Slaan oor na hoofinhoud

Stop for the One


Stop for the one, in 2014

Die wind dwarrel ‘n stof streep oor die droë vlaktes hier waar ek tussen Vryburg en Kuruman ry, oppad na Upington.  Dis so droog dat daar nie eers ‘n blaar in die dwarrel rond draai nie, dis net sand, stof, dis erg.  Hoe verder ek ry hoe grootter word my verbasing.   Kan dit regtig so lanklaas hier gereën het?  Oral in die veld sien mens perde en beeste, so maer dat hul heup bene en ribbes gesien kan word.  Plek-plek lê ‘n dooie perd of bees, sommer so in die gang.  Lyndrade is weg, veld lyk soos ‘n woestyn, en my kop begin loop saam die dwarrel.  Draaie en draaie en plek-plek staan hy stil, dan weer trek hy weg en dwarrel plesierig voort, opsoek na ‘n onthou (‘n “memory” van laasjaar se reën) om die lug in te draai, swaai, skoppelmaai, en voor ek my kon kry lê my gedagtes oor ‘n duisend plekke verstrooi en die dwarrel is weg.
Die droogte in die Noord Wes is verskriklik erg.  Daar is daagliks diere wat vrek en boere is raadop en mismoedig, en tussen al die hartseer besluit een ou om ‘n facebook blad oop te maak wat verslag gee oor die droogte en of dit al gereën het en hoeveel dit gereën het.  Mense van oral oor die droogte geteisterde gebied sluit aan en naderhand het mense van buite daardie gebiede ook begin aansluit.  Ek volg daagliks die blad en my hart loop oor van trots om te sien hoe mense begin uitreik en begin saam staan en begin skenkings maak het vir hierdie arme boere en hul diere.  Daar is ‘n rekening oopgemaak vir fonds skenkings waarmee voer aangekoop word en afgelaai word by boere.  Boere wat nie deur die droogte geraak word nie het begin voer skenk en mense met vervoer maatskapye het vervoer gereël vir die voer.  Oral het hulp begin instroom en verligting gebring vir party boere.  Daar was selfs mense wat goedjies soos knipmesse maak en verkoop wat van daardie messe geskenk het om op te veil en die geld gaan dan vir die droogte fonds.  Later was selfs die tv betrokke en het hulle radio programme begin uitsaai om mense bewus te maak van die droogte…  en dit alles uit een ou se inisiatief om ‘n facebook blad te begin om mense bewus te maak van die nood in die Noord Wes.


Hierdie storie het my laat dink aan hoe een mens ‘n reuse verskil kan maak.  Ons dink altyd dat ons te klein is om werklik ‘n verskil te maak, of dat ons te min “resources” het, of nie genoeg invloed nie, maar daar is soveel mense daarbuite wat stok-siel aleen  deur net te doen wat hul hand vind om te doen, ‘n reuse verskil maak in baie ander mense se lewens.  Nog so ‘n mens is Heidi Baker van Iris Ministries.  Doen die moeite en gaan google hierdie vrou en sien wat sy vermag het deur te doen wat haar hand vind om te doen.  Haar leuse is “Stop for the one”.  En sy sê altyd: “love looks like something”.  Uit dit uit lei ek af dat as ons nie bereid is om die een mens wat voor ons staan lief te hê en te dien nie sal ons dit ook nie doen vir die ander 999 nie. 


Stop for the one…


Mag ons ten alle tye gefokus wees daarop om te stop vir die een wat voor ons staan.  Om liefde te gee wat na iets lyk en nie net leë woorde nie, maar te doen wat gedoen moet word om die persoon geliefd te laat voel, versorg te laat voel, geluk te bring oral waar ons gaan.  As elkeen van ons besluit om in een mens se lewe in te praat in 2014 en uit ons pad te gaan om daardie mens te dien kan ons die wêreld verander.  Moenie toelaat dat jy langer geintimideer word deur die gedagte van hoe groot die verandering is wat gemaak moet word voor die wêreld weer ‘n beter plek sal wees nie.  Skuif jou fokus van die grootte van die probleem na een mens en begin in sy of haar lewe ‘n verskil maak. Ek hoop dat elkeen van julle wat hier lees sal “commit” om in hierdie jaar die antwoord te wees, liefde na iets te laat lyk, stil te staan by een mens, ‘n verskil te maak, vreugde te saai, op hierdie manier verander ons die wêreld, een mens op ‘n keer! 

Blessings

Liezl



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde