Slaan oor na hoofinhoud

I, TONYA



’n Driedubbele-draaisprong, ysskaatsrekord en al die tegniek in die wêreld, help niks as dit oorskadu word deur een van die mees sensasionele skandale van alle tye nie. I, TONYA is ’n fliek wat gebaseer is op die ware verhaal agter hierdie gebeure en sal jou op die punt van jou stoel hou... van begin tot einde. 

Die voormalige ysskaatskampioen, Tonya Harding (Margot Robbie), was sterk op pad om een van die wêreld se grootste sportlegendes te word. Hierdie kompeterende ysskaatser was van jongs af ambisieus en doelgerig. Sy is die eerste vroulike solo-deelnemer wat die VSA Ysskaatskampioenskappe in 1991 gewen het met ’n gradering van 6.0 vir tegniek. In dieselfde jaar, is sy ook die eerste vrou om ’n driedubbele-draaisprong by die Wêreldkampioenskappe te voltooi, waarna sy tweede in die kompetisie geëinding het. Dit is egter nie waarvoor sy onthou word nie, maar eerder vir haar betrokkenheid in ’n mislukte aanval op haar grootste teenstaander, Nancy Kerrigan (Caitlin Carver), deur haar eksman (Sebastian Stan) en lyfwag (Paul Walter Hauser) wat haar loopbaandrome verpletter het.

I, TONYA is ’n donker komedie-drama, uit die pen van Steven Rogers (Hope Floats, Stepmom), wat die storie vertel van ’n talentvolle sportster wie se sukses gepootjie word deur haar ongelukkige kinderjare, ma se mishandeling en stromagtige verhoudings. Hierdie treffende film, met Australiaanse regisseur Craig Gillespie (Lars and the Real Girl, Fright Night), word eers in Februarie 2018 vrygestel, maar spog reeds met verskeie benoemings van internasionale Rolprentfeeste, waaronder Beste Speelfim en Beste Aktrise by die Gotham-toekennings in November 2017 en Beste Aktrise in ’n Hoofrol, Beste Aktrise in ’n Ondersteunende Rol en Beste Redigering (Tatiana S. Riegel) by die Independent Spirit Awards wat in Maart 2018 plaasvind. Allison Janney, wat die rol van Tonya se hartelose ma – LaVona Golden – speel, het ook weggestap met die toekenning vir Beste Aktrise in ’n Ondersteunende Rol by vanjaar se Hollywood Rolprenttoekennings. Hierdie bekroonde verhoogaktrise, is veral bekend vir haar rolle in The West Wing, American Beauty en Juno. 

Die fliek spog verder ook met ’n uitstekende rolverdeling en het reeds baie lof ontvang vir uitstekende vertolkings deur die hoofrolspelers. 
Margot Robbie, wat bekend is vir flieks soos About Time, The Wolf of Wall Street, Focus, The Legend of Tarzan en Suicide Squad, word geprys vir haar vertoling van die rol van Tonya Harding in hierdie aangrypende verhaal, terwyl Sebastian Stan die rol van haar eksman, Jeff Gillooly, speel. Hierdie aantreklike akteur, van New York, was al in verskeie televisiereekse, soos Law and Order en Gossip Girl, te sien en het ook rolle gehad in die Captain America-fliekreeks, Riki and the Flash, The Martian en vele meer.

Alhoewel jy vir ’n oomblik mag dink dat hierdie rolprent eintlik die gek skeer met die harteloosheid van poniekoerante en –tydskrifte, besef jy baie gou dat dit oor meer gaan as wat jy op die oppervlak sien.

I, TONYA beloof om kykers diep te tref, nie net omdat die toneelspel en regie puik is nie, maar ook omdat dit op ’n manier die onskuld bewys van ’n vrou wat deur die wêreld veroordeel en deur haar geliefdes vertrap is. “Die rolprent plaas die situasie in perspektief en help om Tonya uit te beeld as dit wat sy nog altyd was: ’n talentvolle ysskaatser en ’n mens met ’n droom, wat deur die wêreld gesteel is,” sê Owen Gleiberman van Variety.

Die fliek word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en sal landswyd vrygestel word op 16 Februarie 2018.


Kyk die Lokprent hier:
 https://www.youtube.com/watch?v=dQpBf04inPQ
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/ITonyaMovie/
Twitter: @ItonyaMovie
Instagram: @itonyamovie

Dankie Starburst Promotions


Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde