Slaan oor na hoofinhoud

Paw-Paw vir my Darling - Die Premiere & Resensie : geskryf deur Melissa Viljoen






















WAARSKUWING: taalgebruik in die film kan dalk sensitiewe kykers ontstel.


Ek en my man het die heerlike voorreg gehad om NasieInspirasie te verteenwoordig vir ‘n fliek “premiere”. Een van die lekkertes van die aand was om ‘n plaaslike Afrikaanse fliek te kyk gebasseer op ‘n plaaslike Afrikaanse boek deur Jeanne Goosen. 


Die ander groot lekkerte was om van die room van Suid-Afrika se akteurs en aktrises in lewende lywe te sien. Sommiges hou ons al dop van ons kinderdae af en ander geniet ons in meer nuwe flieks en reekse.


Voor die fliek, terwyl almal opgewonde wag om die rooi tapyt te bestyg, het ek die geleentheid gebruik en vinnige geselsies aangeknoop met almal wat naby my gestaan het. Aan elkeen het ek gevra “Wat inspireer jou”. Eerste het ek Marga van Rooy (vir my sal sy altyd eerste Worsie se ma wees) ontmoet. Sy het gesê dat menswees haar inspireer, “flieks hou ‘n spieël vir ons op”. Sy skerts hoe die fliek gaan oor die mense wat val vir leë beloftes en dat dit ‘n “skit” is van Suid -Afrikaners in die vroeë 2000s. Daar is ook ‘n ander fliek wat haar onlangs geinspireer het, genaamd Abraham van Jans Rautenbach. Ek het gaan ondersoek en gekry dat die fliek in Oktober vrygestel is. Koos Roets behartig hier die “cinematography”. Sal moet planmaak om te gaan kyk! Marga se metgesel (Louis van Niekerk) aarsel glad nie om te erken dat teater hom altyd sal inspireer. 



Volgende akteur wat ons aspris “raakloop” is Kaz McFadden en sy vriendin Lara. Ek, as kyker, het hom eerste ontmoet op die skerm van 7de Laan en ook baie geniet in Strikdas. Ander onthou hom as die stoute jongman in Villa Rosa. Kaz en Lara het mekaar ontmoet terwyl hulle studeer het, hy as akteur en sy vir regie. Hy dink na oor my vraag en sê dat “mense wat beter werk as ek” hom inspireer. Hy verwys na akteurs soos Deon Lotz en Cobus Rossouw na wie hy opkyk. Hy vertel van die fliek en giggel dat dit baie snaaks is. Laaste het ek die voorreg om met Deon Lotz te gesels. Hy erken ruiterlik dat hy ‘n bietjie van ‘n “workaholic” is, seker omdat hy sy werk so baie geniet lag hy. Hy sê, sonder om twee keer te dink, dat die lewe hom inspireer. Hy vertel hoe hy ‘n fliek waarin hy speel eers die 4de keer werklik net geniet. Die eerste keer kyk hy intens na sy eie toneelspel, 2de keer na sy medespelers se toneelspel, 3de keer luister hy na die musiek en die 4de keer sit hy agteroor en geniet die fliek. Ongelukkig het ek nie tyd gehad om met àl die groot name soos Brumilda van Rensburg, Willie Esterhuizen en Jana Nortier (wie se karakter een van my gusnstelinge was) te praat nie. 




Vervaardiger André
 Scholtz roep almal bymekaar net voor die fliek begin en verduidelik hoe fliekmaak soos huisbou is. Hy skerts hoopvol dat almal oor 40 jaar Afrikaanse flieks gaan kyk. Dan roep hy elkeen van die akteurs op en sê ook dankie aan elkeen van die ander “bouers”. Regisseur Koos vertel hoe hy die boek ontdek het deur Katinka. Hulle klink ‘n glasie op hulle sukses.


As jy nie reeds die boek gelees het nie is die eerste ding wat jou trek na die fliek die ongewone naam. Jy wonder dadelik hoe pas die paw paw in die storie in en wie is die darling. En jy word aan ‘n lyntjie gehou tot net voor die einde. Die lewe in Frik Du Preez straat, Damnville is ‘n hondelewe, met ‘n baie interessante “narrator” met die stem van Tobie Cronje. Familie en vriende en bure gee “moeilikheid met die bure” ‘n nuwe betekenis. Dit wys hoe die lewe met jou gebeur terwyl jy ander planne maak en hoe jou lewens keuses jou lewe kan laat anders uitdraai as wat jy beplan het. Dis ‘n kombinasie van al die kleure van ons reënboog soos hulle lewens voor jou afspeel. Dit herinner my dat as die lewe swaartrek is dit die klein dingetjies wat mens waardeer en aan die gang hou. Die fliek is ‘n satiere van hoe die lewe in die vroë 2000s verander het. Al die goeie akteurs se “supporting rolls” veroorsaak ‘n baie kleurvolle prentjie waarna jy heeltyd wil kyk om niks te mis nie. Dit wys hoe ouers soms self aankarring en self sukkel, maar kinders kom eis steeds elkeen sy pond vleis. Almal sal kan aanklank vind by die bitter-soet dele van die lewe.

Voor die fliek het André
 gesê hy stel die akteurs nou aan ons voor want ons mag hulle dalk nie in die fliek herken nie, en ons kon nie. Ons was vriendelik verras en het lekker gelag vir al die interessante karakters.


Paw paw vertel die storie van swaarkry, leë beloftes, nuwe insigte en vergifnis tussendeur skaterlag en aksie. Dis ‘n diep fliek vermom as ‘n komedie/in komedie klere.
Ek het dit baie geniet en beveel dit graag aan. Die film is vroeg in Januarie in teaters te siene.

Kliek gerus hier om die voorskou te sien:
vir meer nuus en nog fotos, volg hulle op facebook

Aan ouers dalk net ‘n vriendelike woordjie van waarskuwing voor jy jou kroos saamvat. Daar is ‘n paar eg afrikaanse kruwoordjies in die fliek soos wat die mense van damnville maar praat… ;) 


Melissa Viljoen van NasieInspirasie (links)
saam aktrise Hanli Rolfes-Opperman (regs)



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde