Slaan oor na hoofinhoud

Liefde is Tuis



Julle sal my nie glo nie! Die storie brand nou al 'n ruk-lank in my hart!
Die vonkelende waarheid wat ek al meer as 'n jaar (ag ok miskien nader aan twee jaar...) terug ervaar het toe ek by 'n Joshua na die Reën optrede was.


Ek het die eerste keer vir Jacques van Joshua na die Reën ontmoet by 'n Woestyn-tee gereël deur Ingrid Stegmann, jare lange vriendin en uitgewer van Manna tydskrif. Riska, medeskrywer en stigter van NasieInspirasie, het destyds berig oor die geleentheid. 

Mamma van 3, amper 4 (destyds toe ek begin skryf het aan die artikel), met kiddies in die prentjie kry ek nie so gereeld kans om musiekshows by te woon nie so toe ek die tweede keer die voorreg kry om Jacques se hand te skud en 'n foto te neem moes ek net daaroor skryf. As gevolg van die 4 kiddies, lees julle nou eers die artikel...

Dit was weereens 'n heerlike ervaring.
Jacques is hoofsanger, skrywer en klawerbordspeler van die groep.
Wat jou dadelik opval van Jacques is sy sagte opreghtheid. 
Dit staan soos 'n paal bo water.
Sy motto van leef met "verwagting , nie afwagting" kan duidelik in baie van sy liedjies opgemerk word. Hy voel dat dit 'n kuns is om seer oor te dra in liedjies sodat dit steeds hoop bring. 
Dit is die doel van sy musiek en dit inspireer my.

Waarom die naam? Joshua na die Reën?....

"Die naam "Joshua na die Reën" verwys na die hoop wat ek het vir my musiek.
Ek hoop altyd dat my musiek op een of ander manier mure sal afbreek tussen mense...asook hoe mens oor sekere dinge dink. Dis nie net 'n hoop vir mens wat daarna luister nie, maar meeste van die tyd vir myself ook. "Joshua" is vir my simbolies van iemand wat, deur te glo wat in sy hart was, mure kon afbreek.. Die lirieke is filosofies van aard en daarom sal dit mens se gedagtes op reis vat. Dit is ook geskryf sodat elke mens dit in hulle eie lewe kan interpreteer!

Vir my is die gevoel wat mens kry "na die reën" iets wat my deur al my jare sal opgewonde maak. Want die hele skepping word dan lewendig. En na 'n lang droogte kan alles weer groei.

Om dit saam te vat : hoop ek my musiek, net soos baie musiek reg oor die wêreld, kan iets in die mense wat daarna luister verander, en dan ook soos reën neerval sodat iets nuut kan groei en blom!"




Jacques vertel dat hy glo in die regte tyd vir dinge en drome om te gebeur. Mens moet dit nie ryp probeer druk nie. Kaleidoskoop is n groep wat hom inspireer, ek stem met hom saam as hy sê "ons steek mekaar aan". Dis immers Nasie se motto ook! "Daar is vuur in ons wat brand in die nag". Hy voel ons is almal gelyk en het iets om te gee. Ons moet leer om die waarde in mekaar raak te sien.



Meer oor Liefde is Tuis Skrywer, Melissa Viljoen
Foto: Jean de Villiers – DaVille / Starburst Promotions






Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde