Slaan oor na hoofinhoud

Koos van der Merwe





1. Welkom By NasieInspirasie! Nasieinspirasie het 'n onderhoud gevoer 'n ruk terug met 'n man wat al baie jare lank by die robot hier in Pretoria (Willie) fudge verkoop aan die motoriste. Sy fudge verkopery het ontstaan uit moelike omstandighede, verlies en algemene noodsaaklikheid. Daar is altyd 'n bybelvers in elke sakkie fugde wat hy verkoop en so glo hy leef hy ook sy roeping uit. Hy het baie mense in ons Pretoria gemeenskap (Montana) geinspireer en bemoedig en meeste ondersteun hom nou as gevolg daarvan! Sy storie weergalm ook die leuse van NasieInspirasie: "a tiny spark can set a great forest on fire" (Moenie jou merkwaardigheid in God se plan betwyfel nie al dink jy jou bydrae is klein kan jou klein 'n groot verskil maak.)

Kan jy getuig van 'n soortgelyke gebeurtenis/proses in jou eie lewensreis?...en hoe God jou gelei het deur die donker (onseker) tye?

Ek dink hierdie proses moet elke dag in 'n mens se lewe plaasvind. Elke dag is 'n geleentheid om in die gewone uitdagings, pligte en ritmes van die lewe getrou te bly. Indien iemand dink dat bekendheid hierdie groot lewensbeginsel oorbodig maak dan loop hy 'n baie riskante pad. Om op talent, die verlede of gewildheid staat te maak vir sukses, neem jou na 'n soort sukse toe wat jouself en ander mense skade sal doen. 'n Suksesvolle lewe word altyd bepaal deur dit wat 'n mens doen waar niemand sien nie. Sukses voor mense wat nie gerugsteun word deur sukses waar mense nie sien nie is bedrieglike en gevaarlik. Dit wat my deur donker tye gelei het, en steeds lei, het nog nooit verander nie. Dit was nog altyd, en bly steeds, my pad met die Here en met die mense naaste aan my.

2. Baie Geluk met Goue Status vir Leonard Cohen in Afrikaans! Jy het ook 'n nuwe album vrygestel onlangs. Vertel ons asb bietjie meer hiervan en waar kan ons dit in die hande kry?

Met die Leonard Cohen vertonings het baie mense my gevra of ek nie wil probeer om van Bob Dylan se musiek ook in Afrikaans op te neem nie. Dit was 'n groot uitdaging, waaraan ek meer as 'n jaar gewerk het. Ek het in Desember verneem die vertalings is goedgekeur. Die opname is pas voltooi en die album se titel is “Tamboerynman. Koos van der Merwe sing Bob Dylan.” Daar is vyftien snitte op met werk uit verskillende fases van Dylan se loopbaan. Van die heel grootste treffers soos Hey, Mister Tambourine Man, Blowin’ In The Wind en The Times They Are A Changin’ is op die album en klink verrassend vars en digterlik in Afrikaans Dit is vanaf einde Mei in groter musiekwinkels beskikbaar.


3. Musiek is 'n kragtige voertuig wat ondenkbare grense kan oorskry. Daardeur word mense geraak, opgebou en geinspireer. Watter lied (of liedjies) het so 'n impak op jou gemaak? (Afr of Eng, maak nie saak)

Dit is 'n vraag wat baie moeilik is om te beantwoord omdat ek nie sal weet watter musiek om nié te noem nie. Deur die jare het veral musiek wat meer in die skadu’s van die lewe gebore is dieper tot my gespreek as gewone ligte musiek. Daarom dat Dylan en Cohen, Jaques Brell en Gert Vlok Nel en 'n menigte ander wat die vermoë het om op unieke en poëtiese manier oor die lief en leed van die lewe te praat vir my reisgenote op die pad is. Ek het 'n baie groot musiekversameling, ook klassieke musiek, maar ek is nie 'n musieksnob nie. Enige goeie liedjie, selfs 'n gewone ligte liefdesliedjie, is vir my mooi. Tog sit klakkelose rymelary my af, en ongelukkig gedy dit deesdae in Afrikaanse ligte musiek.



4. Wat dink jy van afrikaanse musiek wat vandag gemaak word? Het jy 'n gunsteling waarna jy luister?

Ek dink Afrikaanse musiek beleef 'n wonderlike blomtydperk. Daar is diepte, maar soos in alle tale ook maar die gewone ritmiese rymelary. Dit is nie noodwendig 'n probleem nie. Die lewe is nie net ernstig nie, dis soms net 'n gewone partytjie. Ek is gaande oor veral twee Afrikaanse sangers, Herman van den Berg en Gert Vlok Nel.



5. Vertel ons meer van die Eden Gemeente in George en jou rol daar?

Eden Gemeente is 'n gemeenskapskerk waar mense van alle denominasies 'n tuiste vind. Ons wil saam op 'n reis wees waarin ons as mense groei in ons liefde vir God, mekaar en ook hulle wat buite die kerk is. Ons probeer 'n verskil maak in die nood van ons omgewing en is ook betrokke in projekte om die boodskap van Jesus in die armste wêrelddele te versprei. Ons probeer die kunste aanwend om die groot boodskap toe te lig en put uit ou tradisies sowel as die hedendaagse kultuur. Ek is tans die leier en het 'n wonderlike span wat saam reis, saam lag en huil, en saam werk.








Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde