Slaan oor na hoofinhoud

Lizandra Winter



Nasieinspirasie het die bekendstelling van Lizandra Winter se debuut album bygewoon. Melissa het vonke volheid van Lizandra in paragrawe probeer vasvang, haar liedjies en die tydlose stories daaragter.


Die eerste keer wat ek Lizandra Winter gesien het was by 'n Joshua na die Reën vertoning by dieselfde teater, die Encore Teater, met 'n Woestyn-tee boekbekendstelling deur Manna Tydskrif. Sy het my daardie dag al oopmond verstom gelaat met haar talent. Toe sy by 
STELLA se album bekendstelling my nooi na haar bekendstelling toe, kon ek nie wag om te gaan nie! Marouise, 'n vriendin van Lizandra, verwelkom almal baie vriendelik. Sy het haar baie goed van haar taak gekwyt as MC en stel Joshua na die Reën bekend deur te sê "die land se 'cherry on top' open die konsert..."

Tussendeur sy gevoelvolle liedjies, wat nou al genotvolle ou bekendes vir my is, vertel hy hoe hy en Lizandra ontmoet het. Hy beskryf dit as 'n lukraak gebeurtenis, toe hulle by TUT saam Jazz geswot het. Hulle het "common ground" gevind toe hy hoor 'n meisie luister Jason Upton in haar kar. Volgens Jacques, van Joshua na die Reën, het hy geweet dat hulle 'n pad saam gaan stap, iets het daardie dag in sy hart geval... Lizandra stap op die vol en intieme verhoog en almal in die teater word tjoepstil. Dan begin sy sing en blaas ons almal weg met haar treffende stem!

Sy deel die verhoog met ander kunstenaars; 2 klaviere, dromme, 2 kitare, bass, viool, tjello ...drie sing backing vocals. Dis 'n formidabele, talentvolle nege-stuk orkes, wat haar ondersteun.

Sy sing tot diep in jou siel met haar klokhelder stem

...die eerste lied, Geraas. Sy vertel Winter is nie haar van nie. Sy is lief vir Winter. Dit laat mens dink aan die ongemaklike tye van die lewe. Almal kies Lente of Somer as gunstelinge. Sy gee die rede vir haar liefde vir Winter:
'n Bybel versie..."What you sow does not come to life unless it dies." 1 Corinth. 15:36
As die saad nie sterf nie... en sing dan "Winter Kom"

Sy sing 'n liedjie, opgedra aan Adriana, 'n vriendin, die lied se naam is Fluister. Lizandra het haar in moeilike tye bemoedig met liedjiies. Fluister is die liedjie wat ook die loket-rekords gebreek het en wat in die film "Vir Altyd" gespeel het. Die storie agter die liedjie, "Die Begin", treeek aan my hartsnare, want sy vertel hoe sy haar dogtertjie bad en dink oor alles wat môre moet gebeur. Sy voel sy mis die oomblik en dink, "ek wil nie leef vir eendag, ek wil leef vir nou, ek wil die oomblik vasgevang hou". Hierdie lirieke en boodskap weergalm deur my hart.

Die woorde "Ons is so bang om stil te wees" het my ook laat dink...

Dan bederf die orkes en Lizandra ons met 'n kort-kennis, in-die-oomblik-liedjie, propvol harmonieë, geinspireer deur die serrie meisies wat sy afrig. Die volgende liedjie is ongelukkig nie op die cd nie. Sy vertel van Bruce Springsteen se "Dancing in the Dark" waarop sy altyd net "jive" en nie altyd woorde luister nie. Die woorde vertel van die maskers wat ons dra. Sy vertel wat dit vir haar beteken...

"Jy kan nie vuur aansteek as jy in die spieël kyk en als wil verander van jouself nie" Die woorde in die liedjie "Can't start a fire without a spark", pas ook so mooi by Nasieinspirasie se motto, " 'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand."

Sy maak die lied haar eie met 'n gevoelvolle, stadige Jazz weergawe. Lizandra is (in haar eie woorde) "erg oor diskriminasie", veral rassisme, en wou 'n liedjie daaroor skryf. Sy vertel grapperig dat Jacques van Joshua na die Reën, haar gehelp skaaf het aan die woorde sodat die liedjie nie sal 'offend' nie, maar dat haar passie oor die saak duidelik sal wees. Die liedjie se naam is Kleurblind.
Nog een van haar vriendinne het aan die begin van haar roete in die industrie (waar mense jou hart soms kan misverstaan) vir haar gesê "Ek sal altyd my oog op jou hou, jou sien vir wie jy is." Die liedjie se naam is, "Jy sien my".


Sy sing, die een na die ander, krag-belaaide ballades...

Later sing sy 'n liedjie wat sy vir haar dogtertjie geskryf het toe hulle haar verwag het, die pragtige "Liefde vir 'n kind..."
Lizandra het die liedjie van Christa Steyn "Ek wil vir Jou" verwerk saam Jacques. Puik weergawe! Sy vertel van 'n 3-jaar-pad saam Joshua na die Reën, waar Jacques so selfloos gereeld vir haar vra, "Wanneer is dit jou beurt?" Sy voel hy het 'n "Nuwe Wave" begin in die industrie wat son oor ander laat skyn met sy onselfsugtigheid en opregtheid. Sy en Jacques speel dan lekker rond met 'n paar liedjies en daag mekaar uit; die Jazz-hoogtes in.

Sy vertel liedjies is soos babatjies, verwerk en vervaardig, bemeester, vrygestel. Die lied, "Bekende Vreemdeling", verduidelik sy, "dit gebeur baie met my dat ek voel ek ken iemand reeds jare, al is dit ons eerste ontmoeting". Die volgende liedjie is 'n "Gesprek tussen my en myself" sê sy, " ons kan nie ander liefhê en nie onsself nie". Dis die "Naakste liedjie op die album", sy naam is...Sielsvryheid. Sy sluit die vertoning af deur almal te bedank, eerste haar man en dan sing sy "Liefde Wen" en "Afrika Grond."

Dis so spesiaal dat baie van haar liedjies deur vriendinne geinspireer is, ander weer haar dogtertjie en dinge waaroor sy passievol is. 


Dinge wat die hart van vol is....
Ek sien baie uit om te sien wat Lizandra in die toekoms gaan doen.

Lizandra Winter FACEBOOK - INSTAGRAM - TWITTER

geskryf deur Melissa Viljoen


Lizandra Winter en Melissa Viljoen


Volg #NasieInspirasie


Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde