Slaan oor na hoofinhoud

As Liefde jou "Waaib" is


Talle kom bymekaar om LIEFDE en diversiteit te vier.

Wat gebeur wanneer ’n diverse groep talentvolle geestelike leiers, liedjieskrywers en musikante saam wegbreek na ’n omgewing wat spesiaal geskep is om die siel te verkwik en verandering te weeg te bring? Hulle neem genoeg sielvolle musiek op om ’n album vol inspirasie en veelsydigheid met die wêreld te deel! #nasieinspirasie

VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES is ’n projek wat oorspronklik in 2018 deur in Harmonie, in Franschhoek in die Kaap, geloods is. Die doel was om kreatiewe breine in die geestelike gemeenskap, in ’n pragtige en rustige omgewing en onder die leiding van die Amerikaanse liedjieskrywer en mentor Rita Springer (wat met groot name soos Kari Jobe en Jeremy Riddle werk), te inspireer om saam musiek te skryf oor rus, genesing en versoening.

“Ons idee was regtig dat elke persoon wat dié wegbreek bywoon, in Harmonie met nuwe inspirasie, entoesiasme en moed sou verlaat; met nuwe liedjies en hoop om te sing en te versprei in hulle gemeenskappe en met baie nuwe vriende,” sê Ervaringsontwerper, Andriëtte de la Harpe.

Die eindresultaat van hierdie byeenkoms het egter almal se stoutste verwagtinge oortref en gelei tot die ontstaan van ’n splinternuwe album, ONE, wat pas bekend gestel is en reeds besig is om musiekliefhebbers se harte te verower. Dit spog met ’n ryk en harmonieuse klank, wat nie net eie is aan die land nie, maar ook die diversiteit daarvan vier.

ONE bestaan uit sewe oorspronklike snitte, in verskillende musiekstyle, waaraan verskeie van die betrokke kunstenaars (Hemelbesem, Joe Niemand, Sumarie Schoeman, Ndumiso Manana, Rouchelle Liedemann, Rashid Admans, Sima Mashazi, Langa Mbonambi, Lebohang Kgapola, Lesego Senwamadi, Mégan Schilder, Gideon Nel, Carlyn Ganz, Cjay, en meer) saam gewerk het.

“Die liedjieskrywers kom uit verskillende kulture, denominasies en rasse en het hierdie musiek geskep vanuit ’n plek van weerloosheid en verhoudings is gevorm om ’n brug van versoening te help bou. Die resultaat bied ’n kykie na die hemel-op-aarde deur middel van musiek,” sê Andriëtte. “Ons vertrou dat alle Suid-Afrikaners hierdie hoopgewende liedjies sal sing en sodoende sal bydrae tot genesing en oorwinning oor die huidige situasie in ons land. Dié album is ’n gedenkteken van God se getrouheid.”

Die album sal vanaf 7 Junie digitaal beskikbaar wees, maar kan reeds nou al by die volgende skakels vooraf bestel word: 

http://itunes.apple.com/album/id1464065361?ls=1&app=itunes

http://itunes.apple.com/album/id/1464065361

Elkeen van die sewe liedjies sal ook vanaf die 7de Junie afsonderlik, oor ‘n tydperk van sewe weke, vrygestel word aand radiostasies landswyd, saam met ’n liriekevideo, bladmusiek en musiekstorie om die impak van elke snit ten volle oor te dra, vas te vang en met die publiek te deel. Verder sal kerke ook die bladmusiek kan aflaai, sodat die hele land kan deel word van hierdie inisiatief en Trots Suid-Afrikaanse musiek kan sing. Gideon Nel is verantwoordelik vir die skep van die besonderse albumkunswerk wat op die omslag verskyn.

“As iemand wat buite die land en sy omstandighede staan, was dit ongelooflik om te sien dat alhoewel daar baie verskillende kulture en tale betrokke was by die skep van die album, die betrokke partye se harte en musiek dieselfde taal van liefde gepraat het. Iets baie spesiaal het gebeur en die diversiteit van verskillende kulture is vasgevang in die woorde en wysies van elke lied,” meen Rita Springer.







BE GLORIFIED, die eerste enkelsnit wat VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES graag met die land wil deel, word gesing deur Sima Mashazi en is geskryf deur Sima Mashazi, Langa Mbonambi, Karien de Waal en Koketso Molaolwe. Hierdie snit kry dit reg om die hart van die land vas te vang en deur middel van lofprysing ’n boodskap van hoop vir die toekoms te versprei. Hierdie enkelsnit sal Vrydag, 7 Junie 2019 aan radiostasies landswyd uitgereik word.

Volgens die skrywersspan wou hulle met dié lied nie net God vir sy goedheid prys nie, maar ook die land aan Hom wou opdra. “Ons hoop dat, ongeag van die omstandighede, mense hulle harte, aandag en lewens daarop sal fokus om God te verheerlik. Dit maak nie saak wie ons is, of waar ons vandaan kom nie, hierdie lied gee aan ons die kans om God as een nasie te vier.”

Buiten vir die kragtige lirieke en meesleurende wysie, word die boodskap in BE GLORIFIED ook in verskillende tale (Engels, Afrikaans, Zoeloe en Sotho) gedeel, wat aan dit ’n baie unieke Suid-Afrikaanse geur gee.

“Dit was regtig ’n groot seën om deel te wees van hierdie proses. Die musiek is vir my simbolies van genesing en herinner my daaraan dat God weet wie ek is, selfs wanneer ek soms vergeet. Vir my was dit ’n groot voorreg om hierdie ervaring met sulke ongelooflike liedjieskrywers en individue te deel,” sê Sima.

VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES is meer as net liedjies op ’n album, ’n idee en konsep of selfs ’n beweging. Dit gaan oor verhoudings en familie. Dis ’n groep wat droom oor ’n beter wêreld, waar verskille en diversiteit met trots gevier word, want elkeen voeg liefde en waarde by.

“Ons glo dat dit belangrik is vir Suid-Afrikaners om liedjies te begin sing wat relevant is tot vandag se konteks en ons geskiedenis en dat dit tyd is om genesing en oorwinning uit te spreek oor ons land en die probleme wat tans hier heers. Ons moet ook bid en sing oor die toekoms van Suid-Afrika,” sluit Andriëtte af.

Kliek hier om die musiekstorie van BE GLORIFIED te kyk: https://www.youtube.com/watch?v=7XTmlJK1rFQ


LIEDJIES OP DIE ALBUM

1. Planted (met Lebohang Kgapola en Rashid Adams)

2. Be Glorified (met Sima Mashazi)

3. Ngizokuphumuza (I will give you rest) (met Sima Mashazi en Andriëtte de la Harpe)

4. Tot Stilstand (met Carlyn Ganz en Gideon Nel)

5. Least of These (Vuka / Arise) (met Lebohang Kgapola)

6. In just one moment (met Mégan Schilder)

7. One (met Lesego Senwamadi en CJAY)


SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/vibrancyza
Instagram: @Vibrancy_za
Twitter: @Vibrancy_za
Webtuiste: www.vibrancycollective.com
Hutsmerke: #Vibrancy #ONE #VibrancyCollective #InHarmonie

NASIEINSPIRASIE
sleepvoet dromer #vatvlam
FACEBOOK

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde