Slaan oor na hoofinhoud

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie


#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van
"Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur 
Simoné Nortmann en Francois Jacobs - Foto)

Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls.


Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films.

"Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van vryheid is, maar intussen het Sampie de Klerk (Francois Jacobs) haar oortuigings op alle vlakke kom uitdaag.


Vir die Voëls speel in die laat 1970’s af en volgens Henriëtte Loubser (Huisgenoot se redakteur) gaan dit “die nostalgiese hartsnare roer”. Sy sê: “Dis ’n fliek oor ’n sterk vrou wat haar tyd vooruit was en ’n man met so ’n sterk identiteit dat hy ’n vrou kan respekteer en vir haar liefde veg. Dis ’n storie oor die stryd teen jouself en hoe om te keer dat eksterne omstandighede en emosionele bagasie jou kans op geluk verongeluk. Dit alles is temas waarby baie mense aanklank sal vind.”

-Huisgenoot/Starburst Promotions

NasieInspirasie, Riska du Plessis, het die Premiere bygewoon. 

Hier volg ons onderhoud en inspirasie:

Voor die Premiere datum aangebreek het, het ek baie uitgesien daarna om met die mense te gesels wie se ware storie lewe gegee is. Ons ALMAL het 'n storie om te deel, maar nie almal kry altyd die geleentheid om dit aan so groot gehoor oor te dra nie...Dit maak dit baie spesiaal.

Dit was opmerklik dat die De Klerk's ook hierdie waarheid besef, hulself verlekker in die opwinding wat hulle aangebied is en ook met harte vol hoop voor my gestaan en gesels het. Hoop dat hulle storie, mense wat dit gaan kyk, sal optel, inspireer en 'n positiewe verskil sal maak, maar ook net dat mense dit sal geniet!

Hulle storie is een wat dae lank aan jou hart kou. Daar is 'n versoenings boodskap diep geryg daarin en het die krag om enige gewonde hart nader aan genesing te bring -sou daardie hart dit toelaat.

Wat inspireer julle wat verhoudings aanbetref? 
vra ek toe hulle daar, mooi aangetrek en glimlaggend, voor my staan...



"Die uniekheid van die mens. In verhoudings is mense kosbaar, maar ook kwesbaar en ons moet baie mooi met mekaar werk. Die ander belangrike ding is dat ons individue moet bly. Jy is 'n span, maar verander nie in mekaar in nie. Ons moet die uniekheid van elkeen 'celebrate'. Omdat jy 'n span is moet jy ook vir die span speel. Ons twee is die belangrikste vir mekaar."

Die film is deurtrek met humor, hartseer, en daardie ongewone kinkels en draaie wat 'n lewenspad met mens stap. Dit is beslis vir my 'n besonderse film/storie en glo dit gaan nog vir generasies gevier word.

As Vrydag te swart is vir jou #blackfriday, is Saterdag se wit, Maandag se blou of enige kleur dag daarna, die moeite werd om hierdie film te gaan kyk.
Baie Dankie aan Starburst Promotions.
In teaters vanaf 25 November 2016
Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=o5uGD5mfsBM
Riska Du Plessis
#nasieinspirasie

Riska Du Plessis en mede-#nasie skrywer, Melissa Viljoen.





Gaste by die Premiere















































Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde