Slaan oor na hoofinhoud

Liefde is Tuis - Less is More?



In die ou dae het mense groot gesinne, soms 8 kinders en meer, gehad. Party sal sê dis oor hulle nie tv gehad het nie. Dit is dalk net omdat hulle nie voorbehoedmiddels gehad het nie.  Deesdae beplan ons ons gesinne se getalle baie mooi. Ons beplan wanneer in die jaar die babatjie gebôre gaan word, dink solank aan inskryf by laerskool, sommiges word reeds met geboorte geregistreer om plek by top laerskool te kry. Party beplan die presiese verjaarsdag ook. Ons dink baie mooi voor ons nog enetjie kry. Ons oorweeg uitgawes en spasie in die huis en kar en kraamverlof. En dis alles goed so, want kinders kry is ‘n groot besluit en ‘n groot verantwoordelikheid. Ons neem ook die politieke klimaat in ag en dan besluit party om die geen-kinders roete te volg en ander “less-is-more”.” Ons wil nie kinders in die omstandighede grootmaak nie…” So asof minder kinders ‘n groter kans staan om eendag ‘n werk te kry. Dis die rede waarom die matriekklas van die 1994 babas die kleinste in ‘n lang ruk was. Hier en daar spring daar weer ouerpare uit wat kans sien vir 3 of meer kinders, maar meestal is dit 1 en 2 maksimum. Mense kyk jou met groot oë aan as jy meer as 2 oorweeg. Dit laat my dink aan ‘n paar tekenprente van aantal kinders wat ek al gesien het …

 



Ek dink ons kan weereens  ons gejaagde besige lewens ook blameer vir ons kleiner gesinne. Kom ons wees eerlik. Kinders is baie werk en as jy ná jou voltydse werk al die aktiwiteite, wat almal net moet doen, moet inpas, en nog winkel toe gaan en hulle mooi onder oë hou anders word hulle gesteel, raak meeste mammas angstig aan die idee van meer kinders.
Ons pastoor, wat 4 kinders het, het eenmaal tong in die kies gesê dat die Here gesê het ons moet vermeerder (Gen 1:28) so mens moet meer as 2 hê anders vervang jy net jou en jou eggenoot. Ek dink daar is baie mammas wat hunker na nog kinders maar finansies hou hulle terug. Wat te verstane is met die huidige resessie.
Daar is tans ‘n quiz op facebook (soos oor alles) oor hoeveel kinders jy moet hê. Ek het gewonder wat sê die Bybel nog daaroor. Ek het ‘n versie gekry wat Dawid ‘n seën uitspreek
Mag die Here julle talryk maak, julle én julle kinders.


Mens het nou ook nie nodig om so baie soos Zuma te hê nie, maar ek voel wel hoe meer siele hoe meer vreugde!

deur Melissa Viljoen

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde