Slaan oor na hoofinhoud

Naomi se Storie



“If you haven’t lost you have not lived…” – Die Lewendige Risikos
 
Hierdie frase kom in my gedagtes vanoggend. Ek het gewonder oor die feilbaarheid van die mens. Ons raak so geheg en lief vir mekaar en dan moet ons mekaar op ‘n stadium afstaan…nie omdat iemand getrek het of in ‘n ander land gaan woon het nie, maar ons staan mekaar af aan die dood. Daardie onbekende, laaste hoofstuk in die groot  boek van Lewe, maar ook een wat ons almal ‘n beurt gaan kry om te lees…
 
Ontmoet Naomi. Naomi Britz. Soos ons Bybelse Naomi, ken sy verlies.
Dit wag haar in elke dag.
 
Ek het Naomi ontmoet by ‘n vroue-tee/40ste verjaardag viering van ‘n ander spesiale vriendin.
Dis daardie soort tee’s waar ons dames saamkom, “real” raak, bietjie “soppie en seeperig”….
Ons huil, lag, deel harte en eet natuurlik om dit alles mooi af te rond... :)
 
Naomi beteken “pleasant”, “delightful”… Dis een van daardie vriendinne wat soos die versiersuiker is op ‘n droë, lewelose kolwyntjie. Dit is hoe ek haar ervaar het.
Naomi se "vonk" of passie is 'n kombinasie van kreatiwiteit en kinders!
(sy print en ontwerp oulike goedjies vir kinders, gaan loer gerus op haar besigheid se FB bladsy)

Naomi het my haar storie van verlies vertel. Daardie een wat elke dogter inwag…en dit is om ‘n mamma af te staan aan die dood. ‘n Ma en ‘n dogter, deel nie net geslag nie, maar geslagte! Diep beginsels van verhouding, lewenswyshede en wedersydse ondersteuning word binne-in so verhouding ingebou. Dit leef voort verewig! Van Geslag to Geslag! Sy verloor nie net ‘n Ma nie, maar ‘n mentor. Iemand wat haar vooruit geloop het, die dorings en kraters in die pad gesien het, en haar ingelig, en opgelei het om die pad met liefde se wysheid te loop. Daar is eintlik nie woorde of paragraaf om die diepte en dinamika van so ‘n verhouding in te ryg nie.
 
Ek vra toe: “Naomi watter Verse/Woord het jou tot dusver gehelp/regop gehou in moeilike tye?”
.. dit is tog ‘n leemte wat sy elke dag sien en ervaar…
Woord:

 


 
“ ‘n sterk ondersteuinings netwerk van mense is ook wat jy benodig wanneer jy so pad stap.
Sluit by ‘n kerk of bedieningsgroep aan. Moet nie hierdie pad alleen aandurf nie.”
 
Naomi het ‘n printing winkel in Doornpoort besit, Amadot, maar het ‘n nuwe besigheid later begin, saam met haar ma, "Printed by US", in Pretoria Noord.  Ondersteun gerus hierdie onderneming! Veral haar oulike, persoonlike, t-hempies en baba kleertjies! Volg die skakel na haar Facebook Bladsy:

Opmerkings

  1. Dankie vir die deel van 'n diep seer. Jy is 'n inspirasie vir baie vroue.

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...