Slaan oor na hoofinhoud

In die Woestyn






“'n Woestyn is 'n gebied wat minder as 250 mm reën per jaar ontvang.
Woestynplante en -diere het by die ongenaakbare toestande wat in hierdie gebiede heers, aangepas. 'n Voorbeeld is sommige plante wat wasbedekte blare het (soos die kreosootbos) wat oormatige verdamping voorkom, terwyl ander (soos kaktusse) hul vlak wortels uitsprei om water op te vang en in hul sponserige weefsel berg. Die meeste woestyndiere ontsnap bedags aan die hitte deur in gate te skuil en snags aktief te wees.”- Wikipedia


Vroër die jaar het ek en my 6 jarige dogtertjie oor die woestyn gesels en geleer. Ons was so beindruk met die feit dat kamele se ooglede so dun is dat wanneer hulle hul oë toemaak tydens sandstorms hulle nogsteeds kan sien. Dis wonderlik hoe die natuur, soos ‘n groot legkaart, perfek gemaak is, pas en werk!



‘n Ander naam vir Woestyn is… verlate of onvrugbare plek…
in engels….”wasteland…abandoned….barren”


Ons ervaar seisoene van
DROOGTE,
VERLATENHEID
ONVRUGBAARHEID…


Vroër die jaar verf ek sommer net om te verf, niks beplan nie…ek is nie ‘n fantastiese kunstenaar nie. Dis maar net iets wat ek geniet om te doen.
Ek noem toe die stuk; die woestyn-bewoner, want sy lyk toe bietjie vir my so…
en ek plak ‘n stukkie woord (Psalm 63:1-5) in ‘n boekvorm op haar bors…

“O God, You are my God; with deepest longing I will seek You;
My soul [my life, my very self] thirsts for You, my flesh longs and sighs for You,
In a dry and weary land where there is no water.
So I have gazed upon You in the sanctuary,
To see Your power and Your glory.
Because Your lovingkindness is better than life,
My lips shall praise You.
So will I bless You as long as I live;
I will lift up my hands in Your name.
My soul [my life, my very self]
is satisfied as with marrow and fatness,
And my mouth offers praises [to You] with joyful lips.”













Later praat die verf-stuk met my.
Ek besef toe sy lyk eintlik soos ‘n egiptenaar…
En meteens besef ek dat dit ook die rede is hoekom ons hierdie seisoene ervaar.


Ons is vrygemaak van sonde, dood en ‘n doellose bestaan deur Jesus, soos die Israeliete vrygemaak was van Farao se sielsdodende beheer, maar hulle het nog soos egiptenare gelyk! IN HUL DENKE, DADE en hulle MENSWEES. Die Woestyn waarin hulle vertoef het vir 40 jaar (wat eintlik net ‘n 11 dag toer is…) was ‘n plek waar hulle geskaaf en gevorm was…Jesus self het so tyd oorleef. 40 dae in die woestyn
wanneer dit vervalle en verlate om jou is kom die rou “jy” uit…nie waar nie?
Ons “true colours”…
Dis die beste wegspringpunt
vanwaar groei kan begin…
wanneer ons ‘real’ raak oor wie en wat ons is,
sonder maskers en vermom…

2 Cor 3:18 And we all, who with unveiled faces contemplate the Lord's glory, are being transformed into his image with ever-increasing glory, which comes from the Lord, who is the Spirit.

Dis hier waar ons in Jesus se hart, wat Hy vir jou oopgemaak het, kan inklim en rustig wees binne-in Hom. Hoekom? Want Hy het reeds hierdie geveg gewen, nie net in sy 40 dae stryd in die woestyn nie, maar die Offer van SY LEWE vir JOU. Tel die wen-trofee net hoog op en loop in hierdie oorwinning. In ‘n dor plek waar dit lyk of Hy van jou vergeet het. Dit is geloof.



God het daagliks voorsien vir die volk wat deur die woestyn getrek het.
Manna, water…net genoeg. Wanneer gaan Sy voorsieining GENOEG wees vir ons?
Wanneer gaan ons ophou kla en net dankbaar rus in Hom?




Hy is ons OASIS. 
Hy is ons rusplek 
Hy is ons VOORSIENER
in ‘n wêreld wat jou hart & siel verwurg 
met DROOGTE, 
VERLATENHEID en
ONVRUGBAARHEID…









Raak stil 

in die koelte 

onder die 

Palm boom 

van Sy voorsiening

in die Woestyn

Raak “real”.

Gesels met Hom

Net soos jy is. 

Kom na Hom toe.






Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde