Slaan oor na hoofinhoud

Tanja Störm





Tanja Störm is 'n talentvolle sanger, liedjieskrywer en musikant. Sy het 'n  vurige passie en volharding vir wat sy doen.  NasieInspirasie het bietjie met haar gesels oor wat haar inspireer en ook meer oor haar nuwe liedjie wat binnekort bekendgestel word.
    
1. Vertel ons lesers asb meer van jouself?


Ek is gebore in Melkbosstrand. Toe ek in Gr. 1 was het ons getrek na die pragtige Mosselbaai omdat my pa hier werk gekry het. Op daardie stadium het ek reeds dansklasse geneem en liedjies opgemaak op my speelgoed-'keyboard'. My ouers het vir my 'n regte-egte 'keyboard' gekoop en ek het begin privaat lesse neem! My eerste optredes was met die dansskool, maar ek het aangesluit by my eerste 'band' en het musiekoptredes vir my begin op die ouderdom van 14. Na skool het ek studeer by die Suid-Kaap College in George en ander aanlyn kursusse voltooi en by prokureurs begin werk. Ek is 11 jaar getroud met my beste vriend en mede-musikant. Ons het 'n Chinchilla kat, Bella wat ons 'n klompie jaar gelede aangeneem het. Musiek het altyd 'n groot rol in my lewe gespeel en het ek dit ongeveer 'n jaar en 'n half gelede meer voltyds begin aanpak.

2. Wat is die laaste liedjie wat jy bekendgestel het en waaroor gaan dit?

Ek het in Mei maand 'n nuwe liedjie opgeneem wat binnekort vrygestel sal word. Die liedjie is getiteld "No Place Like Home". Ek het dit 'n jaar gelede al geskryf en dit handel oor iemand wat aanhoudend soek na iets meer in die lewe, maar op die ou-einde is daar net geen plek soos jou eie tuiste nie. 'n Mens moet gemaklik wees met jouself. Dit is soms moeilik, ons word almal gemeet aan iets of iemand anders en gedwing om in die boksie van die samelewing in te pas; vind jouself en wees gemaklik om jouself te wees. 



3. Wie/Wat inspireer jou?

Inspirasie vir skryf: stilte. Dis dalk moeilik om te verstaan, maar ek is die mees kreatiefste wanneer ek in stilte sit met my eie gedagtes omring deur natuur. Verwerping ook. Dit maak dat ek wil terug baklei. Ek is 'n bakleier. Ek wil doen wat ek glo reg is en staan graag op vir ander.

Inspirasie vir die lewe en nuwe benaderinge: Musiek. Musikante. Daar is min dinge in die lewe wat jou so goed laat voel soos 'n goeie gepaste liedjie vir die spesifieke omstandighede of gemoedsrus waarin jy jou tans bevind. Is dit nie waar nie?

4. Hoe belangrik is dit vir jou om te geniet wat jy doen?

Ek het nie altyd gedink dit is belangrik nie, maar dit was dalk omdat ek nog nie iets moes doen waarvan ek glad nie hou nie. Ek het alles wat oor my pad gekom het probeer en oral probeer wees en almal probeer inpas. Op 'n dag het ek begin agterkom dat die enigste manier om regtig te kan vorder met my musiekloopbaan sal wees om meer in te sit. En die enigste manier om meer te kan insit is deur meer tyd vir myself te hê. En dit is waar alles verander het. Iemand het op 'n dag vir my gesê: "Moenie doen waarvan jy nie hou nie; doen waarvan jy hou". Wanneer ek ookal nou 'n keuse moet maak dan haal ek hierdie woorde aan en besluit die volgende stap volgens die antwoord - hou ek daarvan? Indien ja, dan gaan ek voort. Indien nie, dan wys ek dit van die hand. Al wat ons het op Aarde is tyd. Hoeveel tyd ons het weet ons nie, maar ons moet die beste daarvan maak - ons moet dus ons tyd geniet. Doen wat jy geniet. Spandeer tyd met jou familie en oefen jou passie uit, dan is jy skatryk.

Ek wou nie destyds musiek gaan swot nie want ek wou dit nie my werk maak nie. Ek wou dit altyd net geniet het. Nou benader ek dit anders - want ek geniet dit soveel dat ek dit permanent wil doen as my werk.

5. Ons tema vir die volgende twee maande is “ek is nie wat ek doen nie.” Baie is geneig om hul waarde aan hulle talente/gawes/werk te koppel. Stem jy saam hiermee en wat beteken dit vir jou?

Ja en nee. Ons talente is vir ons gegee en ons moet dit gebruik. Dit bepaal jou pad wat jy loop. Deesdae kan ons nie altyd ons werk kies nie; ons moet almal tog eet! Maar waar jy kan sal 'n mens altyd poog om te doen waarvan jy hou en dit sal 'n gedeelte van jou as persoon weerspieël. Hoe jy iets doen sê ook baie van jou as persoon. Maar as jy in 'n werk sit waarvan jy glad nie hou nie kan dit tog onmoontlik nie jou ware persoonlikheid weerspieël nie. Jy moet met 'n persoon gaan sit om hom/haar werklik te leer ken. Elkeen het 'n storie. Gaan vind self uit wat daardie storie is. In die musiekbedryf kan jy dit verder gaan ondersoek...een musikant speel dalk weekliks in teaters en hy moet elke week 'n nuwe vertoning doen hetsy Elvis, Neil Diamond of een of ander 60's ikoon. Hy is 'n musikant, hy hou van musiek en hy doen die vertonings want dit betaal sy huur, brood en botter. Maar vra hom om sy eie liedjie te sing... Hy hou dalk van Jazz vir al wat ons weet.

6. Watter Suid-Afrikaanse musiek luister jy graag? 

Jan Blohm
Black Cat Bones
Piet Botha
Koos Kombuis
Ddisselblom

7. Wat sou jy sê vir ‘n sleepvoet-dromer wat hopeloos is oor sy toekoms en sy drome?

Doen dit net. Al beweeg jy stadig vorentoe - hou net aan. Ek haal 'n quote aan: "True musicians can't quit music, because you can't quit who you are. And being a musician is who you are, not just something you do."

8. Enige nuwe projekte/opnames/optredes waarmee jy besig is?


My nuwe vertoning: 'Ballads, Blues & Beautiful Music' is nogal gewild en vir my as kunstenaar die ideale metode om oorspronklike musiek in te weef tussen 'n seleksie van gunstellinge wat onder hierdie titel val. Ek skryf ook van tyd tot tyd my eie produksies (verlede jaar was dit 'Women Who Rock' en die jaar voor dit was 'Rockolution: The Evolution of Rock') Ek hoop om hierdie produksies na die stede toe te neem in samewerking met Storm Produktionz en binnekort 'n volgende een op die planke te bring.

9. Hoe kan mense jou ‘book’ vir optredes of jou doen en late volg? 


Webuiste: www.tanjastorm.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/tanjastormmusic/
Instagram: stormtanja
Youtube: https://www.youtube.com/watch?v=japKOsoG5xc
Soundcloud: https://soundcloud.com/tanja-du-plessis-2
CD Baby: https://store.cdbaby.com/artist/TanjaStorm
Twitter: @tanjamusicsa

10. ‘n Quote, woord, gedig of gesegde wat jou tans aan die gang hou?


Whatever...


EN

Die gedig "If" deur Rudyard Kipling:

If you can keep your head when all about you
Are losing theirs and blaming it on you,
If you can trust yourself when all men doubt you,
But make allowance for their doubting too;
If you can wait and not be tired by waiting,
Or being lied about, don’t deal in lies,
Or being hated, don’t give way to hating,
And yet don’t look too good, nor talk too wise:

If you can dream—and not make dreams your master;
If you can think—and not make thoughts your aim;
If you can meet with Triumph and Disaster
And treat those two impostors just the same;
If you can bear to hear the truth you’ve spoken
Twisted by knaves to make a trap for fools,
Or watch the things you gave your life to, broken,
And stoop and build ’em up with worn-out tools:

If you can make one heap of all your winnings
And risk it on one turn of pitch-and-toss,
And lose, and start again at your beginnings
And never breathe a word about your loss;
If you can force your heart and nerve and sinew
To serve your turn long after they are gone,
And so hold on when there is nothing in you
Except the Will which says to them: ‘Hold on!’

If you can talk with crowds and keep your virtue,
Or walk with Kings—nor lose the common touch,
If neither foes nor loving friends can hurt you,
If all men count with you, but none too much;
If you can fill the unforgiving minute
With sixty seconds’ worth of distance run,
Yours is the Earth and everything that’s in it,
And—which is more—you’ll be a Man, my son!


Kyk Tanja Storm se musiekvideo, Môreson deur 
hierdie skakel te volg:

'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde