Slaan oor na hoofinhoud

Skouer aan die Wiel





‘n Versameling is ʼn groep dinge, elemente, simbole, wat volgens ʼn gekose definisie bymekaar behoort. My slotsom ten opsigte van hierdie definisie is, om die waarde van enige iets te bepaal nodig jy ʼn punt van verwysing. Wat beteken, jy is wat jy is, ten opsigte van iets anders. Nou, om enige iets op te weeg met iets anders is geen aanduiding van waarde nie, maar meer ʼn aanduiding van die verskil in eienskappe. Dit is die verskil in eienskappe wat ons definieer ten opsigte van die verwysingspunt en slegs deur die aanwending van ons eienskappe word ons waarde bepaal. 

Dit beteken alles het waarde ten opsigte van mekaar, maak nie saak tot watter versameling jy behoort nie.

By "Expression Sessions" in George sê ons altyd: ’Everybody wants to be a star, welcome to the galaxy!’ Die filosofie agter hierdie stelling is dat ons almal sterre is en almal ʼn plekkie het in die hemelruim. So ons almal het die kapasiteit om te skyn, want ons almal is gebôre met ietsie spesiaal. Nou hierdie ietsie spesiaal moet ontgin, verwerk en vertroetel word. Hierdie ietsie het toegeweide aandag nodig om tot volle potensiaal te groei. Hierdie ietsie spesiaal verwys gewoonlik na ons talent.

Baie mense het al vir my gesê ek het vele talente. Ek het gesit en bepeins daaroor, toe ek besef, ek het egter net een talent en hierdie een talent bestaan uit ʼn verskeidenheid van vaardighede. Hoekom sê ek so? Wel, die karakter Hundred Eyes, ʼn Shoalin priester in die televisie reeks Marco Polo, het Kung-Fu gedefinieer en my ʼn beter perspektief gegee oor wat talent is. 


Ek het altyd gedink Kung-Fu verwys na die oosterse vegkunste, maar volgens Hundred Eyes beteken Kung-Fu: Dominance through supreme skill of Oorheersing deur onge-ewenaarde vaardigheid. 

Hy wys uit dat ʼn kunstenaar, 'n beeldhouer, ʼn rekenmeester of selfs ʼn ystersmid met buitengewone vernuf en onge-ewenaarde vaardighede, Kung-Fu beoefen, en as ek kyk na wêreld-rugby, sou ek sê die All Blacks beoefen Kung-Fu. Hundred Eyes sê ook : ‘To master Kung-Fu requires practice, preparation and endless repetition. Om Kung-Fu te bemeester benodig oefening, voorbereiding en onophoudelike herhaling. En met dit het ek besef, talent is die produk van vernuf en vaardighede, en die somtotaal van toewyding, want wat jy insit is wat jy uitkry.

Nou as jy buitengewone talent het moet jy besef dit kom met verantwoordelikheid. Verantwoordelikheid moet bestaan uit ʼn kombinasie van informasie, kennis en wysheid. In die moderne wêreld van informasie tegnologie is almal deesdae ʼn genius en te veel mense beskou informasie as kennis en dus waar die pot mis gesit word. Informasie is net wat dit is, Informasie, en niks meer nie. Informasie raak egter net kennis as dit suksesvol kan toegepas word en kennis raak slegs wysheid as dit aangewend word ten bate van almal. Ek sê in een van my liedjies: If you are good at something never do it for free but do it to free your people! En as jy jou Godgegewe talent aanwend om die wêreld ʼn beter plek te maak, is dit die grootste vorm van dankbaarheid wat jy kan betoon aan die Almagtige vir hierdie seëning wat Hy jou gegun het, en dan eers kan jy erkenning verwag vir jou talent.

So laat ons skouer aan die wiel sit, talente ontgin en groei met waardes wat voldoen aan kennis en wysheid, sodat die hemelruim besprinkel word met sterretjies wat skyn, skyn, skyn…


Meer oor Hakkiesdraad Hartman

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde