Slaan oor na hoofinhoud

Sincerely Anne

Bevonkte Anne deel haar inspirerende gedagtes met ons na die bekendstelling van haar nuutste enkelsnit, SHE's ON FIRE. 

1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself.
Ek is oorspronkilik 'n plaasnooi en jongste van vyf wat naby Heidelberg en Meyerton groot geword het. Ek het tuisonderig ontvang vanaf die ouderdom van vyf, wat my die geleentheid gegee het om van 'n vroeë ouderdom op musiek te kon fokus.

2. Watter goue lesse het jy geleer in hierdie bedryf en waarvoor is jy dankbaar?

Ek het geleer dat daar baie gawe mense in die bedryf is wat regtig die beste vir ander musikante toewens, waarvoor ek baie dankbaar is - enige hulp is altyd welkom. Dan het ek ook baie ander lesse geleer. Dat 'n mens jou eie geleenthede moet skep, groot droom, en alles met 100% toewyding moet doen.

3. Vertel ons van jou nuutste enkelsnit SHE’s on FiRE?

She's on Fire is 'n opgewekte lied met 'n positiewe boodskap oor vroulikheid. My boodskap daarin is vir ons almal, myself ingesluit, en is om negatiwiteit te erken en bo dit uit te styg, om daarna te streef om onsself en mekaar beter te hanteer - al sal ons dit nie altyd 100% regkry nie. Daar is genoeg struikelblokke en denkwyses teen ons as vrouens in hierdie wêreld. Die duiweltjies op ons skouers vertel ons dat ons nie goed genoeg is nie, dat ons nie die kwaliteite in ons het van dié waarop ons jaloers is nie. Ons almal het asemrowende deugde, dapperheid en krag teenwoordig in ons, o
ns moet net probeer om dit raak te sien en ander mense s'n vir hulle uit te wys.

4. Ons blad is gemik daarop om sleepvoetdromers te inspireer. Watter raad het jy vir iemand met talent, maar min waagmoed?

Môre is aan niemand belowe nie. As jy 'n spook kon wees by jou eie begrafnis eendag, wat sal jy wil hoor? Het jy jou droom, jou passie uitgeleef? Was jy gelukkig? Jy leef net een keer, so as jy 'n passie en talent het, werk hard, weet dit vat tyd, verbeter jouself en "Just Do It".

5. 2020 is ‘n vol jaar, vol geleenthede wat op jou wag. Wat sal jy graag daaruit wil neem?

Ek wil net meer leer oor die bedryf, oor myself, myself verbeter en saam met NOG "amazing" mense werk.

6. Ons tema waardeur ons op die oomblik reis, saam met ons lesers, is “Persepsies” en hoe sieninge positiewe/negatiewe uitwerkings het op ons keuses en verhoudings. Watter manier van “sien” is jy dankbaar voor in jou lewe en waar sal jy graag nog wil groei?

Ek is dankbaar dat ek 'n siening het dat mens kan leer om moeilike dinge self te doen, dat mens net moet probeer, al het jy nog nie al die kennis wat die kenners het nie... 'n Area waar ek nog wil groei is om verder te leer en dat dit okay is om vir hulp te vra wanneer ek dit nodig het.

7. Wie is jou goue ondersteuners en staatmakers? Die mense wie daar vir jou is deur alles. 
My liewe man Tim, my ouers en "extended"-familie wat my altyd aanmoedig en liefhet en dan natuurlik mense wat in my en my projek glo en die ekstra myl loop, soos Brad Cumming Audio en die res van die Footprint Productions span. Die talentvolle Ilse en Sean Moore, Ryan en Alison Venter met al hul hulp en aanmoediging, vriende en volgelinge wat altyd 'n boodskap van aanmoediging vir my stuur op sosiale media, die wonderlike siele wat my musiek deel met ander. Al hierdie mense saam speel 'n simfonie van energie wat my aan die gang hou, en daarvoor is ek ewig dankbaar.

8. As jy jou musiek loopbaan, tot dusver in een boodskap moes omsit, wat sou dit wees?

'n Avontuur en leerkurwe.

Instagram: @sincerelyanne._.music
TikTok: @sincerelyanne._.music
Twitter: @sincerely_anne_
Publisiteit: Starburst Promotions

'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde