Slaan oor na hoofinhoud

Charmaine Hurter


Goeie dag almal. Ek is Charmaine Hurter. Skrywer van #Bakgat resepte en ander nuus.


Bietjie meer oor myself: Ywerige kind van die Here, getroud vir 21 jaar en ma van 2 seuns (12 en 14 jaar oud). Jip, die tiener hongersnood het uiteindelik my huis ook getref. Ek spandeer ‘n groot gedeelte van die dag om hulle te voer.

My voltydse werk is huisvrou, of soos vele daarvan hou: tuisteskepper. Nie dat ‘n meer formele titel die werk minder maak nie. Ek maak skoon, was wasgoed, kook gesonde kos (meestal) en tuisskool my jongste seun. Dit alles maak my lewe vol, maar daar is 2 dinge in die lewe wat my inspireer, my passie is, my maak opstaan in die oggende.

#1 is my hart vir stukkende kindertjies. Ek help graag by ons plaaslike kinderhuis en gee Sondagskool elke week. My roeping is om vir soveel as moontlik kinders daarbuite Vader se liefde te wys en dit breek my hart om te sien hoeveel klein mensies geen identiteit het nie. Geen selfvertroue, geen liefde...

#2 natuurlik is koeke bak en versier. Daarvandaan my besigheid se naam. Bakgat! Dis kort en kragtig en ‘n klein bietjie pret. Myself opgesom in een sin. Graag sal ek so nou en dan vir julle maklike resepte wil wys, miskien met ‘n paar fotos, so laat my weet wat julle graag sal wil sien. Een van die resepte wat die meeste oor uitgevra word is beskuit. Ek kan vir julle wys hoe om dit maklik te maak. Geen fiemies. Soos ek daarvan hou.

So, julle gaan nog baie hoor van alles wat my hart laat vinniger klop, en ook soms net die gebeurtenisse wat my in my dolle gejaag net laat stilstaan, oë toemaak, dankie sê, laat dink, laat bid. Tot dan. C xxx






'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde