Slaan oor na hoofinhoud

Elandré Schwartz

NasieInspirasie se HART klop vir SLEEPVOET-DROMERS en het by hierdie Kleindorp-dromer, Elandré Schwartz, aangeklop om te hoor wat dit is wat hom inspireer.

1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself
Ek is Elandré, 'n 'kleindorp-dromer' van Despatch. Ek is 21 en 'n kunstenaar. Ek luister nou meer Bruce Springsteen as my ma.


2. Dit is duidelik dat jy PASSIE het vir wat jy doen, vir mense, musiek en vir Suid Afrika. Wat is jou groot droom vir Suid Afrika en hoe glo jy kan jy 'n verskil maak d.m.v jou talente?
Vrede. In die swaarste tye in die wêreld se geskiedenis was kuns altyd 'n vlieg teen die muur, rustig en waarnemend, soms liberaal en luid. Ek is nie so liberaal soos die voëlvry-volk nie, maar hulle het bewys dat musiek 'n verskil kan maak. Ek wil wys hoe die wêreld lyk deur my sonbril se lens.



3. NasieInspirasie is 'n beweging gemik op die Sleepvoet-dromers daarbuite. Wat se waarhede het jy jouself mee bemoedig om aan te hou droom, hard te werk en aan te hou glo in dae waar dit net menslik is om onseker te voel..?
Tyd moet sy ding doen met ons almal, maar so moet 'n mens ook sy/haar tyd benut. Ek glo nie dat ek hier sou wees as ek nie die nodige onooslike foute en soms onortodokse besluite gemaak het nie. Werk hard en moet jou nie aan ander opmeet nie.

4. Nuwe dinge/toere op die horison? Waarmee is jy tans besig en waarna kan jou getroue volgelinge uitsien?
Ons het my debuutalbum KLEINDORP-DROMER 1 September uit by alle Musica winkels sowel as digitaal (ITunes, Liedje, Google Play, Deezer, Spotify) uitgereik.
Ek gaan Desember so bietjie land deur met 'n 17 vertoning-toer. 
Ons sal nog datums aanlyn gooi.

5. Ons tema vir die maand is "Liefde wat die reëls breek" - "Messy, pure Love, no rules..."het jy iemand waaraan jy nou kan dink wat jou lewe deur hierdie liefde aan jou gekommunikeer het, wanneer jy dit dalk die minste verdien het...vertel asseblief meer van wat hierdie persoon vir jou beteken het.

Die eerste naam wat op kom is Leone, my ma. Sy moes telkens die reëls breek en 'hustle' om seker te maak ek en my broer het die nodigste. Dit is net daardie tipe liefde wat toy 02:00 vir jou sal wakker sit.

6. Wat inspireer jou?
"Game changers", mense wat nie dieselfde pad gevolg het nie. 
Mense met vol lewens, nie net lang lewens nie.

7.Watse musiek geniet/luister jy?
Chris Stapleton, Bruce Springsteen en tien ton Kerkorrel. 
Ek leef ook op musiek dokumentêre

8. 
'n Inspirerende Quote, vers, woorde wat 
OP DIE OOMBLIK iets vir jou beteken?
You don't need somebody to be somebody. 





Volg Elandré Schwartz op


Volg #NasieInspirasie

Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde