Slaan oor na hoofinhoud

Wie is Wenda Nel?


Dit was om die kampvuur wat ek Wenda Nel die eerste keer ontmoet het. ‘n Blonde kop wat so lekker gelag het dat die trane gerol het. Wat my egter die meeste opgeval het is hoe gemaklik sy in haar vel is. Hoe sy vir enige iemand ‘n glimlag het en hoe die warmte van haar hart deur haar oë en hele wese straal.


Kort daarna gewaar ek haar by die kerk waar sy die mense ewe gemaklik met koffie bedien. En ek kan nie help om te wonder of die mense ooit wéét wie sy is nie? Wat in daardie gespierde bene sit? Hoeveel wilskrag en ure se werk daarin gegaan het om die medaljes te verwerf wat sy so beskeie oor is.

In kort, Wenda het die 400m hekkies al in 54.37s afgelê. Wat haar nie net tans die beste in haar item maak in Suid-Afrika nie, maar al talle medaljes op die wêreld arena verwerf het.
Ek het my kans geneem om by haar te gaan aanklop en so bietjie in die hitte van haar hart te gaan kuier.

1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself. Wie is Wenda wanneer sy nie op die atletiek baan is nie?

Atletiek het nog altyd die grootste deel van my lewe uitgemaak, maar ek het ook gekies dat dit nie my identiteit sal bepaal nie. Alhoewel my liefde vir die sport groot is, het ek menig ander dinge waarvan ek baie hou om die lewe te vier. Ek is 'n groot familie mens, dit is kosbaar vir my om tyd saam met my familie te spandeer. 'n Lekker naweek kuier om die braaivleis vuur is bo aan my lys. Ek hou van die klein dinge in die lewe, die beste kwaliteit tyd saam met my man is om 'n lekker cappuccino saam te geniet. Ek hou van lees, fliek kyk, kosmaak en bak graag. Ek is 'n Dieëtkundige, so kos het my nog altyd geintreseer. Ek hou daarvan om nuwe resepte te probeer. Dit bring vir my groot vreugde as ek bietjie vreugde in ander se lewens kan strooi. Al is ek nie op die atletiekbaan nie, vind ek tog baie genot in enige oefening, al is dit net 'n lekker draffie langs die see.

2. Wat is jou persoonlike hoogtepunt tot dusver?

My loopbaan is vol ongelooflike herinneringe en dis die mooi van die sport. Ek leer elke dag iets nuuts van myself en die lewe en kan dit dan toepas in 'n hopenlik waardevolle manier. As ek net een hoogtepunt mag kies, sal dit my bronsmedalje wees wat ek by die Statebond Spele (Commonwealth Games) in Australië gewen het in 2018. Ek sê altyd, dit gaan nie oor die medaljes nie (maar dit is tog lekker), maar my hele 'journey' tot die Statebond Spele was iets wat ek altyd sal koester. My hele voorbereiding tot dit het my so baie geleer in die sport maar ek het ook baie gegroei as mens. Die medalje is maar net 'n teken waarna ek kan kyk en terugdink aan baie spesiale oomblikke. 

3. Wat is jou droom / drome?

My grootste atletiekdroom vir baie jare was om by die Olimpiese Spele te kon deelneem. Ek het daardie droom in 2016 verwesenlik toe ek in Rio kon deelneem. Prestasie gewys wil ek graag weer by die Olimpiese Spele uitkom en in die finaal eindig. Dit sal lekker wees om myself te kan uitdaag in die item wat ek doen (400m Hekkies) teen die bestes in die wêreld op daardie oomblik. Buiten dié prestasies, is my droom om aan te hou teruggee vir die sport op so 'n manier om volgende generasies wat deurkom te motiveer en ook iets van die lewe op 'n positiewe vlak te leer. 


4. Wie / Wat inspireer jou?

Dit is amper een van die moeilikste vrae wat ek baie keer kry. Daar is nie net een mens of een ding wat my inspireer nie, maar daar is elke dag iets of iemand by wie ek iets kan leer. Ons gaan almal deur herhaaldelike siklusse in ons lewens, daarom sal daar op verskeie tye iets wees wat ons op daardie oomblik kan inspireer as ons kies om dit te sien. In sport self, ervaar mens so baie teleurstellings en ek glo mens kan in so tyd by mede atlete/sportsterre inspirasie kry, veral as hul ook 'n teleurstelling kan deel.

As ek kan opsom, my inspirasie lê in enige iemand of iets wat aanhou kies om die vreugde en mooi in die lewe te sien en die wond wat gevorm is deel van hul storie te maak. 

5. Hoe belangrik is dit vir jou om te geniet wat jy doen?

BAIE BELANGRIK. Sonder die vreugde in dit wat jy doen, glo ek mens mis die punt van die lewe. Ja, die lewe bring harde houe maak nie saak waar jy is nie, maar die keuse om 'n verandering van hart te hê, ongeag jou omstandighede, bly in jou eie hande. Net om te kan asemhaal bly 'n voorreg, ons moet kies om die tye wat ons het te geniet. Dit beteken nie mens mag nie hartseer wees of kwaad raak nie, maar as vreugde die grootste deel van ons harte opmaak, sal ons soveel beter in daardie tye kan funksioneer en weer die 'geniet' van wat ons doen vind.

6. Ons tema onlangs was SOOS ‘N KIND. Hoe belangrik is dit vir jou om soos ‘n kind te leef? Wat dink jy kan mens by kinders leer? 


Soos Matteus 18 vertel, ons moet glo soos 'n kind, is daar vir my baie waarde daarin. Hoe ouer ek word hoe meer wil ek weer glo soos 'n kind. Kinders kom so onskuldig voor, hulle vertrou en glo met 'n opregte hart, nog nie bewus van die seer wat die lewe kan bring nie. Hulle leef met soveel vreugde en geniet wat hulle doen. Hulle waardeer die eenvoudigste goed in die lewe en het geloof wat berge kan skuif. Hulle droom groot en laat nie toe dat enige een hul anders laat glo in dit wat hul wil bereik nie. Die grootste les wat ek by kinders kan leer is om te LEEF!

7. Wat is jou wens vir ons land en sy mense?

My wens vir ons land is dat ons die mooi in mekaar kan raaksien en dat ons eerste reaksie tot iemand sal wees 'Hoe kan ek help?' eerder as om in irritasie of woede op te tree.

8. Wat sou jy vir ‘n sleepvoet-dromer wat hopeloos voel oor sy toekoms en sy drome sê? 

Als begin met 'n gedagte. Begin glo in die krag van positiewe denke. As jy kies om die klein goedjies raak te sien, sal daar iets in elke dag wees wat jy kan vier! 'Celebrate the small victories, no matter how small they are. Don't wait to get perfect.' So word 'n droom 'n realiteit. Sien elke geleentheid as een om te groei as mens, leer uit teleurstellings en geniet wat jy doen!

9. Wanneer en waar is jou volgende byeenkoms? 

Ek is huidiglik besig om voor te berei om vir 'n paar weke in Europa te gaan deelneem vanaf einde Mei. My eerste byeenkoms is in Prague, van daar sal ek tyd in Duitsland spandeer van waar ek dan nog byeenkomste sal hê.

10. ‘n 'Quote', woord of gesegde wat jou tans inspireer? 

Ek heg nogal baie waarde aan 'quotes'. Daar is verskeie van hulle wat my met verskeie tye inspireer. Ek kry ook krag en ekstra energie deur Bybelverse. My gunsteling Bybelvers is: Josua 1:9 - "Be strong and courageous! Do not be afraid or discouraged for the Lord your God is with you wherever you go." Die 'quote' wat my tans inspireer is iets soos die volgende: 'When life is sweet, say thank you and celebrate. When life is bitter, say thank you and grow." 



Haar Instagram en Twitter posts is ‘n fonds van kosbare oomblikke wat sy met die wêreld deel. En so ook kom ek op die volgende 'posts' af en kan nie help om dit ook hierby aan te heg nie – dit getuig van die mens wat sy is, en hoe sy die lewe aanpak: met ‘n liefde vir God en haar medemens, en ‘n lied in haar hart! 

Baie Dankie aan Wenda Nel!
Onderhoud deur Lenetjie von Wielligh #nasieinspirasie









NASIEINSPIRASIE
sleepvoet dromer #vatvlam

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde