Marí Williams, ek skryf soms gedigte vir Nasie onder die naam, 'Mary Quite Contrary' en "edit" ook al die inhoud op die blad.
2. Wat is jou Werk?
Ek tree as agent op vir verskeie kunstenaars in die Tuinroete-omgewing onder my besigheid, Creative Management en is bevoorreg om saam Michael Lindt, Janine Fourie, Tanja Storm en Voxsa Sound and Production company te werk en te help bou aan dit waaroor hulle passievol is.
3. Waaroor is jy passievol?
Musiek is "spiritual" vir my en amper alles in my lewe het 'n "soundtrack"! Boeklees. Daar is vir my amper niks lekkerder as om myself te verloor in 'n storie nie. Konstant nuwe dinge te probeer leer en om "present" te wees in die oomblik. Mens gee/kry soveel meer as jy 'daar' is!
4.Hoe hoop jy om mense te inspireer?
Ek sal graag wil hê mense moet weet dat almal sukkel met alledaagse dinge en niemand van ons het al die antwoorde nie, maar ons moet nooit ophou soek nie en om mense te nooi om saam te soek.
Ek sal graag wil hê mense moet weet dat almal sukkel met alledaagse dinge en niemand van ons het al die antwoorde nie, maar ons moet nooit ophou soek nie en om mense te nooi om saam te soek.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking