Slaan oor na hoofinhoud

'KliM uiT JoU BokS'

Hierdie week het ek twee interessante dames ontmoet! Elaine en Ronel : ) Jy sal hulle ook te siene kry elke drie maande wanneer hulle die .... mmmm wat kan ek dit noem.... die 'verskietende sirkel' ... Ja, wanneer hulle die VerSKieTendE SirkeL verf by Hillcrest se inkopie-sentrum naby my werk in Brooklyn! Ek het hulle gesien verf, so in die hitte van die dag, en toe besluit om te stop en 'n 'stukkie te pluk'. Mens sien dit ook nie meer elke dag nie ...(kunstenaars wat in die publiek verf) aangesien 'billboards' en die fyner tegnologie die kwas verpak en geboks het.... Daar is maar nou net 'n atmosfeer aan kunstige HaNDeWeRk en om dit direk te SiEn en te ERvaAr... Ek en Elaine het toe so bietjie gesels en hier het jy een van die min mense wat regtig HOU waarvan hulle doen! Die droom het nou 'n werklikheid geword! Wat 'n voorreg! Sommige van ons loop nog met die DrOoM rond hier binne ons .... eintlik loop ons ongehoorsaam rond.
"Without Vision, People Perish" ....
Maak seker jy het 'n ViSiE, bekyk mooi al die talente en gawes en geleenthede wat jy ontvang het en 'LET NOTHING GO TO WASTE!' Die droom lê tog in jou hart vir 'n REde... en jy lewe wraggies net EeN kEer!






                                                      Ronel        
Elaine               

Dankie aan die twee dames wat my hart en my dag opgehelder het en my BeSlis GeInspiReer het om aan my VISIE te bou en dit DaGLig te Gee.

Elaine is 'n 'SpeCiaL effeCTs' kunstenaar - Gaan kyk gerus op haar webtuiste vir meer inligting:
www.effects.co.za of kontak haar by 082 398 2632
Ronel het die pragtigste werke te siene op haar webtuiste www.ronelkellerman.co.za

Nasie Inspirasie Groete x X x

Riska

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde