van my gedigte gelees en altyd met opbouende terugvoer geantwoord. Toe ek 16 was is een van my gedigte gepubliseer deur die 'Poetry Institute of Africa' te danke aan my skoolvriendin, Belinda, wat aan my gekarring het om daarvoor in te skryf. Dit is dalk nie so 'n groot 'wen' gewees daardie tyd nie, maar vir my was dit groot. 

Na skool en 'n bietjie rondreis het ek begin werk by 'n maatskappy waar ek eintlik so gefokus was om mense gelukkig te hou, dat ek in die proses myself en my stem verloor het. Ek het 'n paar duur lesse geleer daar en tot die besef gekom dat ons net soveel tyd hier het en dat ek dit nie verder wil mors op dinge wat meestal net fokus om die geldmasjien van hierdie wêreld te voer nie. Dit kan tog nie die somtotaal van ons lewens wees nie?

'n Vertrapping van mense in die gejaag na rand en sent?... 
Dit maak nie vir my sin nie.

Tel al die klein oomblikke en minute saam en dit is gelyk aan = een lewe. 'Forever is made up of nows' soos Emily Dickinson dit gestel het. Ek het toe besluit om terug te keer na dit wat ek so goed ken, my veilige plek. Ek het geweet 'n kosbaarheid lê soos 'n oop pad voor my, maar ek het onseker gevoel en nie geweet hoe om by dit uit te kom nie. 

Stilstaan, stop en reflekteer het my laat besef dat ek na my ongelukkigheid van 'n ander 'angle' af moet kyk. In plaas daarvan om myself te sien as 'n slagoffer, beroof van geleentheid, in die lig van sonder...moes ek fyner en dieper kyk na dit wat ek wel is en wat ek wel het... en dit is nie noodwendig materiele dinge of posisie nie. Al is dit min, al voel dit krom en skeef en onseker. Daar lê bruikbare stukkies tussen die gemors waar ek vir te lank net 'n hoop rommel raakgesien het...

Ek het baie tyd spandeer aan huil. In my kar. Terwyl ek in Pretoria se verkeer vassit oppad werk toe en terug. Vir weke, eintlik maande. Eendag het hierdie liedjie gespeel op die kar radio:

"Could a spark of Your love light a fire in me
Just a spark warm my cold heart
It's the living that breathe

When I breathe in hope
And breathe in grace
And breathe in God
Then I'll breathe out peace
Breathe out justice
Breathe out love

Oh this little light's gonna shine
With just a spark light a fire
Just a spark

Could a spark of Your love
light the whole church on fire
When we care for our neighbor
More than we care for style..."

- Spark/The City Harmonic


Ek het ook in daardie tyd hierdie raakgelees:

"It only takes a spark to set off a forest fire." MSG James 3:6

Die regte liedjie, die regte woorde het op die regte tyd my inspireer. Hierdie klein, eenvoudige gedagte het NasieInspirasie veroorsaak. 'n Kunstenaar se skepping, iewers aan die anderkant van die wêreld, het my bemoedig en gedra in 'n moeilike tyd. Wat is die verskil tussen my en hom? Hoe weet ek een van my skeppings kan nie ook iemand anders uit 'n donker gat uit lei en hoop gee nie? Ek kan iets wat ek verniet gekry het gebruik om myself uit te leef en iemand anders se hart op te lig - sou dit inspireer, kan daardie persoon weer dit wat hy gratis ontvang het gebruik om iemand anders se lewe kleur te gee...en so versprei dit. 

Is ons maar nie op die ou end van die dag hier vir mekaar nie? 

My hartseer is verruil met vreugde en my huiltyd met sing en skryf. Later het vriende en vrywilligers saam begin reis en hulself saam met my kreatief begin uitleef op Nasie en op so manier gewoeker om eie stem te vind.

Al is dit krom en skeef en vol foute. Al is dit net stukkies van iets wat eendag gebreek het...het ons saam blog onderhoude/potgooie gepubliseer, film premiers en album bekendstellings bygewoon, 17 koerantuitgawes gepubliseer en uitgegee, ons eie digbundel en album bekendgestel met die hoop om iewers 'n sleepvoet dromer te inspireer.

9 Jaar later en in hierdie waansinnige COVIDstorm, het die tyd vir ons span ook aangebreek om te stop, om stil te wees en om hierdie situasie waarin ons onself vandag bevind van 'n dieper en fyner hoek af te bekyk. 

"Hoe lyk ons prioriteite? 
Wat is werklik nou belangrik en wat nie? 
Waar los ons en waar vat ons?..."

En in die lig hiervan het ons besluit om NasieInspirasie toe te maak vir 'n onbepaalde tyd...




maar graag los ons hierdie eenvoudige boodskap 
aan ons getroue ondersteuners en lesers:

"Sleepvoet Dromer, 
Jy is die inspirasie in nasieinspirasie
Jy is die verandering en die toekoms
Gebruik net wat jy het, net daar waar jy is,
Dit is genoeg en jy is genoeg."

'n klein vonk kan'n groot woud laat brand 
#vatvlam #nasieinspirasie 

Redigering: @mary_contrary_mary


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde