Slaan oor na hoofinhoud

Riana Nel, 'n #nasieinspirasie




Riana Nel
#nasieinspirasie


1. Wat EN Wie inspireer jou?
Mense wat hard werk en goeie dissipline het.
Om deur te druk as hul iets besluit het.
Mense wat met geloof lewe al lyk dinge bleek en mense wat kan lag in swaar omstandighede. Byvoorbeeld, my man.




2. Daar is tye, wat ons almal al beleef het of tans beleef, waar mens nie deurbraak sien in jou drome of dinge waarvoor jy vertrou nie, wanneer het daar iets soortgelyks met jou gebeur?
Soveel keer al en soveel liedjies wat daaroor praat en eintlik waar ek met myself praat om my deur dit te kry bv. "Lord You know" op my eerste album; Die Moeite Werd. Ek het in London gebly vir 4 maande en dit was vir my baie swaar.



3. Jou aanhangers stap deur al die seisoene van jou lewe, deur jou liedjies, saam met jou. Watter positiewe impak het Luisteraars al op jou gemaak?
Elke fb boodskap en tweet moedig my aan om steeds my hart oop te hou en eerlik te bly in my skryfstyl. Maar ek doen dit nie net vir daardie mooi woorde nie maar eerstens om hulle te kan aanmoedig ook.



4. Noem 3 dinge waaroor jy baie passievol is.
Kreatief wees

My geloof

My familie




5. Waarna kan luisteraars uitsien met die nuwe album?
Ietsie vir almal en vir elke situasie.

Oud en nuut



6. NasieInspirasie wil sleepvoet-dromers inspireer. Hoe wil jy inspireer?
In wat ek doen wil ek pret hê en dit geniet! Ek wil 'n boodskap oorbring en ek wil die manier hoe mense dink verander.

7. Vertel so bietjie van jou ervaring van min "resources", maar baie hart, passie en 'n Liefdevolle God ....dit waarmee jy vandag die wêreld se harte inspireer om te brand?...

Daar was verseker 'n tyd wat ek bitter min gehad het maar ek was ryk want God is in my lewe! Nou het ek meer, maar ek kom elke dag agter dat net God vervulling bring! Hy is die prys en die doel!







Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...