Slaan oor na hoofinhoud

Joe Niemand






1. Joe Niemand. Baie welkom by NasieInspirasie! Hier is dit belangrik dat mense gemotiveer word om dit wat hulle gegee is (talente ens) en wie hulle is te gebruik, maak nie saak hoe groot of klein die bydrae is nie! Wat of Wie Motiveer jou in die opsig? 


Ek probeer my fokus hou op dit waarin die Here my lei. Dit beteken ek vra Hom vir leiding in allerdaagse goed en ek glo dat Hy my sê. Indien ek nie seker is en Sy vrede het oor iets nie, gaan ek nie voort nie. 



2. Jy was onlangs betrokke by die Afri-Visie Liedjieskryf kompetisie. Wat, van die proses, het jy die meeste geniet?

Om soveel liedjieskrywers van regoor die land te kon ontmoet en hoor waarmee hulle besig is. Ons skrywers moet ondersteun en aangemoedig word om te skryf en te verbeter, hulle is die toekoms van Afrikaanse musiek.


3. Watter Liedjieskrywers het die grootste impak op jou gelaat toe jy as beginner liedjies geskryf het?

Ek het nie spesifieke skrywers aangehang nie, maar oor n breë spektrum van musiek goed gehoor wat met my gepraat het. My musikale tog is nog steeds om dit wat aanraak te vind en op my manier weer te gee. 


4. Nuwe Dinge wat jy tans mee besig is waarna mense kan uitsien?...


Ek het die eertste deel van die jaar gewerk aan nuwe tema musiek vir 7de Laan wat n baie groot uitdaging was. Om die mees bekende stuk musiek op SA TV te moet vervang is nie grappies nie, maar ek is trots op die eindproduk en hoop die kykers gaan dit geniet.
Die nuwe musiek saai die eerste keer die 20ste Junie uit.



5. Jou top 3 Gunsteling Suid Afrikaanse Bands/Kunstenaar?
Onmoontlik vir my om te kies, daar is n horde gunsteling songs. Ek het geniet wat Laudo Liebenberg gedoen het met Langpad na Later op Afri Visie en natuurlik die wenners Twee dink ek is n groep om dop te hou. 



6. Deel asb 'n "Life Quote" wat al iets vir jou beteken het?....


Heb 13 vers 5. Dit is wat my aan die gang hou. 
“Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê:
 “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde