Slaan oor na hoofinhoud

Keesta - Effektief saam Christa Fourie




1.Vertel ons asb bietjie meer van wat jou daaglikse werk behels asook die missie en visie daarvan? 

A.g.v. my vorige ervaringe, het ek die begeerte ontwikkel om vreugde terug te bring in die werksplek. Mens spandeer die grootste deel van hulle lewe by die werk en daar is ongelooflike druk en miskommunikasie. Die Here het my gelei na ongelooflike mense en geleenthede om my voor te berei vir die taak. Dit het 3 jaar geneem om te formuleer wat dit is wat ek vir firmas kan bied om ‘n verskil te maak. So het Keesta ontstaan. Met behulp van die wonderlike vaardigheid van NLP (Neuro Linguistic Programming) en LAB Profiele (Language and Behaviour), kan ek tot die kern van die persoon dring, weet wat motiveer hulle, wat demotiveer hulle en in watter tipe pos en kultuur hy/sy die beste sal funksioneer. Dis my trots om mense te help ontdek wat hulle potensiaal is en hoe hulle ‘n groeiplan kan uitwerk om dit te bereik. Dis tot die firma se voordeel om eerstens die regte persoon te kies vir die posisie, hulle te lei om hulle potensiaal te bereik en te vergoed volgens individuele behoefte. Ek inspireer die leiers van firmas om hierdie hulle uitgangspunt te maak.

2. Wie en Waar was jy voor Keesta? 

Ek het Rekenaar Programmering gestudeer en agv van finansiële redes kon ek dit nie voltooi nie. Daarna het ek by ‘n ouditeursfirma, destyds se Coopers & Lybrand, werk gekry en die kennis van boekhou en rekenaars het verseker dat ek altyd werk gekry het. Ek het hoofsaaklik van werk verander omdat ons moes trek agv my man se werk. Ek het elke moontlike geleentheid aangegryp om nuwe vaardighede aan te leer. My dogter is gebore toe ek 24 jaar oud was en ek het besluit om my gesin en werk eerste te stel en dat ek eers wanneer sy selfstandig was, my eie drome sou vind en uitleef. Min het ek geweet dat dit eers sou gebeur op 45 jarige leeftyd en dat die Here sou ingryp om dit te laat gebeur. Deur profesieë en drome het Hy my gelei om hierdie besigheid te begin. Vandag weet ek dat al die pynlike ervaringe in my verlede my voorberei het vir Sy doel vir my lewe.

3. Hoe belangrik is dit vir kinders van God om hul doel (life purpose) werklik te vind en uit te leef in jou mening? 

Uit ondervinding weet ek dat jy net bestaan totdat jy jou doel ontdek het. Vandag kan ek ten spyte van groot uitdagings, elke dag sê “I love my job”. Wat ek ook moes ontdek is dat nie almal God se doel vir hulle lewe noodwendig in hulle werksplek uitleef nie, dit mag dalk net ‘n stokperdjie wees.



4. Watter advies het jy vir mense wat dalk al jare in 'n 8-5 werk dalk sit en nie hulle ware potensiaal ontgin word of enige satisfaksie daaruit kry nie? 

Elke minuut is kosbaar. Tyd kan nie terug gekoop word nie. Vind uit wat God se doel vir jou lewe is – dis reeds binne jou, word stil saam met die Here en Hy sal jou dit uitwys – stukkie vir stukkie. Moenie dink dat dit alles met een groot Aha oomblik gaan gebeur nie. My eerste oomblik van ontdekking het gebeur toe ek ‘n vraelys van my “Life coach” moes voltooi. Daarna het ek geweet wat die droom is, maar nie hoe om daarby uit te kom nie. Mense kan daaroor lees in my blog by www.keesta.co.za. Binnekort gaan my webblad baie meer interressant wees en ek wil mense aanmoedig om dit weer in die toekoms te besoek.

5. Jou gunsteling "life quote"?

 “It takes the same amount of energy to be positive or negative, so why not choose to be positive?” – onbekend

Ook:

“Train your people well enough so they can leave, but treat them well enough so they don’t want to” – Richard Branson



6. Hoe kan mense Keesta kontak/betrokke raak?

Like die faceboek blad “keestagroupofcompanies”. Stuur eposse na christa@keesta.co.za, of besoek die webblad wat binnekort baie meer aanloklik gaan wees!



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde