Slaan oor na hoofinhoud

Nicolette Geldenhuys - The Journey




NasieInspirasie het die 16de November gaan kuier by The Showroom kunsgallery waar Nicolette Geldenhuys haar boek “The Journey” bekendgestel het asook van haar kunswerke uitgestal het. Wat ‘n fenominale vrou! Dinamies en aansteeklik!

Ek het ‘n baie besonderse voorreg gehad om haar te sien waar sy net haarself was tussen vriende, familie en kuns entoesiaste. Elkeen van hulle was geaffekteer en aangeraak deur Nicolette se hart, haar lewe, haar storie, haar pad saam met die Here. Alhoewel sy dit duidelik stel dat sy ‘n introvert is, leun haar persoonlikheid heeltemal na die ander kant. Sy gee die indruk dat sy vol selfvertroue is, maar tog terselftertyd plat op die aarde. Na net twintig minute van gesels, is dit baie duidelik dat haar liefde en omgee vir mense baie diep in haar siel lê.

Haar boek “The Journey” kan regtig meer opgesom word as ‘n journal. Dit reflekteer haar gedagtes as kunstenaar, haar begeertes na ‘n dieper verhouding met God en ‘n amper dankie-sê vir al die mooi in haar lewe. Die boek is goed beplan en so sag en met liefde uiteengesit dat dit ‘n pragtige geskenk sal maak vir ‘n geliefde hierdie Kersfees.

Haar kunswerke is so uniek. Dit raak elke persoon op ‘n ander manier. Ek het haar gevra wat beteken spesifieke werke vir haar, en haar antwoord was: 

“ Wat beteken dit vir jou?” 

Sy vind haar inspirasie deur verskeie mediums. Van haar werke is geïnspireer deur skrifgedeeltes in die Bybel, sommiges deur ‘n liedjie, ander weer deur ‘n bekende sê-ding van ‘n familielid of vriendin. Elke persoon wat ek na geluister het die aand kon met eerlikheid sê dat hulle persoonlik aangeraak was deur een of ander aspek van haar kuns. Sy laat die Here toe om ‘n boodskap deur haar kunswerke te gee.

Ons, hier by NasieInspirasie, hoop om nog veel meer van Nicolette se werke te sien. Hierdie is net weereens ‘n bevestiging dat ‘n klein vonk, ‘n groot vuur kan aansteek. Nicolette, baie geluk met die suksesvolle launch van jou boek en baie seëninge in jou pad vorentoe.

Ons het vroer hierdie jaar 'n indiepte onderhoud met Nicolette gehad. Volg die skakel om dit te lees: https://nasieinspirasie.blogspot.co.za/2017/05/nicolette-geldenhuys-art.html


Gaan loer gerus na die res van haar kuns op haar webtuiste by www.nicolettegeldenhuysart.co.za. Sy kan ook gekontak word deur haar webtuiste of haar sosiale media vir meer inligting oor die verkoop van haar boek.


Charmaine Hurter (links) Nicolette Geldenhuys (regs)

Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie













Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde