Slaan oor na hoofinhoud

ATKV se Liedjieslyp Wegbreek 2016


Die Kuns van Kaas

"By watering others you water yourself..."

'n Gesegde wat heelwat by my opgekom het na 'n kreatief-belaaide naweek net buite Potchefstroom. Veral omdat mens kan dink dat jy gaan om iets te gee (jou talent bv...) maar dan is jy die een wat met die handevol wegstap!

Twee van ons Nasie-Skrywers, ek (Riska) en Melissa, was die naweek van die 14-17de Julie, deelnemers in die atkv-crescendo liefdjieslypskool.




Wat 'n voorreg om deel te wees van 'n geleentheid, wat nie net 'n opbouende, historiese betekenis saamdra met van vandag se reeds wel bekendes, wie hulle stywe musiek-skryf-skoene hier eers uitgeloop het en raakgesien was nie, maar ook die verryk, opbou en groei van onse Moedertaal deur hierdie kunsvorm! ...Vat 5 ATKV🖐🏻!

Jy dink jy gaan met 'n sak liedjies wat geslyp ge-edit, geskaaf en geskuur moet word, maar die liedjie SKRYWER is die een wat geslyp en geskuur word - die liedjies is sommer net 'n natuurlike uitvloeisel daarvan!
Die bedryf gaan BAIE meer oor mense en verhoudings en BAIE minder oor die kuns van liedjieskryf.





Was jy al by 'n Kaasmaakerij?
Wel, ek en Melissa (toevallig was sy ook saam hier) het ons kinders maande terug na 'n Kaas Plaas geneem om meer oor die kuns van kaasmaak te leer. Hier het ons ook dinge geleer oor onsself en ons kinders! Bv. my een kind lief hope en hope kaas en die ander een verag enige soort van dit - behalwe as dit ge"Zap" is tot smelt en morsdood op 'n pizza lê.

Dis die vêrste wat sy sal gaan.

Ek het natuurlik geleer...dat ek meer kontant op sulke uitstappies moet saam neem, veral as sulke lieflike, verkillende kase betrokke is!

Kaasmakers sal nie kaas op dieselfde manier produseer of dieselfde resep gebruik nie, maar dat almal begin wel met MELK!

...Hoekom gaan ek nou so aan oor kaas?
...en wat het dié met die atkv liedjieskryf- slypskool te doen??🎼

Wel, dit was die vraag wat meestal opgekom het by my op die liedjieskryf naweek net buite Potchefstroom saam Anna Davel, kletsrymers; Hemelbesem, YOMA, Die Hooflig en ook Bouwer Bosch en Pedro Kruger.

'n goeie Kaasmaker, soos 'n goeie liedjieskrywer, kan 'n ryk variëteit van kaas produseer ipv net een soort kaas. Dis ook iets waarin jy kies om te groei.....🌿

As 'n skrywer/digter, vir meeste van my bestaan, het ek besef dat ek so gemaklik en geset geraak het in my "heilige" manier van digterlike-skryf dat ek nie regtig ruimte WOU maak vir nuwe maniere en idees nie. Dis soos daardie een gemaklike jas in jou kas, met sy unieke reukie, wat al 100jr oud is, maar wat jy nooit van wil ontslae raak nie! ...En jy hoef ook nie, jy kan hom met bietjie "opjazz!"

Of...daardie een soort kaas wat jy aanhoudend koop en eet en nie eers belangstel om die ander te proe nie.
(Ek dink nou aan 'n lekker Haloumi😁).

Met dit gesê het ek weereens besef dat ek, alle kuns (en kaas) kan respekteer - al hou ek nie noodwendig van die smaak nie...dis dalk te ryk of dalk te "processed.." Maar met 'n goeie wyntjie en 'n goeie verskeidenheid kaas op die bord (a cheese spread), dalk kruie en neute ook! (...there surely are some nuts out there!), kan jy 'n lekker gesellige atmosfeer skep waar almal iets gaan kry waarvan hy hou!

Elkeen wat skryf kan homself net die een vraag vra en dit is:

bou dit op of breek dit af?...
(m.a.w is dit gesond?)

as dit is wat mense gaan aansit en luister na 'n lang dag by die werk of 'n week se wroeging kan 'n gewone, EERLIKE, cheddar op sphagetti ook die ding doen!

So dankie. Dankie ATKV en al die mentors wat bygedrae het tot die groei van ons as liedjie skrywers! Ons is beslis gebou en nie gebreek!

Mede Nasie-Skrywer, Melissa, het die volgende ervaar op ons naweek weg:



"Dit was vir my 'n "humbling experience.." om saam al hierdie baie talentvolle mense te wees wat soveel meer jare skryf as wat ek skryf. My eerste lied het ek geskryf na ons my ma aan kanker verloor het...dit was die enigste manier hoe ek uiting aan my emosies kon gee op daardie stadium.

Dit bevestig net vir my dat dit 'n geskenk is wat God in my hart kom lê het, vir baie jare al, en dan die besef wat ek gehad het om oor die gawe te bid en ook te VRA vir liedjies/geleenthede. Toe ek begin vra daarvoor was die Here baie getrou en het vir my begin liedjies gee...

ek kon nie slaap nie...of het in die bad gesit en dan uitgespring om dit vinnig te skryf of op te neem. Dit was vir my wonderlik om te sien dat dit dieselfde manier was wat baie van die ander liedjie skrywers dit ook so ervaar het - dat 'n liedjie jou net tref! Dit het my laat besef dat die liedjies uit en uit van God af kom na my toe. 'n Liedjieskrywer het ook 'n groot verantwoordelikheid as dit kom by mense motiveer, inspireer en positief beïnvloed. Al verstaan mense naby aan my nie altyd my passies of drome nie, was die naweek net 'n bevestiging vir my dat ek wel iets (gawe) het en dat dit bewerk en geskaaf moet word. Moet dit nie minnag nie. Waardeer dit, gebruik dit, werk aan die talent wat Hy aan jou toevertrou het. Moet dit nie wegsteek nie!



"'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand!"


Maar genoeg oor ons;
Hier volg 'n bietjie inspirasie vanaf elke mentor wat teenwoordig was:

Die Vraag was:
Wat Inspireer jou?? (m.b.t musiek):


Pedro Kruger:
"Nuwe, jong stemme, nuwe genre style! Dit inspireer my...en mense wat passievol is asook goeie stories in lirieke van musiek.
Mense wie my inspireer is mense soos Coenie de Villiers, Amanda Strydom, Elton John...mense wat groot melodiese musiek skryf, hulle inspireer my."





Anna Davel:
"Wat my inspireer, veral op 'n liedjie werkswinkel, is dat mense met baie min hulpbronne steeds hul gawe oopbreek en najaag. Dit maak my baie hartseer dat daar so baie mense in Suid Afrika is wat baie begaafd is en nie die geleentheid kry nie, maar op sulke naweke soos hierdie naweek sien jy mense ontpop en self-vertroue kry. Dit is vir my baie inspirerend en ook een van die redes waarom ek hierby betrokke is.




Daphney Moses (ATKV Crescendo 2015 finalis asook skrywer van die ATKV tema lied: "Die song wil my nie los nie."):

"Mense. Mense verander altyd, groei altyd. Baie van my inspirasie kom van mense en hulle lewens af. Dis vir my beautiful, HOE hulle hul daaglikse take aanpak ens..."



YOMA:

"Daar is nog altyd 'n liedjie in my hart gewees. Ek dink nie ek sou dit maak sonder musiek nie. Ek het vir 'n tyd gewerk as 'n skoonheids terapeut, maar al waaraan ek kon dink was musiek. As ek 'n "gap" gekry het, het ek musiek geskryf. My inspirasie is om te kan "edutain" - om goeie waardes te deel met mense, en hulle op te bou, deur my musiek."



Hemelbesem:
"Vir musiek self is my inspirasie, mense. Ek glo aan 'n sê-ding, waarop ek gebou het, en dit is: "Mense instede van Monumente",
So oral waar ek gaan sal ek nooit monumente opsoek nie, maar mense. Elke persoon het maar sy eie tipe energie en ook lirieke en 'n storie waarmee hy saamkom.
Al my werk, my lirieke, is baie persoonlik,
my lirieke dwaal rondom die storie van wat my maak as Simon (Hemelbesem), van die verlede tot die hede en hoe dit vorm in die toekoms. Dit is half cliché om te sê dat mense my inspireer, maar dis energie wat "evolve" en waarookal jy gaan, verskillende kontinente ens, gaan jy nooit dieselfde mense kry nie."


Die Hooflig:

Wat my inspireer is HART asook die taal wat daaruit kom...en as ek praat van taal bedoel ek die "expression" of uitleef van daardie hart. Hart vorm die vaartuig. Wanneer ons harte met mekaar "connect" dan "fade" die vaartuig. Die taal wat dan daaruit kom is baie mooi!"




Bouwer Bosch:

Wat my deesdae inspireer is hoe meer ek uitvind dat dit nie net een ou vat om hierdie goed te maak gebeur nie. In jou opinie as 'n jong "rocker" dink mens dalk pop kunstenaars is "sell-outs" wat die kuns aanbetref. Hulle het óók 'n span skrywers wat hard werk om dit alles te laat gebeur. Irrelevant of jy van die musiek hou of nie. Wat my inspireer is om te weet dat mense soos Hunter Kennedy (een van my gusnteling skrywers, stem van my jeug)..saam met sulke ouens begin skryf. Musiek behoort aan almal en mens wil met almal kan "connect."

So basies wat my inspireer is hoe mense saamwerk en saam groei om goeie musiek te maak."





#nasieinspirasie













































Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde