Slaan oor na hoofinhoud

Behind Two Jays




#NasieInspirasie het hierdie twee Jays raakgeloop in die Tuin-Roete, besig om die plek behoorlik plat te ry om mense te vermaak oor die vakansie seisoen. Johann is van George af en Janine van Oudtshoorn. Heel gewone mense, met groot drome. 'n Klein vonk kan 'n groot woud laat brand. #nasieinspirasie

1.Was musiek iets wat jul nog altyd as 'n beroep wou doen?
Janine: Ja, ek het grootgeword in 'n musikale huis en dit is iets wat ek nog altyd voltyds wou doen.
Johann: Om eerlik te wees, nie altyd nie, maar ek het die laaste 4 jaar 'n groot passie en dryf daarvoor ontwikkel. 



2.Wanneer het jy hierdie passie ontdek?
Janine:
My ouers was beide musikante en was saam in 'n 'band' toe hulle jonk was so dit was 'n natuurlike ding vir my. My broer is self ook baie musikaal en het van kleins af 'n instrument gespeel.
Johann: Ek het baie laat begin, na matriek, in my twintigs... Ek het my eerste salaris gevat en 'n kitaar gekoop en in die kerkband gespeel. Ek wou net bitter graag kitaar speel!


3.Hoe sou julle, julle waaib beskryf aan iemand wat julle nog nooit gehoor het nie?
Ons het 'n baie "vocal-driven" klank sonder die ekstras. Net die kaal en rou gevoel van ons stemme wat mekaar komplimenteer en musiek daarby om dit te steun.

4.Wat is julle beroepe tans?
Janine:
Ek het maar basies net 'n admin pos...en in my vrye tyd doen ek grafiese ontwerp.
Johann: Ek werk by 'n musiekwinkel, Staccato Music, in Mosselbaai.

5.Wat sou julle sê vir iemand wat droom-verlore, rigtingloos en depressief voel wat hul werk aanbetref?
Janine: "Change is good!" Ek het al baie "changes" gemaak! Ek het op 'n stadium my werk gelos om net voltyds te sing maar dit het net so 7 maande gehou! Mens moet maar "compromise" en 'n balans kry tussen jou passie en dit wat die rekeninge betaal!
Johann: Ek dink visie is baie, baie belangrik! Dalk is jy by 'n plek wat jy nou nie geniet nie, maar as jy 'n groter prentjie het (visie) om na te kyk, en vasbyt dan werk jy na iets toe. My geestelike pa het eenkeer vir my gesê; "Jy moet doen wat jy moet doen sodat jy eendag kan doen wat jy wil doen."

6. Is daar Suid Afrikaanse musikante wie julle inspireer en watter bydrae hoop julle om tot Suid Afrikaanse musiek te bring? 
Johann: Ja, die groep TWEE is nogal 'n duo-inspirasie vir ons asook die groep, Bottomless Coffee Band. Wat ons graag deur ons musiek wil kommunikeer is dat jy nie musiek moes gaan swot, baie "skilled" of 'n monster-musikant moet wees om 'n impak te kan maak in die musiekbedryf nie. Ons is net twee "average Jo's" (of Jays, in die geval) wat net doen wat ons kan met dit wat ons het.
Janine: Ons wil nie net vir Suid Afrika musiek maak nie. Ons sal graag eendag Suid Afrika in ander lande verteenwoordig deur ons musiek. Ons het 'n groot droom om eendag in bv. plekke soos Nashville, Amerika te gaan optree en Suid Afrika daar te verteenwoordig.

7. Watter ander passies leef julle uit buiten musiek?
Janine: Ek geniet grafiese ontwerp baie en"hiking!".
Johann: Ek geniet enige adrenalien gedrewe sport; Long boarding, Body Boarding, en Surf.



8. Inspiring Quote van julle kant af?
Janine: "In 'n wêreld waar jy enigeiets kan wees, wees jouself!"
Johann: "Attitude is a little thing that makes a big difference."


Volg hulle op hulle sosiale media skakels: 
Facebook: https://www.facebook.com/behindtwojays/
Kyk een van hulle youtube musiekvideos hier: https://www.youtube.com/watch?v=mNV0ZSx6Ac0

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde