Slaan oor na hoofinhoud

''Shooting the Bride''

Saterdag die 28ste Januarie, het ek Nelmarie du Preez se 'Shooting the Bride' uitstalling bygewoon.
Die uitstalling is nog oop vir besigtiging tot en met die 10de Februarie by Unisa Gallery.
(Daar is ook ander kunstenaars se werke te siene, so get going!)

Haar werke is eenvoudig en tradisioneel, wat sekerlik die idee was, maar met 'n gedagtegang wat impakvol en uitdagend is. 

Myn insiens oor haar werke was dat mens soms dinge aanpas, so drasties, dat jy jouself in die proses verloor, die WAARHEID oor jouself, net om ''INTEPAS''. As jy regtig lief is vir iemand, sal jy eerlik wees met hom/haar en as jy lief is vir jouself, sou jy nie jouself verkwansel of probeer verander, wegsteek nie...'come as you are'... en ook dat ons so vasgerank is aan ons tradisies in plaas daarvan dat ons liefdesverhouding met God die Vader ons lei ...as kinders van God is ons die takkies wat uit Hom voortspruit en ons vind ons wortels in Hom...nie in ons kultuur en tradisies nie. Mark 7:9 And he continued, 'You have a fine way of setting aside the commands of God in order to observe your own traditions'.

Jesus is die WEG, die WAARHEID en die LEWE...'Rather clothe yourselves with the Lord Jesus Christ ...
and do not think about how to gratify the desires of the sinful nature.' Romans 13:14

Tussen haar werke, middelpunt, staan daar 'n bruid, van agter af,  dan as jy haar van voor sien, staan sy kaal en eintlik in haar 'humiliated state'... You say 'I am rich, I have acquired wealth and do not need a thing'
But you do not realize that you are wretched, pitiful, poor, blind and naked. Rev.3:17

COME AS YOU ARE... 

Matthew 11:28-30 Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest.
Take my yoke upon you and learn from me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for
your souls. For my yoke is easy and my burden is light.

Nelmarie se werke is wonderlik indrukwekked! Gaan kyk gerus op haar webtuiste 
www.nellapatella.co.za, om haar ander werke/video'tjies te sien!

Hier is fototjies van die uitstalling in die volgorde wat hulle verskyn het, 'they speak for themselves'...van waar sy skeer van duik tot dimpel in die bad, sukkel om toilet toe te gaan in haar wit gewaad en haar 'hoenderborsies' skelmpies verwyder sodat haar nuwe man nie sien dis eintlik so klein soos wat dit is nie...en dan ten laaste verskyn sy in haar werklikheid. Ek hoop julle geniet dit!










Kom kuier weer, wanneer ek die eerste 'Waterdig Beginsel' met julle deel!

Tot later dan!

Riska






Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde