Slaan oor na hoofinhoud

Nuwe Seisoen 2012

Welkom by Nasieinspirasie 2012!
'n Nuwe jaar, 'n NUWE SEISOEN,
met nuwe geleenthede en uitdagings.

Daar is 'n Kunsuitstalling wat ek gaan bywoon en 'bLoG',
'Shooting the Bride'
by Unisa Kuns Gallery deur Nelmarie du Preez.
vanaf 28 Januarie - 10 Februarie, gaan loer en absorbeer gerus.
'n Hoogsbegaafde Multimedia Kunstenaar wat baie mense inspireer.

Hierdie jaar is nie net 'n gewone jaar vir my nie...
Dit is die jaar wat ek 30 word!
(Alhoewel ek nog fantsties genoeg lyk om 26 te wees
....sou ek kies om my verklikende, grys hare te kleur).

In dankbaarheid teenoor die Lewe,
gaan ek  oor die volgende 30 weke,
skryf oor '30 Waterdig Beginsels'
wat ek in my 30 jaar van lewe geleer het,
toepas en streef om toe te pas.

Aan my getroue volgelinge, DANKIE, ek weet daar is nou nog net 3 van julle...hehehe,
maar 3 is darem meer as 1 wat bewys dat die glasie regtig half vol is en die
half leeg nie.... Mag julle 3, in hierdie jaar geseën wees met deurbrake in elke
area van julle lewens en ook dat julle sal vermenigvuldig in Hom soos wat
Abba vir my en julle seën (Bou die volk mense, bou die volk : ) )

Viva 2012!

Opmerkings

  1. Awesome, ek sien uit na die "30 Waterdig Beginsels" en weet sommer dit gaan my inspireer. You Rock!!!!

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Here we go!!!!! - Willie the Fudge Man

I have decided to take it a little further and meet 'the man on the street', doing interviews with different people in my community on the principle as discussed in Luke 16:10 Whoever is faithful in small matters will be faithful in large ones; whoever is dishonest in small matters will be dishonest in large ones Having in mind that the little boy who brought only 2 fish and 5 loaves brought enough for Jesus to feed THOUSANDS through his little contribution ... I believe that God is saying; Why are you holding back? Is it because you think, by your own estimate and the negative influences and people around you... that you are inadequate? Give what you've got to God and He will make it MORE! He made you, He knows what for so you are free to take the first step, trusting Him. So here goes... My first interview was with a man on the street, on Zambezi drive (Sefako Makgato drive) in the Montana area. He has and will inspire many. His name is Willie and he ...