Slaan oor na hoofinhoud

Greta, die Film.



Die VIP teater was vol moed met 5 brawe skrywers/kykers wat die nuwe fliek “GRETA” gaan kyk het om hul opinies en resensies te skryf. Die film se advertensie stel geen verwarring nie en verkondig duidelik dat jy jou gereed moet hou vir ʼn reuse spanningsverhaal. 


Die ligte gaan af en die vertrek is pikdonker. My reeds gespanne kollega sit langs my en al wat ek kan hoor is sy vrees vir die onwetend.

Die Fliek:
Die rolprent begin soos enige ander spanningsrolprent...heel onskuldig. 'n Meisie stap uit by ʼn treinstasie en sien ʼn verlore handsak. Sy loer vir besonderhede en sien, wonder-bo-wonder dat daar ʼn naam en adres op is. Sy vat die tas na die persoon en ontmoet toe daar 'n onskuldige ouer dame “Greta”. Dis die deel waar jy al begin hoendervleis kry...

Heel ironies, begin daar ‘n verhouding tussen die jong dame en ʼn ouer vrou ontwikkel. Dit is op die oog af ‘n bloot onskuldige vriendskap. Die twee raak sulke goeie vriende dat die jong dame sekere geleenthede saam ander van haar ouderdom afstel om by "Greta" te kuier. Tot een onverwagse oomblik waar die jong dame 'n baie groot geheim van Greta, per ongeluk, ontdek. So geskok oor die onverwagde geheim verskoon sy haarself bleek-bleek van die ete wat hulle sou gehad het.

Die storie se spanning en vrees begin daar onder jou vel in te klim soos die jong dame probeer om haar “ou” vriendin te vermy en dié daag net op om elke hoek en draai. Waar die arme meisie beweeg is die vrou op haar spoor.

Uiteindelik is daar verligting toe die jong dame, half getraumatiseerd, die ouer vrou konfronteer oor haar kompulsiewe gedrag en dreig dat sy haar by die polisie gaan aangee. Die ouer vrou probeer haar saak stel deur te verduidelik en dit lyk uiteindelik asof die verhouding daar gaan eindig. Beide loop weg en dit is nou die einde van die verhouding... maar die storie bereik nuwe hoogtes soos  “Greta” dinge vat tot ʼn totale nuwe vlak waar sy jou los op die punt van jou stoel met jou naels in jou tande, besig om die senuwees wat jy nog oor het op te vreet. 

Die rolprent verras jou met ‘n einde wat mens nie noodwendig sou verwag nie.

Wat jy dalk moet weet:

Vir die persone wat kom uit ʼn agtergrond van obsessie en mishandeling kan dit dalk weer ʼn paar ou geraamtes uit die kas laat kom, maar dit kan jou ook herinner aan jou eie krag en oorwinning. Jy gaan net moet bly kyk tot die einde en moet liefs nie in die middel uitloop nie, want die beste kom nog.

Persone wat sensitief is vir godslastering, ja, daar is so een of twee keer waar jy dalk jou ore gaan moet toedruk, maar dit is glad nie volop of oorweldigend nie. As jy daarby verby kan kyk sal die effek daarvan vinnig verdamp in die spanning van die opvolgende tonele.

Dit is altyd lekker om te noem dat daar geen naak tonele, misbruik van dwelms en allerhande vreemde dinge is nie.

Daar is bloed in die storie maar dit is nie ʼn gespat en vloei van liters bloed nie. Dit is redelik tot die realiteit beperk. Om die minste te sê, ek wat glad nie van bloed hou nie, kon dit hanteer, so jy behoort ook te kan.

Daar is baie onverwagse tonele waar jy gaan skrik, so maak jou gereed vir baie van dit!

Die Rolprent se Boodskap:
Aan die einde van die rolprent was ek taamlik geraak deur die boodskap wat die rolprent gelos het. Mens sou dink die rolprent is daar om jou op ʼn wipplank van spanning en vrees te sit, maar eintlik is dit die teenoorgestelde. Regdeur die rolprent word jy herinner: Hou aan veg vir wat jy glo. Moet nooit oorgee of opgee nie. Jy as mens is sterker as wat jy dink. Wanneer jy in ʼn hopelose situasie is sal liefde altyd-ALTYD seker maak dat jy daar uitkom.

GRETA en Inspirasie
Die film weerspieël ʼn gedeelte van elke mens se lewe. Soms is daar idees, gedagtes, begeertes of selfs geleenthede wat ons pad kruis. Ons neem dit aan en aanvaar dit, want dit lyk onskuldig. Iewers in die pad kom ons agter dat ons verwagting nie ooreenstem met die realiteite nie en dan wil ons wegkom van die situasie of van die gevoelens af weg beweeg. Dit is daar waar dit ons begin jaag en meeste van ons gevang word in vrees en spanning, want die uiteinde lyk so onmoontlik.

Dan, wanneer ons besef die lewe gaan oor liefde, sal ons vinnig agterkom dat liefde nooit opgee nie. Dit is juis dit wat ons deur die moeilikste omstandighede trek en ons aan die ander kant weer heel maak. 

Liefde is alles, liefde wen alles, liefde oorkom alles. Daar is geen vrees in liefde nie! 

Vrede vir altyd 

FC NORTJE 

NASIEINSPIRASIE
sleepvoet dromer #vatvlam

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde