Slaan oor na hoofinhoud

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is!

So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen.
(Talk about rubbing me up the wrong way!)

Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap...

Ons veiligheid.

Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal?
Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek?

Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met 'n ander oog laat kyk......

Nee, dis 'n rots daai. Hy pas nie in 'n skoen nie, nee, hom dra jy sommer op jou skouers. In jou frons. In jou ontwetende sug wat jou geliefdes laat krimp.

Jou moed is op sy knieë, rug gedraai, gereed vir die teregstellende skoot...

Hoe is dit moontlik om kalm te bly, om vrede te hê wanneer jy iets het wat aan jou knaag? Daardie klein irriterende dingetjie wat dag na dag jou onderkry ...of dalk is jou situasie bietjie ernstiger en voel jy of jy in die pad van 'n aankomende, verwoestende STORM staan?

Filipense 4:6 vra God ons om te bid oor alles. Dis nie net bid nie. Dit aan Hom toevertrou, al kan ons nie die deurbraak nou sien nie. Al storm dit hier om jou. Al lyk dit na 'n verlore saak. Jy sal nie beskaamd staan nie. Glo dat Hy jou daar ontmoet, daar saam jou is.

“Fear not, for you shall not be ashamed; neither be confounded and depressed, for you shall not be put to shame..."
Isaiah 54:4 AMP


Peace is freedom from disturbance

Ons vrede lê gesetel in die werklike oortuiging dat God ons so lief gehad het, hy net Sy beste vir ons gegee het toe ons 'n niks was nie.

Die probleem met hierdie stelling is dat God ons nie net lief gehad het nie, Hy lief ons steeds en Jesus verteenwoordig Sy liefde wat uit geskiedenis weergalm tot in vandag in.
Tot in jou stukkende nou.

Bring jou klippie, bring jou rots, en Hy sal vrede gee...

“Peace I leave with you; My [own] peace I now give and bequeath to you. Not as the world gives do I give to you. Do not let your hearts be troubled, neither let them be afraid. [Stop allowing yourselves to be agitated and disturbed; and do not permit yourselves to be fearful and intimidated and cowardly and unsettled.]”
John 14:27 AMP


"Peace I leave with you...."

Hy het Vrede gegee en gelos. Dis gereed om gevat te word. 

Sit, gooi die klippie uit, staan op, gooi die rots van jou skouers af.
Aanvaar Sy bonatuurlike vrede.

Het jy geweet dat die oog van 'n tornado so kalm is soos vrede self? Sou jy in die middel van dié verskeurende ding beland is die tornado en die plek waar jy staan twee verskillende ervarings? Agv Jesus se offer staan jy op die Rots.

Net vir interessantheid...hier is twee verklarings van mans, boere, in amerika, wat in die oog van 'n tornado beland het.

".....Once inside the swirling cloud, Keller said that everything was "as still as death."
" ...He (Roy Hall) described the inside as a smooth wall of clouds, with smaller twisters swirling around the inside before breaking free. Once again, non-stop lightning created a bluish light, enabling him to see everything clearly. And then, just like that, the tornado passed and the sky turned sunny. The same storm killed 100 Texans, but Hall and his family survived..."
Volledige artikel: http://science.howstuffworks.com/nature/natural-disasters/eye-of-tornado1.htm


Hy wil hê ek en jy moet vandag ons klein en groot by Hom los, Hom vertrou en Sy vrede en rustigeheid geniet of dit nou storm of son daar waar jy is.

#nasieinspirasie

Opmerkings

  1. Klippie in die skoen is n
    Pragtige gelykenis (prentjie praat). Ons dink mos in prentjies en elkeen se prentjie van bv n "DOG" is anders, die verskil is net elkeen se persoonlike ervaring.
    Maar die klippie in jou skoen gee beslis aan almal dieselfde ongemak en frustrasie.
    Ek het aanklank gevind by die skrywe.
    Mooi loop

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal.

Bestandele:

1kg Bran Rich Self Raising Flour 
(of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie)

10ml Bakpoeier

10ml Sout

125ml Klapper

250ml Sonneblom sade

100ml Rosyne

50ml fyn gekapte neute van jou keuse

500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie)

250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie)

500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie)

500g Botter (gesmelt)

500ml Karringmelk



Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde hoeveelheid muesli. Geb…

Chereé Strydom

Nadat sy vir amper tien jaar tjoepstil was, is Suid-Afrika se goue Country-ster, Chereé, uiteindelik terug met haar langverwagte album, WILDE WATERS. 

1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself en jou nuwe album?

Ek is 'n 40 jarige ma van twee pragtige dogters - dit is my eerste prioriteit - my kinders. Ek sing al vandat ek 9 jaar oud is en die droom toe ek jonger was, is om musiek te maak. Ek is dankbaar dat ek my drome kan uitleef. Ek is 'n eenvoudige mens - kaalvoet-kind wat baie hou van by die huis wees - 'n regte huismens. Ons woon in 'n klein dorpie, Langebaan en dit pas my goed, want daar is baie minder "pressures" in so klein dorp.

My nuwe album is 'n 13 snit album waarvan 12 van die liedjies oorspronklik is. Ek het self 4 van die liedjies op die album geskryf en die res is goeie liedjies van ongelooflike liedjieskrywers. Die album het 'n pop aanslag maar ook dan 'n country aanslag, want dis waar my hart lê in musiek. Mense wat my ken s…