Slaan oor na hoofinhoud

Kunstenaar: Hermien van der Merwe ~ deur iskra



1. Vertel ons asb meer van jouself?
Ek is Hermien van der Merwe: Kind van God, my Koning; Vrou vir Roelf, my skoolliefde en hartsliefde; ma vir Carla (13), Mari (12) en Roelf (8); Dogter, Suster en vriendin.

2. Hoe lank skilder jy al?Ek skilder al ‘n leeftyd. Ek het my eerste kunsateljee gehad toe ek 6jr oud was. Ek is mal oor die reuk en gevoel van Kunsmaak. As volwassene, het ek in die jaar 2000 voltyds begin skilder.

3. Wat/Wie inspireer jou?
My inspirasie kom uit die natuur. En dan kom wys die Heilige Gees vir my simboliek in my temas. (Ek werk in ‘n baie groot verskeidenheid kunsmateriale: Olieverf, pen-en-ink, grafiet, pastel, houtskool, asook draadwerk en linne vir groot drie-dimmensionele Protea-geïnspireerde kandelare.)

Ek is baie lief vir Fynbos. Sedert 2008, het ek Fynbos blomme deel gemaak van my Kuns en ek sal seker altyd Fynbos in my werk gebruik. Dit is sterk plante, eie aan SA, maar die Fynbos Biosfeer is ook broos en kwesbaar en moet bewaar word. Ek vind in Fynbos dieper, Geestelike ooreenkomste met menselewens. Soos die Fynbos van tyd tot tyd deur veldbrande moet gaan om ‘n beter blom in die volgende seisoen te verseker, moet ons ook gereeld deur ons Skepper gelouter/gesuiwer word om tot Sy eer te blom. Dis die pad van Heiligmaking wat ons stap.

In my mees onlangse werke, gebruik ek veral woestynplante as temas. Ek is lief vir Aalwyne. Aalwyne staan sterk in droogtes en blom waar hul geplant is. Dit het ook helende eienskappe. Die helder oranje blomme lyk soos kandelare van vuur herinner my daaraan dat ons die lig vir die wêreld moet wees.

Ek teken ook doringbome uit woestyngebiede. Ons gesin is baie lief daarvoor om in die Kalahari vakansie te hou. Ek kom dan ateljee toe en teken met pen-en-ink Acasias en Kameeldorings. Die pen-en-ink sluit vir my mooi aan by die doring-agtige bome. Die dorings herinner my daaraan dat Jesus as Koning gekroon is.

Ek het ook onlangs ‘n reeks Artisjokke gemaak in Lino-snieë. Die Artisjok is vir my ‘n gunsteling groente, maar het ook ‘n dieper simboliek. Die harde, buite blaartjies van die artisjok moet afgetrek word voor jy by die hart uitkom (die smaaklikste deel). Net so haal ons God ook ons lagies af totdat hy by ons hart kom – dit wat vir Hom die belangrikste is.



3. Ons leesblad is gebasseer op die waarheid dat ons toegerus is met alles wat ons nodig het om vandag 'n sukses te maak M.a.w, Moenie kyk na alles wat jy nie het nie, gebruik wat jy het, net waar jy is!
Het jy 'n storie waar dit ook 'n waarheid was vir jou? Dit wat ek by die Here gekry het, is ‘n passie en ‘n ware liefde vir kunsmaak. Hy verwag van my om hierdie geskenk vir Hom terug te gee deur dit tot Sy eer te gebruik. En dit is wat ek doen. Ek kom elke oggend in my ateljee in en doen net wat ek moet doen daardie oggend. (Dit verg wel dissipline – veral as ek nie geïnspireerd voel nie.) Ek kies my tema, ek kies my medium en ek begin werk. Dan kom ontmoet Hy my net daar en kom wys my waaroor my werk regtig gaan… die simboliek daaragter. Hierdie waarhede skryf ek soms in die kunswerk en versteek die boodskap tussen die beelde of kleure. Dis so eenvoudig soos dit. Ek glo dan dat elke kunswerk by sy voorafbepaalde eindbestemming sal uitkom – en daar – die dieper boodskap verder sal uitdra. ‘n lig vir die wêreld… Ek doen net my deel in God se Koninkryk. Ek hoef nie alles te doen nie. Hy doen die res. 

4. Waar kan mense meer van jou werk te siene kry?
www.hermienart.co.za 

Ek laai ook gereeld my nuutste werk op my Facebook blad. 

My pen-en-ink tekeninge van fynbos blomme is te koop in die klip winkel op Tafelberg in Kaapstad.



5. Watter raad het jy aan jong kunstenaars?
Die beste raad wat ek as kunstenaar gekry het, was van my dosent (Daan Roestorff) op Stellenbosch en dit is ook my raad aan jong kunstenaars: Teken elke dag iets!
Wanneer jy besig is met kunsmaak, kom die kreatiewe idees na jou toe. Moenie wag daarvoor nie. Teken of verf eerste.


6. Ek het hierdie kunswerk van jou op die internet raakgeloop.
Wat is die storie agter hierdie stuk?
Hierdie werk is ongelukkig reeds verkoop. (Ek het dit in 2013 gemaak.)

Titel: Gekroon (Speldekussing Kroon)

Medium: Drukkersink/ Houtskool/ Pastel/ Grafiet/ Pen-en-Ink

Grootte: 595mmx420mm

Inspirasie:
Openbaring 6:2: Bly getrou tot die dood toe en Ek sal julle die lewe as kroon gee.

en

Matteus 11:30 My juk is sag en my las is lig






Hierdie portretstudie is gedoen in gemengde media op papier. Dit beeld ‘n dogter van ons Koning uit: ‘n Suid-Afrikaanse Prinses met ‘n kroon op haar hoof. Die kroon is ‘n doringkroon: ‘n speldekussing fynboskroon. Maar anders as Jesus se kroon, is speldekussings sag en lig. Jesus nooi ons om sy juk op te neem, want sy juk is sag en sy las is lig. Ek het die woorde ‘gekroon’ op die plekke in die werk ‘versteek’ in goue ink.

7. 'n Lewens leuse (life quote) wat jou inspireer? Rom 12:1: “… gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer.”
Dit is waarna ek daagliks streef.

Baie Dankie Hermien!
Nasie-Groete
iskra








Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde