Slaan oor na hoofinhoud

Wat Weeg Ek?

photo: Action Media/Hubri Bruyn



Wat weeg ek, wat weeg my gees en wat weeg my geloof in konteks met die grote heelal? Die tema het my onsettend baie laat dink, spesifiek as iemand wat onlangs gewig verloor het. Maar meer omdat ek een van daai mense is…'n “runner” . Mense soos ek wat hardloop kan letterlik enige situasie in die lewe met hardloop vergelyk en dit is presies wat ek nou gaan doen. 

Ek het aan tonne "motivational punch-lines" gedink, almal net 'n bietjie 'kitsch'. Die beste wat ek kan doen is om 'n stukkie van my lewe met julle te deel.

Dit is soos iemand wat hardloop. Waar my voete kontak maak met die grond voel ek soms tonne in vlees en die oomblikke waar ek vlieg deur die lug voel ek weer gewigloos in siel. So is my lewe ook. Sien, ek is 'n sleepvoet-dromer, ek is daardie persoon wat in die kantoor holtetjie sit. Hier weeg ek tonne, alles is swaar. Nie my ligaam nie maar my siel. Die kantoor lewe is nie vir my gemaak nie. Tog staan ek elke dag op en kom in werk toe en doen wat ek moet doen. Nie vir my lekkerte nie, maar om vir my familie en myself te sorg. Dit is swaar, dit is hard en dit is vir my bitter om te dink ek gaan my een lewe so lewe. Ek voel baie gewigtig!

Maar dan dink ek weer aan my bestaan, my doel en my betekenis in die lewe. Wat wil ek tog meer doen as om te sorg vir my familie? 'n Goeie man vir my vrou en pa vir my seun wees. Is dit dalk genoeg? Ek dink so! Dit maak my gewigloos!

Ek glo ek gaan eendag, in God se tyd, in 'n posisie wees om 'n passie uit te lewe wat brood op die tafel sit, maar dit is nie vandag nie. Ons moet nie mismoedig raak nie. Ons doen goed en doen reg. Ons loop die pad waarop ons is.

Vir nou staan my swaar voete weekliks in die grys woud en naweke vlieg my siel gewigloos in God se natuur.

Vir my maak die lewe so sin om te weet dit gaan oor die hardloop en nie die eindstreep nie. Terwyl ons hardloop gaan ons baie swaar en hemels-gewigloos voel by tye.

Kry vir jou iets wat jou hemels laat voel en doen dit soveel as wat jy kan! Vir die res van die swaar pad, hou jy jou kop op en wees trots op jouself, want jy doen wat gedoen moet word.



Geskryf deur Hubri Bruyn


photo: unsplash/Jakob Owens

'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie
FACEBOOK
INSTAGRAM
TWITTER


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde