Slaan oor na hoofinhoud

John Wick 3

Swart pakke, gepolitoerde skoene, duur baadjies, donker brille, rooi lippe en kamera flitse. Dit tesame met 'n lus vir avontuur was die tema van 'n aand soos Woensdag aand die 15de Mei by Fourways in Johannesburg. Belangrike mense, gesigte en die’s wat jy hoor en nooit sien nie, was op die rooi tapyt met die media vrystelling van die Amerikaanse rolprent “John Wick 3”. Alhoewel Mnr Wick nou nie self daar kon wees nie, was die aand steeds 'n reuse sukses. 

Terwyl die fotos een na die ander tot stilstand gekom het, waag ek en my vriend Jaco dit om vir die belangrike persone 'n paar belangrike vrae te vra. Met die eerste oogopslag betrap ek vir Germandt Geldenhuys (Louis in Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (as Naomi in Binnelanders). Hulle was gelukkig ontvanklik en heel gemaklik om 'n paar vrae te beantwoord. Ek vermoed hulle het verwag ek gaan meer uitvra oor die werk wat hulle doen of dalk hulle karakters, maar toe kom die vraag: “Wat inspireer jou in die lewe?” 


Germandt en Je-Ani was effens omkant gevang met die diep vraag maar hulle was van die staanspoor gereed om uit die hart te gesels. Germandt het genoem dat dit wat hom die meeste inspireer, mense is wat val, seer het of wat op enige soort manier onbekwaam was en dan die besluit gemaak het om te oorheers en nog steeds aan te hou om die lewe voluit aan te durf. Dit is maklik om te sien dat uithouvermoë vir hom belangrik is en dat hy sterk glo in die feit dat 'n mens nie moet opgee nie, maak nie saak wat nie.

Je-Ani se grootste inspirasie, het sy genoem, is mense wat in hulle harte 'n droom het en dan dit nastreef en dan ook 'n sukses maak daaruit. Sy glo sterk dat mens nie net die lewe moet deurgaan dag in en dag uit nie, maar wel dat jy jou drome moet volg. Dit is nie maklik om 'n droom te kan uitleef nie maar as jy braaf genoeg is om die lewe in die gesig te staar en nog steeds jou droom uit te leef, is die aksie in daardie opsig self, 'n groot inspirasie vir haar.

Nog 'n klomp vrae het deur my kop gegaan wat ek vir die twee kon vra maar tyd het ons voor gespring en daar was nog baie ander gesigte wat ek by wou uitkom. Soos ek die skare een vir een deurgaan, sien ek vir Jaco naby twee ander sterre en haas my na daardie punt. 




In die sepie “Getroud met Rugby” staan twee gesigte werklik soos twee sterre uit die gehoor. Werner Coetser (Blitz) en Marijke Van Der Westhuizen (Maryke) was self baie ontvanklik en het 'n paar vrae verwelkom. Daar was so kort stilte na die vraag, “Wat inspireer jou in die lewe” waar net die agtergrond geselskap aan die gedruis was. Die twee akteurs wou een na die ander mekaar die eerste spreekbeurt gee. Marijke het eerste gepraat en was eerlik toe sy gesê het dat sy nie net so 'n vraag ligtelik opneem nie en dat dit ook nie een van die maklikste vrae is om te beantwoord nie. (Natuurlik nie… dit is 'n vraag wat die hart moet antwoord). 




Sy trek 'n diep asem in en begin met, “Dit gaan vreemd klink, maar ek en waar ek was inspireer my.” Ek was verbaas vir so sekonde of twee maar sy het uitgebrei en vertel dat sy was iemand wat as jonger mens nooit in haarself geglo het nie. Sy praat van haar haarkleur, velkleur en boonop die feit dat sy net nie gedink het sy is 'n mooi mens nie. Sy het alle kritiek en negatiwiteit geveg tot die bitter einde en het bo uit gekom. Dit is duidelik dat vir haar dit nie 'n persoon se haarkleur, velkleur, lengte of dikte is wat saak maak nie, maar wie jy werklik is… jou identiteit en uniekheid wat vir haar die grootste inspirasie is.

Werner se antwoord was kort maar kragtig. “Môre. Môre is wat my inspireer” sê hy. Dit kom neer op vandag is verby en môre is 'n nuwe dag. As jy môre beter kan wees as wat jy vandag was, hoeveel te meer sal jy nie wees in die toekoms nie? Die verlede is die verlede, môre is 'n nuwe dag. 'n Man met groot spiere het ook net so klein hart wat kan glo dat in môre is daar dit wat ons almal na soek... en dit is hoop. Hoop vir iets nuuts, iets beters, iets unieks en altyd iets wat kan verbeter. Hoop, die ding wat almal nodig het maar soms so sukkel om te vind, is wat hom inspireer.

Ek was baie dankbaar vir die antwoorde. Dit was besonders gewees om die persoon agter die skerms te kon ontmoet. En na 'n 'selfie' of twee het ek en Jaco die fliek teater betree. Beide van ons is Pa’s met kinders en beide van ons is groot werkende manne. Maar ek kan julle belowe, die oomblik toe die rolprent begin, was ons soos twee seuns… reg vir skop, skiet en donderweer. 


John Wick kom 'n lang pad. Die sluipmoordenaar wat aangestel is deur 'n top organisasie om werk vir hulle te doen. En soos alles in die lewe is daar reëls. Mnr John het in die vorige weergawes van die rolprent die reëls begin buig en toe natuurlik, gebreek. Ook maar omdat “Ander” die reëls teenoor hom gebreek het. Dit is waar Nr 3 afgeskop het. Al wat 'n sluipmoordenaar is, is nou opsoek na Mnr Wick en oral waar Mnr Wick gaan vir skuiling is daar iemand wat agter hom aan is. Van hawelose mans tot biblioteek toesighouers. Enige iemand wat die beloning van 14 Miljoen Dollars wil kry moet eers vir John Wick oorwin. Mnr Wick, bygesê, is ook nie jou alledaagse mens nie. Hy is amper onmoontlik om te oorwin. Hy kan val, hy kan bloei, maar hy kan net nie dood nie. Dit is wat hom so 'n legende maak.

Die film duur 'n goeie twee ure en meeste van dit bestaan uit aksie. Van mes gevegte, tot perde skoppe, boeke, swaarde, wapens wat jy net in die weermag sal sien en natuurlik haelgewere. Mnr Wick is verseker 'n film wat jou op die punt van jou stoel sal hou. Maar ek moet ook waarsku, jy gaan moet hare op jou tande hê, of ten minste net tande hê om die fliek te kyk. Die geweld kan nogal wreed raak en ek sal sterk aanraai dat die ouderdom beperking gerespekteer word. Maar op 'n ander noot was dit 'n groot plus punt dat daar net een vloekwoord in die hele fliek was. Geen laster, geen vuil taal, geen dwelms of misbruik van middels nie en geen naak of seksuele tonele. Dit was so goed soos aksie kon wees. Dan praat ons nie eers van die skerp humor van die sluipmoordenaars wat Mnr. Wick omkant vang en hom eers bedank vir hulle voorreg om teen hom te kan veg, oomblikke voor hulle wegval met die eerste houe.

In geheel was John Wick net weer 'n goeie voorbeeld van elke aksie en 'n reaksie. Elke besluit het gevolge. En dit is iets wat ons in hedendaagse lewe miskyk. Die aand het so tot einde gekom waar ons in 'n koel windjie uitstap en vir mekaar kon sê, wat 'n goeie aand.

Die lewe is kosbaar. Elke persoon se inspirasie rus op unieke plekke. Dit is net belangrik om dit te identifiseer en te erken. Want as jy nie doen nie, kan die gevolge van so aksie dalk lei tot jy wat aanhou hardloop van een punt na die ander, opsoek na 'n ruskans maar die lewe wag om elke hoek en draai vir jou.


Vind jou droom, jaag dit en leef.


Vrede Vir Altyd!


FC Nortje


Ander werk deur die skrywer:
THE BOOK ANDY
https://www.thebookandy.com/
#nasieinspirasie




Sleepvoet Dromer #vatvlam

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde