Slaan oor na hoofinhoud

Golden Globe-toekennings



Dis amptelik - MOLLY’S GAME en I, TONYA het albei verskeie benoemings ontvang vir die 2018 Golden Globe-toekennings, wat op 7 Januarie 2018 uitgesaai word.


MOLLY’S GAME is benoem vir Beste Draaiboek (Aaron Sorkin) en Beste Aktrise in ’n Drama (Jessica Chastain), terwyl I, TONYA weer nominasies vir Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Speelfilm (Allison Janney), Beste Aktrise in ’n Musiekblyspel of Komedie (Margot Robbie) en Beste Fliek (Musiekblyspel of Komedie) ingepalm het.
Albei rolprente spog ook reeds met ’n lang lys benoemings en toekennings van ander Rolprentfeeste, regoor die wêreld, soos:


MOLLY’S GAME is ’n aangrypende, spanningsdrama oor die lewe van Olimpiese skiër en ondergrondse dobbelkoningin, Molly Bloom(Jessica Chastain), wat vir ’n dekade lank eksklusiewe, hoë risiko, ondergrondse poker-kompetisies gehou het, voordat sy een aand deur 17 FBI-agente, met outomatiese gewere, gearresteer is. Hierdie aksiebelaaide rolprent wys hoe sy probeer om haar spelers, wat Hollywood-bekendes, sporsterre en besigheidsmagnate insluit, te beskerm gedurende die hofsaak wat volg en hoe dinge warm word wanneer sy besef dat die Russiese mafia ook betrokke is. Haar enigste bron van ondersteuning, is haar prokureur, Charlie Jaffrey (Idris Elba), wat gou besef dat daar baie meer agter die storie is as wat die skinderkoerante vertel. Bekroonde draaiboekskrywer, Aaron Sorkin, maak sy debuut as regisseur met hierdie rolprent is bekend vir sy werk op lokettreffers, soos The Social Network, Steve Jobs, Moneyball, The American President en A Few Good Men. Hy het ook die draaiboek self geskep.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/pg/MollysGameMovie/
Twitter: @Mollys_Game
Instagram: @mollysgamemovie
Lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=Vu4UPet8Nyc

I, TONYA is ’n donker komedie-drama, uit die pen van Steven Rogers (Hope Floats, Stepmom), wat die ware verhaal vertel van die voormalige ysskaatskampioen, Tonya Harding (Margot Robbie), was sterk op pad om een van die wêreld se grootste sportlegendes te word. Haar sukses is egter oorskadu deur een van die mees sensasionele skandale van alle tye. Hierdie treffende film, deur Australiaanse regisseur Graig Gillespie, beloof om kykers diep te raak, nie net omdat die toneelspel en regie puik is nie, maar ook omdat dit op ’n manier die onskuld bewys van ’n vrou wat deur die wêreld veroordeel en deur haar geliefdes - soos haar ma, LaVona Golden (Allison Janney) en eksman, Jeff Gillooly (Sebastian Stan) - vertrap is.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/ITonyaMovie/
Twitter: @ItonyaMovie
Instagram: @itonyamovie
Lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=9Onvy-0t4ew

Die flieks word albei deur Ster-Kinekor Entertainment versprei en sal op 12 Januarie 2018 (Molly’s Game) en 16 Februarie 2018 (I, Tonya) in Suid-Afrika vrygestel word.





Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde