Slaan oor na hoofinhoud

Stukkend Gesond


vir daardie stukkende verhoudings


Daar is soveel te sê. die ander dag het iemand my gevra watter verhoudings in jou lewe kan jy met meer positiwiteit benader? 

In werklikheid, het ek gedink, watter verhoudings het dit nie nodig nie...? AL my verhoudings het dit nodig! Nie net omdat ek 'n "complicated cookie" is nie, (en jy is sekerlik ook nie 'n somer-vakansie nie..) maar omdat verhoudings soos 'n kwekery vol broos plante is! Elke dag se liefde en aandag sal dit laat groei en wanneer jy boonop dit geniet, glo dit sal floreer!!!

Sommige verhoudings is eensydig...en fondasies is swak gebou op kry, kry, kry terwyl die ander party gee, gee, gee...jy hoor net van hierdie mense af wanneer hulle 'n gunsie of twee benodig...en wanneer jy wel iets doen om te help word dit, en jy, ongelukkig nie waardeer nie. Hartseer, maar waar!

Ander verhoudings is dalk soos 'n versigtige loop op eiers. Jy moet net mooi trap anders kraak dit onder jou voete en het jy te doen met moeilikheid en baklei...Pasop!

Die lekkerste verhoudings is die wat natuurlik vloei soos water uit die berg, maar God weet ook dat lekker nie altyd die waarheid huistoe, of eerder, hart toe bring vir ons nie! Nee, dis 'n geskaaf en 'n geskarrel wat ons mense vorm, vou, skaaf en knou! Ons kan saam God of sonder God hierdeur stoei en werk. (Saam, is natuurlik, die beter opsie!)

Ons sê nie genoeg dankie vir hierdie moeilike, onvoorspelbare verhoudings nie. Ons kla eerder, want dis ongemaklik en dis SEER! God sien die groter prentjie en wanneer ons Hom toelaat in die seer, ongemaklike plekke dan GAAN ONS BO UITKOM! Sterker, mooier, sagter, liefliker as ooit - geurvol en kleurvol soos HY! (Romeine 8:28)

Die groot kwessie hier vandag is die een van individuele ELLENDE en SEER wat baie stremming en druk op 'n verhoudings plaas! Seer van 'n eksterne persoon of gebeurtenis buite die verhouding, iets wat gebeur en gebreek het, asook seer binne die verhouding waar vertroue vermink is...Die is ook 'n rede hoekom sommige mense dalk eerder wil KRY as GEE: "As ek nie gee nie, is ek nie blootgestel nie, en kry ek nie seer nie..."

SEER beinvloed al ons verhoudings! 

En totdat dit nie genees is binne ONS nie, lê dit ons verhoudings lam! (Ellende-lam!)
Hoe gemaak met die verskeurde stukke? Hoe gemaak met die rou, broos wonde...?....


Deur Sy Wonde is ons GENEES...
Dis KLAAR en gedoen!
Kom na JESUS toe met al jou snye en wonde...

Hoe loop ek in hierdie oorwinning?...

GLO die helende woorde
Praat dit oor jou verhoudings.
Met God se hulp en liefde sal jy weet wanneer 
jy weer gereed is om weer daar te GEE.


Hou vas aan die 
beloftes in Sy Woord. 

[For I always pray to] the God of our Lord Jesus Christ, the Father of glory, that He may grant you a spirit of wisdom and revelation [of insight into mysteries and secrets] in the [deep and intimate] knowledge of Him, By having the eyes of your heart flooded with light, so that you can know and understand the hope to which He has called you, and how rich is His glorious inheritance in the saints (His set-apart ones), And [so that you can know and understand] what is the immeasurable and unlimited and surpassing greatness of His power in and for us who believe, as demonstrated in the working of His mighty strength, Which He exerted in Christ when He raised Him from the dead and seated Him at His [own] right hand in the heavenly [places], (Ephesians 1:17-20 AMP)


Ek bid Abba se seëning en GENESING oor al my verhoudings wat deur hierdie liedjie geinspireër is x Mag dit jou ook aanraak en inspireer! Xxx iskra


"Ellende-Lam"



"Die hande wat jou gebreek het bou dekades lank 'n enkel ry,
want mense wat seer het breek ander af om regop te bly
Vir jare luister ek na die intieme skakerings van jou hart. Soms moedeloos my skat?


Mens raak so vasgevang

In die ellende-lam

Nou het jy my uitgeknip

Soos 'n koerant opskrif

En dit los jou vas

Dit los my vas

Dit los ons vas






So wat van 'n serenade moenie
Al die liefde net so gooi
Los die argumente, dis die krake
In ons eie oë
Gooi dit nie alles terug in my gesig
Maklikste ding om te doen
Wat dan van versoen?...


Mens raak so vasgevang

In die ellende-lam

Nou het jy my uitgeknip

Soos 'n koerant opskrif

En dit los jou vas

Dit los my vas

Dit los ons vas




Opmerkings

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde