Slaan oor na hoofinhoud

Faraway George


Faraway George is naby aan die inspirasie hartklop. Sy liedjies is eerlik en eenvoudig mooi met uitstaan lirieke daardeur geryg. Sy musiek laat my baie dink aan 'n "stywe-draadjies-losmaak-gevoel" van die lewe: om minder te doen, om minder te probeer en om net te wees. Wanneer woorde en klanke en beelde te veel word en die eenvoudige waarhede genoeg is.

1. Vertel ons lesers meer van jouself


My naam is Heinrich George Günter, ek het begin optree as Faraway George nadat ek vanuit my geboortedorp Polokwane na Robertson verhuis het in 2011. Ek is 'n liedjieskrywer en musikant en ek woon tans in Pretoria. Ek het 'n EP in 2016 vrygestel met die naam - Vir 'n Vreemdeling. Wat bestaan uit oorspronklike liedjies. Ek trou ook binnekort met die meisie van my drome :)

2. Wat was een van die vreemdste plekke waar kreatiwiteit of inspirasie-golwe in jou ingebots het?

Dit sal baie gebeur voor ek gaan slaap dat ek 'n paar lekker lirieke kry, maar dit gebeur meestal onverwags.

3. Wat is die storie agter die liedjie, 'Nooit te Laat'?
Mens gee so maklik op met iets as dinge begin moeilik raak, Nooit Te Laat gaan oor elke keer wat mens weer kan probeer, elke tweede kans wat mens kry en om nie op te gee nie.

4. Alle groot dromers het klein begin, waar en wanneer het jy begin?

Ek het my eerste vertoning by 'n restaurant in Montagu in 2012 gedoen. Ek het toe net begin as Faraway George en my familie was my eerste ondersteuners. Ek het dit nog altyd geniet om kitaar te speel maar myself by die diepkant ingegooi wat sang betref.

5. Wat het jou al aangeraak of geinspireer by 'n gig, van die gehoor se kant af? 

Dit is 'n groot voorreg om my musiek met die wêreld te deel. Ek is dankbaar vir almal wat luister en saam sing, dit is wonderlik as dit oor meer as die musiek gaan, dat my woorde iemand iets kan laat voel. Iemand het al na 'n show na my toe gekom, nadat hulle baie emosioneel was, die persoon het net vir my kom dankie sê. Ek sal nooit weet wat my woorde vir iemand kan beteken nie, dit is 'n groot voorreg.


6. Nasie se tema vir die maand is om nie na die 'weer' te kyk nie, maar om Groot te Droom en voort te gaan in alle omstandighede. Watse raad het jy vir mense, wat by hierdie gedagtes aansluit?

Ek glo dat elke liewe mens iets unieks kan bied aan mekaar, elke persoon is 'n geskenk. Ek voel dat mense moet gebruik wat hulle het, want wat hulle reeds het is genoeg om mee te werk en daarmee die beste weergawe van jouself te wees.

7. Enige musieknuus, dalk 'n album wat binnekort vrygestel word?
Ek skryf tans aan 'n hele klompie nuwe liedjies. Ek wil nie te veel weggee nie, maar van hulle kan al by my vertonings gehoor word. Ek mik om in volgende jaar dit vry te stel.

8. Behalwe musiek, waaroor is jy nog passievol?
Ek is baie lief vir houtwerk, ek maak meubels of eintlik enige ding met hout, ek kan lekker afskakel en herlaai wanneer ek skeppend besig is.

9. Gunsteling quote, vers, gesegde wat tans baie vir jou beteken?

Leef en laat leef


Hier is die Nooit te laat liedjie van Faraway George , (Youtube video) volg die skakel om daarna te luister: NOOIT TE LAAT - Faraway George
Bly op hoogte en volg hom op sy sosiale media platforms:
FACEBOOK - INSTAGRAM - TWITTER #nasieinspirasie


Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...