Slaan oor na hoofinhoud

Chereé Strydom


Nadat sy vir amper tien jaar tjoepstil was, is Suid-Afrika se goue Country-ster, Chereé, uiteindelik terug met haar langverwagte album, WILDE WATERS. 


1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself en jou nuwe album?

Ek is 'n 40 jarige ma van twee pragtige dogters - dit is my eerste prioriteit - my kinders. Ek sing al vandat ek 9 jaar oud is en die droom toe ek jonger was, is om musiek te maak. Ek is dankbaar dat ek my drome kan uitleef. Ek is 'n eenvoudige mens - kaalvoet-kind wat baie hou van by die huis wees - 'n regte huismens. Ons woon in 'n klein dorpie, Langebaan en dit pas my goed, want daar is baie minder "pressures" in so klein dorp.

My nuwe album is 'n 13 snit album waarvan 12 van die liedjies oorspronklik is. Ek het self 4 van die liedjies op die album geskryf en die res is goeie liedjies van ongelooflike liedjieskrywers. Die album het 'n pop aanslag maar ook dan 'n country aanslag, want dis waar my hart lê in musiek. Mense wat my ken sal verbaas wees met my nuwe klank en ek dink hulle gaan ook daarvan hou.

2. Wat wil jy die graagste aan die gehoor kommunikeer deur hierdie album?

Elke liedjie is persoonlik gekies deur my, aangesien ek graag iets wil sê deur my musiek. As ek nie aanklank vind by 'n liedjie nie, neem ek dit nie op nie. Elke liedjie het 'n boodskap en ek wil ook hê dat mense iets uit die lirieke kan vat. As 'n liedjie net een persoon raak en 'n verskil in hulle lewe kan maak, is ek gelukkig!

3. Vir mense wat jou musiek nog nooit gehoor of jou optredes beleef het nie, hoe sou jy die styl beskryf?

Ek is defnitief 'n 'country-girl' en mal oor country rock. Ek is iemand wat my in-lewe in my musiek. Elke woord beteken vir my iets en ek is regtig 'n baie passievolle sangeres. Mense moet die woorde kan voel, want dit kom reguit uit my hart. Ek is ook 'n plain-jane so geen glits-en-glam by my nie - wat jy sien is wat jy kry!

4. Is musiek as loopbaaan iets wat jy nog altyd oor gedroom het?

My Pa is 'n musikant, so ek is al van jongs af bloodgestel aan die live gigs - ek en my boetie het blykbaar onder die tafels groot geword by my Pa se shows. Musiek is in my bloed en ek is op 'n verhoog vandat ek 9 oud is en ja, dit is my passie en my droom om musiek te kan maak. Ek het van jongs af begin sing in verskeie groepe en eers na skool 'n solo loopbaan begin volg.

5. Ons fokus ons nuus daarop om mense te inspireer en om te gee wat hulle het- "don't die with your music still inside you.".... Watter raad het jy vir 'n Sleepvoet-Dromer met baie talent, maar min waagmoed?

Ek dink dis baie belangrik dat jong kunstenaars hulself skool in musiek - gaan leer speel 'n instrument - soos óm 'n dokter te word - daar moet werk ingaan - so ook as jy 'n musikant wil wees, begin speel! Dan die belangrikste is om daar buite te gaan en te begin gig. Begin onder - soos ek ook maar, wat vandat ek kan onthou my eie speakers ronddra en soveel shows as wat ek kan doen - dis jou leerskool. Werk hard en wees passievol oor die musiek. Mense kan dit optel as jy passievol is. Jy kan hulle nie fool nie. Maak musiek vir die regte redes - nie om famous te wees nie, maar om musiek te maak. Fokus op die musiek en werk hard en sukses sal volg! 




6. Wanneer jy stoppe en stiltes ervaar, watter vrae vra jy jouself
om weer by waarheid uit te kom en te besef waarom jy begin het?


Wanneer ek deur hierdie stiltes gaan, wat soms ook baie onsekerhede terweeg kan bring, is dit altyd goed om myself te herhinner aan al die opofferings wat ek al moes maak in my lewe. Dit is ongelooflik om musiek te kan maak en gedurig op die pad te wees, maar soms raak die dinge wat mens agterlaat net te veel.

Ek wil musikant wees, maar ek wil ook 'n ma wees. Ek wil my passie uitleef, maar ek wil ook daar vir my familie wees. Soms moet ek net stil raak en besef dat ek nie musiek gekies het nie, maar dat musiek my gekies het. Soos my Ma altyd sê - "live your dreams, ek sal mooi na julle meisies kyk"Die waarheid neem nie noodwendig die seer of verlange weg nie, maar dit is die waarheid van wat moet wees, wat dit elke dag die moeite werd maak!

7. Watter Suid Afrikaanse musiek/kunstenaars inspireer jou?

Laurika Rauch / Amanda Strydom / Valiant Swart / Gian Groen / Koos Doep


8. ‘n Goeie boek of film wat jy onlangs gelees/gekyk het en wat daarvan het jou geraak?

Bohemian Rhapsody. Ek het lanklaas so inspirerende fliek gekyk - omdat dit met musiek en die musiekbedryf te doen het, was dit van begin tot einde 'n inspirasie vir my. Om ander kunstenaars se storie te hoor is soos 'n leerskool vir my - en wie beter as Freddie Mercury om ons as kunstenaars te inspireer. Dis goed om te sien hoe hy begin het en hoe hy ook bo uitgekom het. Die uitdagings en die frustrasies is dieselfde as myne en daaruit kan ek ietsie leer.


Onderhoud deur iskra
Starburst Promotions
#nasieinspirasie

NASIEINSPIRASIE
sleepvoet dromer #vatvlam


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde