Slaan oor na hoofinhoud

#Bakgat Gesondheidsbeskuit


My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal.

Bestandele:

1kg Bran Rich Self Raising Flour 

(of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie)

10ml Bakpoeier

10ml Sout

125ml Klapper

250ml Sonneblom sade

100ml Rosyne

50ml fyn gekapte neute van jou keuse

500ml All Bran Flakes 
(goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie)

250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie)

500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie)

500g Botter (gesmelt)

500ml Karringmelk



Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde hoeveelheid muesli. Gebruik dan net bietjie minder suiker ook, want muesli het gewoonlik baie suiker in. Jy kan bysit, soos ek vir vakansies, choc chips, gesnipperde kersies, cranberries in plaas van rosyne of sommer albei, jy kan bestandele uithaal as jy byvoorbeeld allergies is vir neute. Maar ek kan julle waarborg, die klapper en sade moet bly vir daardie smelt in jou mond beskuit.



Metode:



Voorverhit oond tot 180˚C.

Voer 2 groot broodpanne uit met waspapier, of spuit Spray & Cook. 
Altwee werk goed.

Meng al die droë bestandele in groot mengbak. Meel hoef nie gesif te word nie.

Gooi gesmelte botter en karringmelk by. Meng eers met lepel om dit eweredig te kry en dan met jou hande en begin knie. Die beslag sal soos brooddeeg wees. As jy agterkom jou droë bestandele was bietjie minder en die deeg plak nog baie aan jou hande vas, moenie meer meel ingooi nie, bak dit net so tien minute langer. Indien die deeg te droog is, gebruik jou boksie van die karringmelk en gooi klein hoeveelheid water in die boksie, skud goed en voeg by die beslag tot dit lyk soos stywe brooddeeg. Verdeel deeg in die twee panne en druk net bo-op plat sodat deeg egalig lyk. Indien jy nie hou van bitter, taai gebrande rosyne nie, druk net al die rosyne wat bo-op in die beslag lê, bietjie dieper met jou vinger of agterkant van ‘n mes en trek die beslag weer toe oor die gaatjie. Anders los dit net so en geniet die taai rosyne. Ek en my gesin baklei vir die taai rosyntjies. Bak vir 1 uur. Toets met toetspen of die beskuit gaar is. Haal uit die oond en uit die panne om af te koel. Sodra die beskuit afgekoel is, sny in stukke so groot soos jy verkies. Plaas stukkies op bakplaat en bak verder in die oond teen 100˚C vir 10 ure. Die eerste agt ure moet die oond op ‘n skrefie oopgehou word met ‘n houtlepel en dan die laaste 2 ure kan die oonddeur toe wees. Dit help net dat die beskuit nie kluitjierig word nie. Ek verkies om die beskuit in die aand te bak en plaas dit in die oond vir uitdroging ongeveer tienuur die aand. Dan sesuur as ek opstaan vir werk, sal ek die oonddeur toemaak en dan agtuur, as my kinders by die skool afgelaai is, skakel ek die oond af. Jou beskuit is nou reg om geniet te word. Bêre in koel, droë plek.



Groete,
Charmaine








'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie





Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van