Slaan oor na hoofinhoud

Restorasie - Melissa Viljoen








Dis amper weer vakansie. Vir sommiges ‘n lekker lang vakansie, weg van werk en verantwoordelikhede. Ek het hierdie begin skryf, langs die see, met ons laaste vakansietjie...


Vakansie bied kans vir herstel van harde werk. Soms voel dit of ons net rondjaag en nooit stil sit nie. Dan het mens eintlik nog meer gereeld rus nodig. Ons tv's èn tablets èn rekenaars èn fone èn ligte (in die ou dae was dit kerse) brand laatnag nogsteeds (behalwe as daar "loadshedding" is) en baie van ons slaap heeltemal te min. Ons liggame het slaap nodig om te herstel en te herlaai van die dag se gewoel. Ons is soos daardie robot in “Short circuit” wat meer en meer “input” wil hê. (youtube video https://www.youtube.com/watch?v=Pj-qBUWOYfE )


Hierdie herstel wat vakansie bring, gee kans om weer met ons gesinne te “connect”, stil te word en laat te slaap. Dit het my aan‘n dieper herstel laat dink wat ons ook te min tyd voor inruim...


Na fisiese seerkry kan mens se liggaam herstel, as jy siek word en rus kan jy gesond word, as jou been breek kan hy weer vasgroei. Een van die wonderlikste operasies waarvan ek al gehoor het is van iemand se bene wat verleng kan word (om dit dieselfde lengte te maak as die ander een). Jou been word (mooi) gebreek en ‘n entjie weggeskuif, dan groei daar nuwe been om die gaping toe te maak. God het ons "amazing" gemaak!

Met emosionele seerkry kan soms net die Here bonatuurlike herstel bring (soos met die been wat groei) en ons kan sommige dinge nie self regmaak nie.

Psalm 127 praat van al die dinge wat ons soms tevergeefs alleen probeer doen.



Psalm 127
"1.As die Here die huis nie bou nie,

is die bouers se arbeid tevergeefs.

As die Here die stad nie beskerm nie,

waak die wagte tevergeefs.

2.Tevergeefs werk julle so hard,

van vroegoggend tot laatnag,

soos julle swoeg om te bestaan.

Maar vir hulle wat Hy liefhet,

gee Hy dit in hulle slaap.

3.Kinders is ’n gawe van die Here;

die vrug van die moederskoot

is ’n beloning.

4.Soos pyle in ’n krygsman se hande,

so is seuns gebore in ’n mens se jeug.

5.Gelukkig is die man wie se pylkoker vol van hulle is.

Hy sal nie beskaam word wanneer hy in die stadspoort

met sy vyand onderhandel nie.




Selfs die dokters wat die been-verleng-operasie doen kan nie die been weer laat groei nie…
Dit laat my ook dink aan ‘n liedjie van Louis Brittz wat gaan:

“ Dis God wat genees, dis God wat versoen, dis God wat herstel, net Hy kan dit doen. Dis God wat herskep, dis God wat herbou, Hy bly getrou.”




Ons moet mekaar gereeld daaraan herinner om dit nie alleen te probeer doen nie.
En daar is ook niks wat God nie kan herstel nie…

https://www.youtube.com/watch?v=Kl7xLyXNk5g

Nichole Nordeman – Finally Free Lyrics

No chain is strong enough
No choice is wrong enough
No mountain is high enough
That He can't climb

No shadow dark enough
No night is black enough
No road is lost enough
That He can't find

Chorus:
And if the Son has set us free
Then we must be free indeed
Let the chains fall away
Starting today
Everything has changed
I'm finally free

No pain is deep enough
No heart can bleed enough
Nothing but Jesus's love
Can make a way



Selfs al voel dit of alles afgebrand het om jou (Burnin – Nichole Nordeman), alles lyk dalk verlore, kan God die stoppeltjies graslaat mooier teruggroei.
Hy maak mooi uit as. (Lees gerus ook die: http://www.nasieinspirasie.blogspot.co.za/2013/10/the-book-of-ruth.html?m=1)




Net Hy kan dit doen. Ek het ook onlangs ‘n foto gesien van blomme wat deur die sneeu groei. Dis hoe God werk.











Hy maak nuwe lewe uit ys, uit as, waar mense niks lewe sien nie, is God besig om nuwe lewe te skep as ons op Hom vertrou.




Gee jou as vir Hom en vra Hom om dit te herstel.




Geniet hierdie inspirerende video oor God se restorasie: #fallingplates https://youtu.be/KGlx11BxF24




Geskryf deur Melissa Viljoen

Liefde is Tuis

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde