Slaan oor na hoofinhoud

André Weideman - Ander Mens



ANDER MENS vertel die humoristiese, aksiebelaaide verhaal van ’n vervelige boekhouer, Daniël Niemand (Bennie Fourie), wie se lewe heeltemal verander nadat ’n reeks misverstande sy bestaan totaal omvergooi. 

Ons het met André Weideman gesels oor die rol wat hy vertolk in hierdie nuwe film en ander inspirerende dinge waarmee hy tans besig is.

1. Watter rol vertolk jy en wat daarvan was vir jou besonders?

My Rol is Hansie Redelinghuys, broer van Frank Redelinghuys (Frank Opperman). Alles omtrent die rol was besonders aangesien die styl so Coen Brothers/Wes Anderson is, is dit so reg in my kraal van die tipe humor wat ek ook geniet. Quentin (Krog), regisseur, het my ook kans gegee om bietjie te improviseer of hier en daar iets by te sit, wat die karakter nog meer ingekleur het. ‘n Wonderlike ervaring!

2. Kan jy ons vertel van ‘n snaakse insident met een van jou mede-akteurs/aktrise op stel?
Daar is soveel ...!! Tydens die “ Goons” (ek en frank se harde manne) se lang ete ''scene" in die restaurant moet Frank, wat langs my sit, sy hondjie op sy skoot hou en klein "snacks" voer en oor sy kop vryf, dit tydens daar heelwat dialoog gebeur. Hoe meer “takes” ons neem hoe voller raak brakkie en hoe meer moet Frank vir sy hondjie smeek om te doen wat hy wil hê hy moet...dit terwyl ons almal dik is van die lag en ons eintlik moet “mean“ lyk! Dit was groot sports!

3. Noem van die hindernisse wat julle teëgekom het tydens die maak van Ander Mens?
Wel daar was nie veel nie, want met ‘n goeie span wat saamwerk rol hulle die klippe uit ons pad! Daar was wel een GROOT hindernis. Die 2 dae se skiet by die groot waterval. Ons moes almal in “hike“ en oor rotse, riviere en teen kleiner watervalle opklouter. Selfs met toue en dinge. Dit was epies. Maar wanneer jy die "scenes" in die film sien, was dit alles die moeite werd!

4. Wat was van die hoogtepunte van jou loopbaan sover?
Ek is vanjaar al 19 jaar in die bedryf ...(!) Van Radiodrama’s vir RSG met onder andere (oorlede) André Rossouw en vele ander gesoute akteurs met regie onder leiding van Eben Cruywagen en Joanie Binge tot TV advertensies soos die eerste Play (energie drankie) een vir Suid-Afrika, en huidige Kia TV advertensie wat mense lekker laat lag...en om vir 12 jaar Pasella se stem te kon doen met Amor Engelbrecht en nou om vir Kwêla aan te bied met Homebrew se span. Asook 12 jaar Shoprite se Radio en TV advertensies se Stem te kon wees. Dan Internasionale TV reekse soos veral Black Sails wat ‘n "amazing" ondervinding was. Om in Paul C. Venter se 'Terug na Egipte' te wees en saam met Human Stark te werk en heerlik saam te spel en te lag met (oorlede) Johan vd Merwe, onder andere, in 'Parys Parys'. Teaterwerk met Heinrich Reisenhofer en Hennie van Greunen wat ook so lekker was.

André Weideman


5. Watter advies het jy vir jong akteurs?
Vandag kry akteurs meer geleenthede a.g.v meer TV werk en sepies asook kleiner maatskappye wat meer werk genereer. So, daar is werk, maar maak seker dat jy in die bedryf wil wees...gebruik ook al die kanse wat jy kan aan enige kant van die kamera of mikrofoon, veral as jy nog jonk is. Dan kan jy jou beursie aanvul en meer leer soos jy ervaring opbou. Besluit presies waar jy wil wees en waarin jy goed is. Om voluit in die bedryf te kan oorleef sonder om ‘n 2de werk te hê is baie moeilik en vra baie opofferinge, glo my, maar met die Genade van Bo is dit moontlik!!

6. Watter inspirerende film het jy onlangs gekyk?
Ek kyk nou die uitmuntende TV reeks “Madmen” oor die advertensie bedryf en dan Fargo staan ook uit (Film plus die TV reekse).

7. Wie/wat inspireer jou?
Die see, berge en briljante films en tv reekse!

8. Ons tema vir Aug en Sept is “Hiatus” - om te “pause” en ‘n breek te vat, om te reflekteer of net te rus. Hoe belangrik is dit vir jou?
Dit is ‘n droom en definitief nodig. Veral as jou werk nie 8-5pm d.w.s gereguleerd is nie. Om heeltyd, sover moontlik, beskikbaar te wees vir werk en dan op die laatste te hoor planne het verander of afgestel is uitputtend. Goeie af-tyd is baie belangrik. Nou as jy nie kan af-tyd of "hiatus" vat vir 'n maand of meer nie en regtig wegkom nie, dan is dit wel moontlik om kort gapings te neem en te vind wat vir jou werk. Om fisies te rus of ook om in die natuur te stap en nie elke 5 minute op jou selfoon te kyk nie. Om gou in die see te duik of teen die berg te stap doen wondere.

9. Enige ander nuus??
Sara se Geheim Seisoen 3 is oppad en my rol, Ebert, gaan deur moeilike tye, maar dit gaan interessant wees hoe die mense die laaste seisoen gaan ontvang.
Ek is tans besig met ‘n vervolg verhaal radiodrama:  'Man van Cirene' by RSG onder leiding van Joanie Binge (née Combrinck). Ek speel die hoofrol, Simon van Cirene. Daar is 60 episodes wat uitgesaai gaan word en dit begin binnekort. 'Man van Cirene' vertel die verhaal van die man wat Jesus se kruis gedra het. Baie interressante verhaal met baie verwikkelinge en interaksie met Jesus se verhaal. Daar is baie akteurs betrokke. Erica Wessels speel my vrou, Deborah. Ek is ook te sien in Spreeus en vinnig weer in Fynskrif 2.


(Ander Mens wys op die oomblik in fliekteaters!)
Starburst Promotions
Onderhoud deur iskra


NASIEINSPIRASIE
sleepvoet dromer #vatvlam

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde