Slaan oor na hoofinhoud

Lee Scott - VRY


Ons sluit September af met ons Hiatus Tema en het met LEE SCOTT gesels oor sy nuwe liedjie VRY, wat onlangs bekendgestel is. Hy deel oor sy daaglikse uitdagings en hoe belangrik dit is vir hom om gereeld te STOP EN ASEM TE HAAL #HIATUS. LEE, baie dankie dat jy jou hart met ons gedeel het. Jy inspireer! #nasieinspirasie



1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself?
Ek is 'n sanger, liedjieskrywer en TV aanbieder wat nou my 14de jaar in die musiekbedryf vier. My professionele sangloopbaan het begin in 2006 toe ek deel was van 'n 'boyband' met die naam van HI-5. In daardie 2 jaar het ek onsettend baie geleer. Ek het dit gesien as 'n geleentheid om soveel moontlik in te neem en leer. Ek het in 2010 my eerste album vrygestel - “Die Enigste Manier” wat genomineer was vir 'n Huisgenoot Tempo asook 'n SAMA toekenning vir Beste Manlike Pop Album. In 2012 het ek my tweede album vrygestel - “Vir Ewig”. Ek het verhoë gedeel met van ons land se grootste kunstenaars nl. Kurt Darren, Steve Hofmyer, Leah, Willem Botha, Bobby van Jaarsveld, Jamali, Zahara en nog vele meer. Ek het ook saam met Jennifer Rush getoer toe sy in SA kom toer het.


2. Vertel ons van jou nuwe liedjie, VRY wat onlangs bekendgestel is en waaroor gaan dit?
VRY het ek eintlik aan myself 
geskryf en dit wat my terughou as mens. Ek sukkel nog altyd met angs. My angs het omgesit in depressie en dit het my teruggehou om 'n goeie, volmaakte lewe te leef, maar so oor die jare het ek geleer hoe om my angs te beheer. Ek stop en haal net asem. Dis vir my verskriklik belangrik om elke dag die mooi en eenvoud in te neem. Die lewe is altyd 'n gejaag en dit veroorsaak dat ons soms die fyner dinge in die lewe miskyk. Die lied is geskryf om mense te inspireer om beter te kan leef; geestelik, fisies en emosioneel; om dit wat hulle terughou te laat gaan. Ek het VRY saam met Hugo Ludik van Muso Productions geskryf en hulle het presies geweet wat ek soek en wat ek wil doen. Ek wou nie 'n hartseer lied skryf nie. Eerder iets wat mense laat goed voel en hulle inspireer.


3. Wie/Wat inspireer jou om positief te bly wanneer alles om jou dalk negatief is?
Daar is verskeie oomblikke wat my inspireer om positief te bly. Nou met Lente wat in volle swang is, inspireer die groei van nuwe blare en blomme my. As ek sien hoe my suster se twee seuntjies uit volle bors lag en hoe my ouers vir Keagan en Kyle net bederf met liefde. As ek ek hoor en lees hoe my musiek ander mense inspireer. As ek in die oggende opstaan en besef ek het nog 'n dag om beter te kan leef en beter te wees - DIT ALS INSPIREER MY AS MENS EN SANGER.


4. Watter boodskap wil jy graag deur jou musiek en jou elke-dag lewe aan ander om jou kommunikeer?
Dis so 'n 
cliché om te sê ek wil mense inspireer met my musiek, maar die feit is ek wil mense laat goed voel. Ons lewe elke dag, maar gaan net een keer dood so maak elke sekond van elke dag tel. Maak elke oomblik die moeite werd. Om vas te kyk in die negatiewe elke dag gaan ons onderkry. Daarom skryf en sing ek musiek wat mense wil laat droom en inspireer om net beter te wees. Ek myself is 'n groot dromer en is verlief op die idee dat alle drome waar word.


5. Wie is jou “kannie-dood ondersteuners” wie van die begin af jou aanmoedig, pad saam jou stap en wie jy weet altyd jou rug het?
Nog 'n cliché, maar my Ma en Pa asook die res van my familie. Sonder hulle was ek nie nou hier nie; kon ek nie nou doen wat ek voor lief het nie. So 'n "big shout out" aan my ouers, Pat en Helena, my Tannie Hanneli en haar kids Quinn, Jayden en Carmen, dan natuurlik ook my Ouma, Ouma Lena.


Dan natuurlik is daar mense wat ALTYD my ondersteun op sosiale media en by my shows - Wilna Rossouw is onder andere een van daardie mense. Dankie Wilna!


6. Ons tema op die oomblik is HIATUS, om asem te skep, te ‘pause’, te reflekteer/evalueer of om sommer net te rus. Hoe belangrik is dit vir jou?
Dis die belangrikste ding van die dag. Ons lewe in 'n land waar als so 'n gejaag is dat ons die kleiner dinge in die lewe miskyk. So vir my om 'n naweek weg te gaan of net 'n aand te kuier saam my vriende of om net met my honde te gaan stap is die “asem skep” oomblikke. Ek sal mal gaan as ek nie net stop en asem haal nie.


6. Watter suid afrikaanse musiek luister jy graag?
In geen spesifieke orde nie -
1. Leah
2. Die Heuwels Fantasies
3. Zahara
4. Willem Botha
5. Black Coffee


7. Wat sou jy sê vir ‘n sleepvoet-dromer wat hopeloos is oor sy toekoms en sy drome?
Staan op en begin werk. Niks in die lewe gebeur oornag of net maklik nie. As jou drome te maklik realiseer dan droom jy nie groot genoeg nie. Gebruik elke geleentheid wat jy kan om jouself te bemark.


8. Enige ander dinge waarmee jy besig is?
Behalwe vir musiek en TV aanbieding is ek ook 3 dae 'n week 'n sangafrigter. Ek gee sanglesse vir 'n groot verskeidenheid ouderdomsgroepe. My jongste student is 4 jaar oud en my oudste 34. Ek moet sê, ek leer soms meer by hulle as wat hulle by my leer. Ek is ook dan besig om te werk aan nog musiek wat ek in 2020 wil vrystel.


9. Hoe kan mense jou ‘book’ vir optredes of jou doen en late volg?
Vir enige optredes en navrae kan mense gerus CO Productions kontak by info@coproductions.co.za of (012) 7513601 of besoek www.coproductions.co.za
Julle kan my ook volg op Twitter/Facebook/Instagram onder - @LeeScottMusic

10. ‘n Quote, gedagte, woord of gesegde wat jou op die oomblik aanspoor?

“In the book of life, the answers aren’t in the back” - Charlie Brown

NASIEINSPIRASIE
sleepvoet dromer #vatvlam

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde