Slaan oor na hoofinhoud

Inge INK is Hemels


Inge INK is 'n veelsydige kunstenaar; danser, skrywer, dramaturg en digter. Sy vertolk groot, brandende waarhede deur haar vonkies ink en die eenvoudige tandestokkie, of soos sy dit noem 'toothpickink'





1. Vertel asseblief ons lesers bietjie meer van jouself en hoe 
Inge INK begin het?

Ek woon in Somerset Wes en het hier grootgeword.
Ek het grafiese ontwerp gestudeer in Stellenbosch en by ‘n Advertensie agentskap begin werk, maar ek het nie daarvan gehou nie en toe, met die Here se genade en gebed, het ek my eie besigheid begin -“Fashion Décor and Styling”. So ek het vir shopping malls regoor Kaapstad, Somerset Wes…al die groot shopping malls, se fashion en décor goed hanteer. Dit was wonderlik, ‘n werk wat die Here vir my geskep het deur ‘n vriendin, Jana Kuipers. Ek het verskriklik baie geleer. Ons het baie min op ons rekenaars gewerk. Dit was awesome, want dit was iets wat die Here vir my gegee het en iets wat perfek by my persoonlikheid gepas het. Ek het baie lekker gewerk en ek kon my grafiese agtergrond asook my kunstigheid uitleef. Met die koms van my kindertjies is ek saam met hulle by die huis en het ek nie meer geverf of styling werk gedoen nie, maar God is ‘n kreatiewe Vader en Hy lewe. Ek het toe begin skryf, bloot omdat dit makliker is om te doen in my omgewing saam met my kindertjies. 
Om te skryf was iets nuut vir my.


My seuntjie is hierdie jaar skooltoe so ek het toe hemel ink begin op Instagram waar ek baie van my skryfwerk, sketse en woord publiseer met die idee om ander mense te inspireer en waarhede wat ek geleer het, of foute wat ek gemaak het, te kan deel met ander en hoop te bring. Ek het ook presies ‘n jaar terug besluit om voltyds te skilder. Ek is nie by ‘n gallery of so nie ek verkoop al my werke aanlyn deur my sosiale media platforms. So dit is baie lekker, want ek werk van die huis af en ek doen ook die ‘’toothpick – ink’’ tekeninge wat in die proses is om ‘n geregistreerde trademark te word.

Ek het meer realistiese diere begin skilder waarvan die mense baie hou, maar ek is veral lief vir die kontemporere kunswerke wat sterk boodskappe saam met hulle dra. Ek hou baie daarvan dat die kuns verder gaan en ‘n boodskap het.
My digitale kuns is ‘’toothpick ink’’ wat ek verf en dan verder verwerk op my rekenaar. Ek hou van verf en teken, maar digitaal was so maklik om kreatief te kan wees terwyl ek nog klein kindertjies in die huis het. Dit is wat ook vir my so wonderlik is van die Here, wanneer ons Hom eerste stel, gaan Hy altyd vir ons oplossings en maniere gee sodat ek nou nie voel ‘ek moes alles prysgee om kinders groot te maak nie’. Om by my kinders te wees is vir my ‘n groot seën. 





2. Wat inspireer jou?

Hoofsaaklik kom my inspirasie van die (woord) bybel en boodskappe wat ek in my geestelike huis (kerk, ASHPAH) ontdek. Soveel van dit kom ook uit my eie omstandighede en dinge wat ek moes verwerk en oorwin het. Leuns wat moes uit soos wat ek waarhede ingekry het. Dit vorm deel van my hart. Daar is nooit ‘n ‘’quick-fix’’ nie. Daar is daagliks onkruid wat uitgetrek moet word wat saam met die postiewe saad wil opspring.

3. Hoe het jy jou kreatiwiteit ontdek as kind?

Ons woon nou in dieselfde huis waarin ek gewoon het toe ek grootgeword het. So, my kinders teken op dieselfde mure waar ek eens geteken het. My ma sê ek het ALTYD geteken…mannetjies, landskappe…ek was net altyd besig om te teken.



4. Watter boodskap sou jy hoofsaaklik deur jou werk met mense wil deel?

Ek dink ons moet besef Jesus was ‘n voorbeeld vir ons, deur Sy woord en deur ons wil Hy groot wees. Ons moet Sy mede-werker raak. Jy het talente gekry, party mense het materiële bates ander het hoë intelligensie en die Here wil hê jy moet dit gebruik om groot te wees vir Hom. Ek het lank terug hierdie slogan in my hart gehoor wat ek glo Hy vir my gegee het:
“Don’t follow your dreams, lead them.” 
Dit is werk om daardie droom waar te maak. 





5. Watter raad het jy aan Sleepvoet-dromers? Dromers wat nie hulle talente gebruik nie, want hulle voel dalk dis nie genoeg nie?

Ons het soms baie vooropgestelde idees van onself. Miskien het iemand, soos ‘n onderwyser, die verkeerde idee van wie of wat jy is aan jou gekommunikeer. Of iemand wat jou seergemaak het en dan het daardie leun ‘n saadjie gevorm. Elke persoon het ‘n gawe, soos ‘n ‘hidden treasure’ in hulle hart. Die Here wil hê ons moet Sy mede-werker wees en wil daardie gawe na vore bring. Ek glo dat as jy ‘n verhouding met die Here gaan bou en in die salwing van ‘n geestelike huis is gaan jy begin blom, want jou fokus gaan verander, ...waar dit eers net was op wêreldse dinge en wêreldse probleme.
Jy gaan sien dat jy in die beeld van God geskape is en besef dat jy deel kan wees van God se storie. Ek probeer elke dag iets kreatiefs doen. Dit hou ‘n mens fiks en jy gee vir die Here die geleentheid om deur jou te werk, want jy is besig om aksie te neem en sit die wiel aan die rol. Ek het nooit gedink ek gaan skryf of gedink ek is ‘n skrywer nie. Ek geniet dit en dis lekker om die woord so te kan uitdra. Ek dink daar is kinders daarbuite wat die eers weet wat alles binne in hulle is nie. Laat dit uitkom, moenie laat vrees jou terughou nie.
Begin klein. Laat die Here jou lei.



DANS VRY:

Dans met Christus, elke dag, word fiks en soepel en sterk in die gees, dan word jou hart vry en 'n hemelse realm vir Hom om in te bly. Donker Vrees het geen plek in 'n Hart vol van Lig.
Ps 118:6 * die Here is vir my, ek sal nie vrees nie: wat kan mens aan my doen?
Ps 145:19-20 * Hy vervul die wens van die wat Hom vrees en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle. Hy bewaar almal wat Hom lief het ( soek Hom eerste! Moenie wag totdat vrese jou baas is nie!
"Geliefde Dans, jy het nog 'n Kans"
Kunswerk: @inge__ink •
#hemelink #ingeink #toothpickink



6. Waaroor is jy nog passievol?

Ek en my man was jeugleiers voor ons met ons eie gesin begin het, so ek het ‘n passie vir jongmense. Hulle het soveel krag binne hulle om ‘n verskil te maak, al is hulle nog jonk en op skool en hoe die "power van purity’’ dinge kan verander. Mense weet dit nie noodwendig nie, maar almal wil ‘pure’ wees. Vry van alkohol, sigaret- of dwelmverslawing. As daar ‘n groepie jongmense opstaan en sê ons wil ‘pure’ wees gaan daar ‘n krag los wat ander ook motiveer. Al is hulle ‘n klein groepie gaan dit die nuwe ‘cool’ raak. Kinders wat gesond is in gees, siel en liggaam, want Christus is hulle eerste liefde… Die selfmoord onder die skole nou is skokkend, dis amper soos rooi ligte dat ouers ook veranderings gaan wil maak. Ek is passievol dat mense se harte gesond moet word. Dat leuns uitkom en dat die waarheid moet inkom. 



7. Hoe kan mense jou kontak?

Hulle kan vir my ‘n epos stuur na hello@ingeink.com en ek het ‘n website ook www.ingeink.com.
Ek werk aan ‘n idee vir ‘n uitstalling vir volgende jaar. Die tema is: 
"Book your Wild Art Safari’’, maar ek sal meer daarvan nader aan die tyd op my webtuiste plaas.

8. Inspirerende Quote of Vers wat tans iets vir jou beteken?

‘’Moenie Liefde verloor nie, gee liefde weg.’’ -




LIEFDE:

Moenie LIEFDE verloor nie
Gee LIEFDE weg ️ 


God is Liefde en as jy ALS doen daagliks om Hom jou eerste Liefde te maak, kan jy nooit Liefde verloor nie en dan wil jy liefde uitgee.....jy sal dit nie binne jou kan hou nie! Dit sal in Sy koninkryk altyd vrug dra en nooit verlore wees. 
(liefde is 'n werkwoord, en jy offer jouself vir God en Sy familie )


Omstandighede, seer in menseharte wil jou laat moed verloor en jou ware Liefde kom steel, maar God het gekom om vir jou liefde ( Christus in Sy Woord ) in oorvloed te gee.
Soek Sy liefde eerste





Om Inge INK te volg op haar sosiale media platforms,
volg die skakels:




Volg #NasieInspirasie



Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde