Slaan oor na hoofinhoud

Hoe Sien Ek Die Lewe?


Ek en my man is versot op oorlogfilms. Veral die wat gebasseer is op die waarheid. Ek kyk dit vir die inspirasie van die oorwinnende gees van die mens deur moeilike tye (asook natuurlik die tikkies romanse) en hy kyk dit seker ook vir van daardie redes, maar ook vir die bloed-spat, rondklap, handgranate en losloop masjiengewere. It's a man thing...

Ons is twee (uiters) verskillende mense wat dieselfde film saam kyk en twee verskillende ervarings het. Hier en daar stem dit ooreen. 

Mense se verskillende idees en sienings kan oorloë veroorsaak. Soms vind dit plaas op kleinskaal. In die huis. Tussen man en vrou. Onder families. Soms groei dit verder en op 'n baie groter skaal. 

EEN MENS se persepsie of oortuigings kan duisendes lewe gee of dit kan hulle lewens neem. Kyk maar net na Jesus of Hitler en die invloed wat hulle en hulle sienings op mense om hulle gehad het? 

Ek weet, gewigtige gedagtes...



Volgens Google: "The Costs of War Project identifies no less than 76 countries, 39% of those on the planet, as involved in that global conflict..." In sommige lande duur dit al jare en ken die mense nie iets anders nie. Verlies, hartseer en veg vir oorlewing is deel van die alledaags. Wat ek eintlik probeer sê is dat oorlog nie 'n nuwe ding is nie, ook nie die mens se feilbaarheid om meegesleur te word deur vreemde wysies, idees, leuens of negatiewe denkpatrone, so diep geweef in die baadjies van ons kultuur, dat ons nie eers agterkom die skade wat dit veroorsaak nie.

Dit is nie nuwe dinge hierdie nie, maar ons persepsies en sienings kan vars en nuut wees, dit kan opbou en dit kan vir ons en vir ander lewe GEE.

Neem ons sienings en idees lewe of gee dit lewe?
Gee dit lewe vir net sekere mense of is dié lewe vir ALMAL bedoel?
En...WAT is lewe nou eintlik?

Is dit dalk om ekonomies gemaklik te wees? Is lewe die oorsese vakansie wat tyddeel agente aan ons probeer afsmeer, die slap, blink, vinnige sportmotor of dalk net lopende water of 'n werkende toilet by 'n 'shack' huisie?

Is die lewe dalk geld of goeters?...
Goeters waaroor mense baklei, mekaar doodmaak voor...oorlog voer?


Klink amper kinderlik.

Dalk is die lewe veiligheid? Om nie hoef te 'worry' om alles toe te sluit nie, dalk is dit om net te weet jy en jou gesin gaan, gaan slaap en more lewendig wakker word? Ons bly in Donker Afrika (Thanks Eskom) en alhoewel ons al lekker tye en dinge hier beleef het, is die lewe nie altyd maklik of gemaklik hier nie...
Miskien lê die lewe meer in hoe ons dit SIEN en sou ons kies om anders daarna te kyk, dit vir ander ook LEWE sal gee? Soms kan om lewe te gee so eenvoudig wees as om ruimte te maak vir 'n ander ou, vir iemand wat nie soos jy dink of doen nie, maar die absolute teenoorgestelde is. Is ons dalk te besig om vas te hou aan ons eie goeters en aan ons eie idees en lewens? In die proses van klou, verloor ons iets baie spesiaal. Iets wat geld nie kan koop nie...In 'n wêreld waar mense mekaar nodig het, verloor ons mekaar.



Ons kan nie ons lewens anker op goeters, gemak of op ons mense nie, want hierdie dinge neem en gee nie lewe nie. Daar is net EEN wat LEWE gee en Hy gee dit vir almal. Hy is LEWE. Daarom is dit tyd vir ons om sekere issues met mense, goeters en gemak te laat gaan en op 'n plek te kom waar Hy vir ons genoeg is, al verstaan ons dit nie met ons koppe nie. Al maak dit nie lekker sin nie en al voel dit nie gemaklik nie.

Deur watter bril kyk jy? Hoe sien jy die LEWE en wie sluit dit almal in?
Is jy 'n "misfit" soos ek?...wat glo dat dit vir almal bedoel is?

Geskryf deur iskra








'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde