Slaan oor na hoofinhoud

Cupocafé Coffee Bar



Cupocafé – Alle Groot Dromers het Klein Begin

#nasieinspirasie




Volgens kenners op google is hierdie ‘n feit: “It takes approximately 70 coffee beans to brew a single cup of coffee.” Soms is Google se informasie so reguit soos die kromdraai bergpas na nêrens, so ek sou nou nie my lewe aan dit hang nie, maar goeie koffie bly lekker – al begin dit met min of baie, solank dit ‘n lekker kuier is en daar genoeg vir almal is!

Drome het ‘n soortgelyke storie. Meeste groot dromers, suksesvolle dromers, is ouens wie hulle drome op die regte plek gekry het (…nie op google nie), maar effens nader aan die hart. Hulle is mense wie klein begin het en nie tou opgegooi het nie. Kyk net na Harley Davidson motorfietse vandag en hoe hulle ontstaan het…’n Groot Droom – begin buite in ‘n baie klein, vuil skuur…

Nog ‘n storie is die klein hoek-staan begin van CupoGo koffie (a cup on the go) soos sommiges hulle sou ken. Hul braaf en klein begin op die hoek van Dr Swanepoel en Airport road – Doornpoort, Pretoria in 2015 se winter asem, is vandag ‘n somer glimlag vir baie mense wie koffie geniet. Hulle het ‘n span bymekaar geskraap en koffie begin verkoop daar tussen 6-8am aan haastige, verbygaande motoriste. Ek het so bietjie met hulle gesels oor hul hart, koffie en dinge wat hulle weer inspireer.


1. Vertel ons asb die storie van hoe julle begin het?
CUPOGO het ontstaan uit 'n boesem vriend se hart, Richard. Richard het net soveel passie vir die lewe en mense soos ons – as nie meer nie! Hy is juis een van hierdie motoriste wat in die verkeer sit - (net in Johannesburg en nie in Doornpoort nie - nog erger.) Hy vertel ons toe hoe lekker dit nie sou wees om sy 'môre koppie' langs die pad te kon koop nie - aangesien hy altyd te laat uit die huis kom, en dus nie tyd het om vir homself 'n koppie te kan maak nie!
Die vlam het toe gespark by ons en saam het die 4 van ons (Theo en vrou Melissa, Richard en sy vrou Nikki) begin gesels oor hoe mens dan hierdie plan ‘n realiteit kon maak. Ses maande later het ek, Melissa, en Theo, my man, begin - die CUPOGO span het op 1 Junie 2015 om 06:00 vir die eerste keer op die pad gestap. Die vroë koue oggende het al reeds om 04:00 begin wanneer Theo se kleinboet Nieuwoudt Le Roux (staatmaker van die eeu) die urns aangeskakel het om genoeg warm water gereed te hê vir die Nescafe cappuccino sakkies, die mengsel net reg aangemaak en almal se voorskote gepak gekry.

Elke spanlid het vir elke liewe motoris wat verby gekom het met lewenslus gewaai en op dag een het ons, ons eerste 37 koppies kits koffie in die pad verkoop.

Dit is met dié mylpaal wat ons toe besef watter groot en fantastiese fondasie koffie vir ons neergelê het. Sonder twyfel kon ons sien hoe 'n glimlag, 'n vriendelike waai en 'n koppie koffie (so vroeg in die oggend) 'n massiewe skuif gebring het in die inwoners van Doornpoort se gemoed. Sommige van hierdie mense het hul lewensdruk op hulle gesigte gedra alhoewel hulle hard probeer het om die masker op te hou. Aan die begin, was almal wie nie koffie koop nie, baie skepties oor die spannetjie wat hier in die pad staan en waai - wie is hulle? - hoekom is hulle hier? In week 2 het daar 'n paar hande in die donker vensters begin opgaan om terug te waai. In week 3 het die venters begin afrol en soos wat dit vroër begin lig raak in die oggend is geselsies aangeknoop en het ons gesels-gesels saam geloop soos die motors stadig vorentoe beweeg.

Soos die winter seisoen tot 'n einde gekom het - het 'n transformasie begin.
CUPOGO het in CUPOCAFÉ verander! Die rugsak wat ons op die pad gebruik het, het verander in 'n La Scala Espresso masjien en die pad het verander in 'n pragtige industriele Koffie Winkel - CUPOCAFÉ Coffee Bar -CONNECTING OVER COFFEE.

Koffie was die begin van 'n konneksie en ons bedienings platvorm.
CUPOGO het die hart van CUPOCAFÉ onthul in die 3 maande op die pad, terwyl ons vingers en tone gevries het, maar ons harte aan die brand geslaan het!












2. Wat geniet julle die meeste van hierdie werk?
Die mense - ons geniet dit om elke liewe persoon wat deur CUPOCAFE se deur kom te ontmoet en te hoor waar hulle vandaan is, wat hulle tot by ons gebring het, hulle passies, hulle families ens. Ons geniet dit om elkeen bietjie meer te leer ken met elke kuiertjie by CUPOCAFE. Ons geniet dit om dit wat hulle laat 'tick' te ontdek en dit in hulle op te bou - dit gebeur ook nie oornag nie - ons wil graag die pad saam mense stap.


3. Waar is julle geleë en hoe kan mense meer oor julle uitvind en wat julle aanbied?
CUPOCAFÉ se deure is vir die eerste keer oop gemaak op 12 Desember 2015 in die nuutgeboude WINGTIP CROSSING Shopping Centre op die hoek van Dr Swanepoel & Klippan weg. Dieselfde motoriste van langs die pad het ons kom besoek by CUPOCAFÉ en gesê – “Maar ons ken julle mos....julle het langs die pad gestaan en julle arms af gewaai voor sonop!”

'n Jaar later het die geleentheid oor ons pad gekom om CUPOCAFÉ te skuif na KOLONNADE RETAIL PARK waar ons tans huis opsit. CUPOCAFÉ se deure het hier vir die tweede keer in dié sentrum oopgegaan op 1 Oktober 2016 terwyl ons Nationale Koffie dag gevier het!

Soos julle nou al weet wil CUPOCAFÉ graag met hulle kliente (of CUPOFANS, soos ons hulle noem) CONNECT, Facebook, instagram en twitter maak dit vir ons moontlik op soveel verskillende maniere. Ons wil graag hoor van ons CUPOFANS daarbuite - elkeen se opmerking en opinie tel! Stuur gerus vir ons ‘n epos na: cupocafe@nuvolve.co.za

4. Wat is julle Visie vir die toekoms?
Ons wil graag hierdie platvorm vir ander mense met dieselfde passie gun. Ons wil sien hoe mense in gemeenskappe reg oor SA aangeraak word met 'n bietjie omgee - “a CUPOCAFÉ near you”. 

In 'n wêreld waar seer geken word, kos 'n bietjie omgee niks.

CUPOCAFÉ wil besigheids lisensies uitreik en 'n verskil maak in die wêreld om ons.

5. Wat INSPIREER Julle om te doen wat julle doen?
Ons het 'n onbeskryflike passie vir mense, enige mense, jonk of oud. Theo het die gawe om met iemand wat hy vir die eesrte keer ontmoet het te gesels asof hulle mekaar al jare ken. Ons geniet dit om mense te bemoedig, op te tel, die beste in hulle raak te sien en hulle te dryf om meer te doen en groter te droom. Ons glo in mense. Ons word inspireer deur mense wat ons pad gekruis het op een of ander stadium en om te sien hulle leef hulle droom en they have paid it forward.

Net gisteraand, 5 Oktober 2016, het 'n man en sy vrou deur CUPOCAFÉ (Kolonnade retail park langs sportsman’s warehouse) se venster geloer om 19:45 nadat die deure reeds toe was. Ons was nog besig om verskuiwings te doen en het hulle toe ingenooi vir 'n cappuccino. Die man was gaande oor die decor van die winkel en bieg toe dat sy passie eintlik in houtwerke lê. Hy vertel in vervoering van sy menigte handewerk oor die jare en - sou hy die kans gehad het om van beroep te verander - sou hy eerder met sy hande wou werk. Soos ek (Melissa) en Theo is - koop ons onmiddelik in, in sy droom en sê dis nooit te laat nie. Ons bemoedig hom om net te begin. Ons vertel hom dat Facebook en Instagram 'n maklike manier is om almal daarbuite sy werke te kan wys en dat enige iets moontlik is as jy die eerste stap neem!

Toe die cappuccino reg is en hy en sy vrou net by die deur uit is, draai hy om en sê "we were destined to be here tonight - I needed to hear that I should just start" Dis iets soos hierdie gebeurtenis, wat ons dryf om te CONNECT OVER COFFEE.

6. Enige geleenthede waarna lesers/koffieDrinkers/besoekers kan uitsien?

Daar is so baie wat by CUPOCAFÉ gebeur: baba en kombuis tees en ander funksies.
Kontak ons gerus vir meer info!

Die “grand opening” is natuurlik die hele naweek van 28 - 30 Oktober wanneer ons 25% af vir die hele naweek bied op elke item beskikbaar op die menu - while stocks last.

Ons gaan ook 'n buitelug “coffee tasting & expo” doen waartydens kliente 4 verskillende koffie bone kan proe en ook kan leer om hul eie cappuccino met die La Scala espresso masjien te maak - nes die gesoute baristas agter die CUPOCAFÉ toonbank!

En 'n sjokolatier van KAAPSTAD bied SONDAG die 30ste Oktober 11:00 - 13:00 'n handcrafted chocolate tasting aan met al die reekse wat COCOAFAIR aanbied.
Hierdie reeks bied sjokolade van 38 - 71% sjokolade met verskillende geure wat mekaar komplimenteer. Die wit sjokolade is 'n hartedief met almal wat dit proe.

Ons bied ook 'n GIANT CUP kompetisie aan (begin 21 Okt - 4 Nov) waar kliente kan raai hoeveel koppies in die enorme Illy beker kan inpas. Die prys vir die wenner met die naaste skatting is 'n KOFFIE HAMPER (wat 'n Illy mug met plunger en 250g Illy koffie insluit, asook R1000 CUPOCAFE spending voucher/1x The Coffee magazine, en 'n CocoaFair hand crafted bean-to-bar chocolate hamper en 1 t-hemp.)


2de plek (R500 CUPOCAFE spending voucher, 1kg CUPOCAFE bone van u keuse,1x The Coffee magazine, en 'n CocoaFair hand crafted bean-to-bar chocolate hamper en 1 t-hemp.)

Alle inskrywings vir die kompetisie word aanlyn gedoen by www.cupocafe.co.za
Die GIANT CUP is by CUPOCAFE te sien om 'n meer akkurate skatting te kan maak.

















#nasieinspirasie







Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde